Grafiek: Suid-Afrika op die Ekonomiese Vryheid van die Wêreldindeks

vryheid

Argieffoto.

Die Fraser Instituut stel jaarliks een van die groot indekse oor ekonomiese vryheid bekend. Dit vorm deel van die instituut se Economic Freedom of the World: Annual Report. (Verslag hier beskikbaar.) Die indeks poog om ekonomiese vryheid tussen lande te vergelyk. Soos met meeste indekse is daar natuurlik beperkinge om in ag te neem, maar in geheel gesien skets dié indeks ʼn insiggewende prentjie.

Gemeet aan die Fraser Instituut-indeks laat Suid-Afrika se metings veel te wense oor. Suid-Afrika se algehele telling uit 10 in die 2019-verslag (wat 2017-data vergelyk) word in die volgende grafiek aangedui, asook die beweging op die indeks oor die afgelope jare.

Namibië, Botswana, Mauritius en twee Skandinawiese lande se tellings is bygevoeg ter illustrasie. Veral die toenemende verskil tussen Suid-Afrika en Botswana oor die afgelope jare is interessant om op te let. Mauritius, as een van Suid-Afrika se bure, se hoë telling uit tien is ook noemenswaardig.

Grafika: Sakeliga.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae