Inflasie op verbruikersgoed – so boet jy nou vir drank, tabak en koeldrank

Foto ter illustrasie. Foto: The Coca-Cola Company via AP

Die onderstaande grafiek verskaf ʼn oorsig oor die Verbruikersprys (VPI)-inflasiekoers. Amptelike verbruikersinflasie staan tans by 4,5% vir Maart 2019.

In Maart 2019 is skerp stygings in die pryse van tabak en alkoholiese drank, maar veral in die pryse van koeldrank waargeneem. Hierdie pryse het sneller as die oorkoepelende VPI-inflasiekoers toegeneem. Die impak van die nuwe belasting op mense wat (suiker) koeldrank verbruik, is duidelik sigbaar in die pryse – dié belasting is in April 2018 ingestel.

  • Die berig is gewysig sedert plasing om die spesifieke verwysing na Coke Cola te verander na enige koeldrank wat suiker bevat.
grafiek-vpi-inflasie-2019-04-18

Grafiek: Sakeliga

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Herman ·

Dis hoekom ek oorgeskuif het Pepsi toe. Smaak is maar snaaks in die begin. Na so week maar net so goed soos Coke. Coke het heeltemal te duur geraak.

Deloris ·

Soos julle se… baie ander produkte op die mark, hoekom net Coke van koeldranke….
Hulle weet ook net waar om die lat te swaai

HO ·

Boikot die groot maatskappye wat groot, buitensporige pryse vir hul produkte vra! Coke is nou dubbel ander koeldrank se prys en die kunsmatige suiker het die smaak verander.

Boela ·

Ek Stem saam met jou HO was vandag by ABC Sweets onbekende gaskoeldranke so R10 of R12 n 2L en hulle Snoeperye is baie goedkooper van die skoole se snoep winkels koop daar

Lienkie P ·

Ons betaal R50 vir n sespack refresh gaskoeldrank. Dit glad nie sleg nie en ook nie suikersoet nie. Daar id verskeie geure beskikbaar. Ons koop dit by Food Zone

George in Bloem ·

Een van die dae kom die toiletpapier belasting met gewone tarief op enkellaag en die splinternuwe supertax op die dubbellaag. Net die ouens wat koerantpapier wil gebruik sal vrygestel word van hierdie belasting. Op las. Tito.

Oom Walker ·

‘n Koerant is deesdae heelwat duurder as ‘n paar rolle toiletpapier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.