Grafieke: Belemmerde ekonomie sukkel al vir twee jaar

geld-finansies-beursie-maatband

Foto: Myriams-Fotos/Pixabay.com

Statistieke Suid-Afrika het Dinsdag die syfers vir die bruto binnelandse produk (BBP) vir die vierde kwartaal van 2019, sowel as vir die geheel van 2019, bekendgemaak.

Die skok was groot toe ’n inkrimping van 1,4% op ’n kwartaal-tot-kwartaal-grondslag in die vierde kwartaal (K4) van 2019 aangekondig is. Verder is ’n klein toename in die BBP vir die geheel van 2019 teen slegs 0,2% aangedui, wat swak is selfs in vergelyking met die 0,8% in 2018.

Wat veral uitstaan is die inkrimping in die syfers vir vaste belegging soos gemeet aan die bruto vastekapitaalvorming. Vaste belegging het met 0,9% in 2019 gekrimp, teenoor ’n inkrimping van 1,4% in 2018.

Hiervolgens sien Suid-Afrika dan twee opeenvolgende jare waar vaste belegging nie gegroei het nie, wat ’n prentjie skets van ’n belemmerde ekonomie. Sakeliga meen dit is nou nodig om die beleidsomgewing gunstiger vir belegging en sakebedrywighede te maak.

(Grafika: Verskaf deur Sakeliga.)

(Grafika: Verskaf deur Sakeliga.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.