Grafieke: ’n Blik op BBP in die derde kwartaal

Argieffoto.

Luidens Statistieke SA se Bruto binnelandse produk (BBP)-vrystelling oor die derde kwartaal van 2019 sien ons dat die ekonomie op ’n kwartaal-tot-kwartaal grondslag met 0,6% gekrimp. Hierdie terugsakking was groter as wat baie ontleders aanvanklik verwag het.

Die meegaande grafiek gee ’n oorsig van die groter prentjie van plaaslike BBP-groei, ’n jaar-tot-jaar vergelyking word gebruik. Volgens hierdie ontleding staan gemiddelde BBP-groei by slegs 0,3% in 2019 tot en met September. Gevolglik is die BBP-groei is ver onder die geskatte groei van die bevolking (wit streep).

Waar BBP-groei onder bevolkingsgroei val, meen ekonome gewoonlik dat ’n bevolking gemiddeld besig is om te verarm. In Suid-Afrika sien ons nou ongeveer 17 kwartale waar die BBP stadiger groei as die geskatte groeikoers van die bevolking.

Hierdie bestaande realiteit (oor die swak groei in BBP-per-capita) behoort ons baie meer te bekommer as vrese oor ’n “tegniese resessie” in die vierde kwartaal van 2019.

Grafika: Sakeliga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.