Grafiek: Stygings in die goudprys laat ontleders regop sit

Argieffoto ter illustrasie Foto: Agnico-Eagle Mines Limited via Wikimedia Commons

Onlangse stygings in die prys van goud is besig om aandag te trek en die markte hou hierdie verwikkelinge fyn dop.

Sakeliga het in April 2019, in samewerking met ETM Macro Advisors ons eerste Ekonomiese Oorsig Vir Sakebesluitnemers vir 2019 uitgereik. Goud was ’n onderwerp in die verslag waarin gewys is dat die prys van goud vir ’n geruime sedert 2016 in ’n driehoekpatroon (’n “tegniese grafieke-aanwyser”) vasgevang was.

Dié driehoekpatroon word hieronder gedupliseer saam met die verdere beweging van die goudprys sedert April 2019, soos gemeet in VSA dollar.

“Die volgende groot beweging in goud” het ETM in ons April verslag gereken, “sal vir Suid-Afrika en die rand baie belangrik wees”.

sakeliga-goudprys-grafiek-2019-06-26

Grafika: Sakeliga

Ná jare lange sywaartse bewegings het die prys van goud onlangs deur die boonste vlak van die tegniese driehoekpatroon beweeg. So ’n deurbreking laat markte gewoonlik regop sit, want dit kan dui op ’n moontlike verandering in markdeelnemers se siening oor goud – of selfs ’n nuwe bulmark in goud.

’n Blywende marksiklusverandering, oftewel ’n nuwe goudbulmark in dié geval, benodig beslis verdere bevestiging – ’n markterugsakking van hierdie punt af kan natuurlik nooit uitgeskakel word nie.

Wat wel van belang is, is dat ’n opswaai in die prys van goud kan dui op ander dinge soos ’n verlies in vertroue in die wêreldekonomie in die algemeen. Ook vanweë Suid-Afrika se posisie in die goudmark is die goudprys veral nou een om dop te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.