Die onderstaande grafiek verskaf ʼn oorsig oor die Verbruikersprys (VPI)-inflasiekoers. Amptelike verbruikersinflasie staan tans by 4,5% vir Maart 2019.
In Maart 2019 is skerp stygings in die pryse van tabak en alkoholiese drank, maar veral in die pryse van koeldrank waargeneem. Hierdie pryse het sneller as die oorkoepelende VPI-inflasiekoers toegeneem. Die impak van die nuwe belasting op mense wat (suiker) koeldrank verbruik, is duidelik sigbaar in die pryse – dié belasting is in April 2018 ingestel.
- Die berig is gewysig sedert plasing om die spesifieke verwysing na Coke Cola te verander na enige koeldrank wat suiker bevat.
Dis hoekom ek oorgeskuif het Pepsi toe. Smaak is maar snaaks in die begin. Na so week maar net so goed soos Coke. Coke het heeltemal te duur geraak.
Koop onbekende gas koeldranke by ABC Sweets R10 n 2L
Soos julle se… baie ander produkte op die mark, hoekom net Coke van koeldranke….
Hulle weet ook net waar om die lat te swaai
Muskien omdat brannewyn en coke goeie vriende is
Boikot die groot maatskappye wat groot, buitensporige pryse vir hul produkte vra! Coke is nou dubbel ander koeldrank se prys en die kunsmatige suiker het die smaak verander.
Ek Stem saam met jou HO was vandag by ABC Sweets onbekende gaskoeldranke so R10 of R12 n 2L en hulle Snoeperye is baie goedkooper van die skoole se snoep winkels koop daar
Ons betaal R50 vir n sespack refresh gaskoeldrank. Dit glad nie sleg nie en ook nie suikersoet nie. Daar id verskeie geure beskikbaar. Ons koop dit by Food Zone
Een van die dae kom die toiletpapier belasting met gewone tarief op enkellaag en die splinternuwe supertax op die dubbellaag. Net die ouens wat koerantpapier wil gebruik sal vrygestel word van hierdie belasting. Op las. Tito.
‘n Koerant is deesdae heelwat duurder as ‘n paar rolle toiletpapier.
Whisky en water, 20 jaar al, lekkrrrr