Grafiek: Sakevertroue by ’n 21-jaarlaagtepunt

(Foto: Josh Calabrese/Unsplash.)

Die RMB/BEO Sakevertroue-indeks vir die eerste kwartaal van 2020 is Woensdag vrygestel. Volgens die vrystelling het sakevertroue in die eerste kwartaal van 2020 tot by die laagste vlakke in 21 jaar gedaal.

Daar is natuurlik verskeie redes hiervoor: Eskom is ʼn groot probleem en uiteindelik ʼn hewige demper op sakebedrywighede. Daarby is kommer oor die Covid-19-virus ook as rede vir die lae vertrouevlak genoem.

Vinnige Sakeliga-ontleding

Die uitwerking van Covid-19 is wel ʼn akute skok bo-op ʼn baie langer kroniese verswakking van sakevertroue in Suid-Afrika. Ons moet nogtans daarop let dat die vlakke van sakevertroue, soos gemeet op hierdie indeks, reeds vanaf 2015 aansienlik afwaarts geneig het. Die grootste gedeelte van die agteruitgang was klaarblyklik nie weens dinge soos globale finansiële krisisse nie. Diegene wat sakesiklusse volg, sou ʼn baie sterker opswaai in sakevertroue ná die 2009- finansiële krisis verwag het, maar dit het nooit werklik op hierdie indeks gekristalliseer nie.

Die kruis met sakevertroue is kroniese probleme wat deur teen-die-mark, sosialistiese ekonomiese beleid geskep word. Die koste van beleid en die gevare van verdere ingrypings (soos onteiening sonder vergoeding) het eenvoudig te duur geraak. Sakelui en beleggers is toenemend pessimisties weens ʼn gebrek aan sinvolle verandering aan regeringsbeleid.

(Grafika: Sakeliga.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

gatgogga ·

Die Covid virus kon nie ‘n rol gespeel het in sakevertroue alreeds toe die bepalings gedoen was nie.
Meneer Ramaphosa is ‘n groot oorsaak dat sakevertroue daal.
Sy bekendmaking en steun vir aksies soos konfiskering van eiendom, onbekostigbare mediese sorg, aanslae op die reserwebank, haatspraak teen witmense, ewigdurige geldelike steun vir regeringsinstansies wat nie die mas kan opkom nie, die beskerming wat hy bied aan verdagte kollegas, ensomeer, sorg daarvoor dat vertroue in hierdie land daal. Dis waarom ons ook nie op sy skof investering kan verwag nie.

Henk ·

Johannes , hulle sal altyd die verkeerde redes vir SA se ekonomie opdis , en altyd wegskram om die vinger op die pitsweer te druk tot hy bars .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.