Die onderstaande grafiek verskaf ʼn oorsig oor die Verbruikersprys (VPI)-inflasiekoers. Amptelike verbruikersinflasie staan tans by 4,5% vir Maart 2019.
In Maart 2019 is skerp stygings in die pryse van tabak en alkoholiese drank, maar veral in die pryse van koeldrank waargeneem. Hierdie pryse het sneller as die oorkoepelende VPI-inflasiekoers toegeneem. Die impak van die nuwe belasting op mense wat (suiker) koeldrank verbruik, is duidelik sigbaar in die pryse – dié belasting is in April 2018 ingestel.
- Die berig is gewysig sedert plasing om die spesifieke verwysing na Coke Cola te verander na enige koeldrank wat suiker bevat.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Dis hoekom ek oorgeskuif het Pepsi toe. Smaak is maar snaaks in die begin. Na so week maar net so goed soos Coke. Coke het heeltemal te duur geraak.
Koop onbekende gas koeldranke by ABC Sweets R10 n 2L
Soos julle se… baie ander produkte op die mark, hoekom net Coke van koeldranke….
Hulle weet ook net waar om die lat te swaai
Muskien omdat brannewyn en coke goeie vriende is
Boikot die groot maatskappye wat groot, buitensporige pryse vir hul produkte vra! Coke is nou dubbel ander koeldrank se prys en die kunsmatige suiker het die smaak verander.