Grafieke: Inkomste en uitgawes van die Suid-Afrikaanse regering

sakrekenaar-rekenkunde-inkomste-uitgawes

Foto: Robert-Owen-Wahl/Pixabay.com

Nota: Die volgende is ʼn uittreksel uit die Julie 2019-uitgawe van ons Sakeliga-ETM Ekonomiese Oorsig vir Besluitnemers in die Sakewêreld. Lees die volledige verslag hier.

Suid-Afrika se begrotingstekort het in die tweede kwartaal van 2019 beduidend vergroot namate staatsbesteding die hoogte ingeskiet het tot nagenoeg 33% van die bruto binnelandse produk (BBP), terwyl belastinginkomste effens verbeter het tot 27% van die BBP.

Die lopende geannualiseerde tekort bly sowat 5%, veel hoër as die nasionale tesourie se vooruitgeskatte syfers. Met dié soort tekort is Suid-Afrika goed op pad om ’n tekort van R250 miljard vir 2019/20 aan te teken, tensy die fiskale situasie verbeter.

Die president het in sy staatsrede aangekondig die regering gaan R230 miljard aan finansiering vir Eskom uitgee, wat vir bykomende fiskale spanning sorg.

(Data soos teen Mei 2019.)

inkomstes-en-uitgawes-van-SA-regering-2019-07

Grafika: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanL ·

Sien ek ook – heel verbaas. Maar dan wat daarna volg is “swart op wit”. Onmiddelike styging in uitgawes (aka korrupsie) en ‘n die grootste verskil tussen inkomste en uitgawes volg in die ……………………….. Zuma era !!

Seker te gou om afleiding te maak oor die tendens in die Ramaphosa era. Maar dit wat daar is lyk nie goed nie. Geen verandering nie maw status quo word gehandhaaf.

Jimmy ·

Die wêreldekonomie het gedurende Mbeki se termyn baie goed gedoen en dit het oorgespoel na SA. Buitelandse investering was gesond, veral in mynbou en vervaardiging. Selfs ek kon ‘n nuwe motor koop.

Frank ·

Vermoed dis die oorsaak van lae politieke spanning tydens Mbeki.
Gaan nou ‘n ander storietjie sien onder Rams…

Dollar ·

Net n kwessie van tyd, skuld maak jou bankrot, die land ook!

Kallie ·

Gewis, ons is nou by die fiskale afgrond. Val gaan ons val. Die ministertjie kan baie twak praat, maar hy moet sê wat hy dan gaan doen.

Kobus ·

Ons het groter ekonomiese probleme as wat ons besef. Die addisionele hulp aan SOEs gaan die staatskoffers onder enorme druk plaas. Meer buitelandse lenings en hoër belasting is ons voorland. Die ekonomie wil nie groei nie. Mense gaan hul werk verloor, en dus gaan die wat werk het net swaarder dra aan die las.

B ·

CR se vroeer die week dat die regering sukkel nog met die goot skuldlas wat ge-erf is agv apartheid en dis ‘n rede hoekom dit so sleg gaan met die ekonomie.
As ek so kyk na die grafiek blyk dit nie waar te wees? Kyk waar staan die begrotingstekort destyds en nou. Dis amper 75% meer? (Bygese – komende van ‘n gebalanseerde prentjie omtrent 2002)

Deon ·

Jy is reg. Tydens die Mandela era is baie skuld terugbetaal. Dit het ongelukkig gekom teen ‘n prys. Die staat het dit nie gebalanseerd gedoen nie, daarom is die infrastruktuur waarmee ons vandag sukkel nie in stand gehou nie. Toe die tyd aanbreek om dit te doen, was dit te laat, met staatskapers wat beheer oorgeneem het. Instandhouding was toe ook substandaard te midde van grootskaalse bedrog.

neillie ·

Dit het destyds die land miljoene rande gekos om apartheid te handhaaf . Mbeki het gekom en van al die skuld wat die land gehad het ontslae geraak, hoekom dink julle het hul so gou van hom ontlae geraak. Hy het op die lyn bewees waarvan hul nie gehou het nie. So om apartheid die skuld te gee was destyds waar, maar nie na Mbeki aan bewind was nie. Dit wat daarna volg is aan die regering van die dag se voete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.