Inflasie en die prysstyging van water en elektrisiteit se invloed

Argieffoto

Die volgende grafieke toon die onlangse data oor die verbruikers- (VPI) en produsenteprysinflasie (PPI). Ons kyk ook na twee onderafdelings van die PPI: die indekse van water en elektrisiteit as produksie-insette.

Volgens Statistieke Suid-Afrika het PPI-inflasie effens gedaal van 6,5% in April 2019 tot 6,4% in Mei 2019. Ons sien egter in die tweede grafiek hieronder dat wanneer water en elektrisiteit as produksie-insette beskou word, die pryse van water en elektrisiteit etlike jare in die grafiek sneller as die oorkoepelende PPI-inflasie gestyg het of styg.

Sulke prysstygings sal beslis vervaardigers wat hoogs afhanklik is van water en elektrisiteit, as produksie-insette onder druk plaas.

Grafika: Sakeliga.

Grafika: Sakeliga.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Verbruiker ·

Die nuwe krag heffings is baie erg. Dit voel soos ‘n 35% verhoging. Ons “sponser” seker die nie-betalers nè!?

Diefie ·

En so word ons leeg getap. Ons eis dat krag en water gratis en verniet vir ons gegee moet word. “Hoe’s daai vir ‘n dollar.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.