Grafieke: Aanwyser van begrotingsdruk voor begrotingsrede

Tito Mboweni, minister van finansies, lewer die 2019-begrotingsrede [20 Februarie 2019]. (Argieffoto: Elmond Jiyane, GCIS)

In aanloop tot die Februarie 2020-begrotingstoespraak bekyk ons ’n bywerking van ETM Macro Advisors se aanwyser van druk op die nasionale begroting. Dié aanwysers van begrotingsdruk, soos aangedui in die volgende grafiek, het sedert middel 2018 skerp gestyg.

Nuwe staatslenings en voortgesette rente-uitgawes is nou gelykstaande aan ’n derde van alle regeringsbesteding en styg steeds. Volgens ETM is twintig sent van elke rand wat die regering bestee, geleende geld.

Wanneer hierdie verhoudings tot bokant 40% klim (gevaarsone) hou dit die risiko van ’n ernstige fiskale krisis in.

Grafika: Verskaf.

Die bostaande grafiek ontleen uit die Sakeliga-ETM Ekonomiese Oorsig vir Besluitnemers in die Sakewêreld vir Februarie 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre ·

Moenie asem ophou nie.Belasting sal verhoog in plaas van uitgawes sny.So werk die regering.Hoekom nou die partytjie afskaal as die belasting betalers kan aanhou betaal vir ‘n soustryn wat nie nou kan stop nie.En wie gaan tog lus voel om vir die staatsdiens werkers te sê hulle gaan minder betaal word ens ens ? Nee wat verwag die wet van Transvaal om elke hoek en draai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.