Hoër brandstofpryse jaag produksiekoste op in Maart

fabriek-gereedskap-vonke

Foto ter illustrasie. Foto: Christopher Burns/Unsplash.com

Volgens Statistieke Suid-Afrika het gemiddelde produsentepryse, gemeet aan die produsenteprysindeks (PPI) met sowat 6,2% in Maart 2019 gestyg – dié koers was 4,7% in Februarie. Hierdie relatiewe skerp styging word in die grafiek hieronder aangedui. Die inflasiekoers vir produsentepryse – ʼn aanduiding van die jaar-tot-jaar-stygings van produksiekoste – word met ʼn wit lyn aangedui.

Hoewel hierdie vorm van prysinflasie in sigself meer wisselvallig as verbruikersprysinflasie (VPI) is, en nog nie by onlangse hoogtepunte is nie, is die styging in Maart 2019 wel opmerklik.

Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) se weeklikse opsomming meen dit was grootliks vanweë skerp brandstofprysverhogings dat hierdie pryse by die fabriekshek so opgejaag is. Die BEO verwag egter dat PPI-inflasie in April en Mei 2019 – weer eens grootliks te danke aan brandstofprysverhogings – nog verder kan versnel. Sulke stygings plaas uiteraard ondernemings se bedryfsmarges onder druk.

sakeliga-grafiek-oor-produsente-inflasie

Grafiek: Sakeliga

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Uncle Buck ·

Die stelling klop nie aangesien diesel pryse nie gestyg het nie. Wat wel tel is dat die pryse van goedere weekliks styg. Vergeleke met salarisverhogings word ons maandeliks armer. Groot handelaars gooi ook weekliks groente en en vrugte weg wat bedorwe raak en my vraag is hoekom word die groente en vrugte nie vroeër vir goedkoper beskibaar gestel nie.

Judge Dredd ·

Diesel Pryse vir MAART het wel gestyg.
Handelaars verminder nie die pryse want hulle is bang dat verbruikers hul koopkrag gaan besef en net produkte koop wat op “special” is.

Henk ·

Die Ruperts se bedryfsmarges word nooit onder druk geplaas nie. Vir elke R1 wat hulle meer moet betaal word die verbruiker se prys metR10 verhoog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.