’n Kort ontleding: Strengheid en tydsduur van afsonderingreëls

(Foto: SA Polisie/Facebook)

Soos wat meer oor die ekonomiese impak van afsonderingreël verstaan word, sien ons dat ten minste drie aspekte oorweeg kan word om ʼn idee te vorm oor die denkbare impak van sulke regulatoriese ingrepe op ekonomieë.

Die eerste is natuurlik die relatiewe strengheid van die owerheid se maatreëls, maar tweedens, daarby, ook die tydsduur wat sulke reëls volgehou word.

Die volgende grafiek gee vir ons ʼn aanduiding oor die aard van Suid-Afrika se grendelstaat in terme van strengheid en tydsduur. Oxford Universiteit se indeks oor die strengheid van Covid-19-inperkings dui daarop dat Suid-Afrika tans een van die strengste, maar ook langdurigste inperkings ter wêreld handhaaf.

ʼn Moontlike gebrek van die indeks is dat dit net kyk of beperkinge (soos sluitings van ondernemings) ingestel is (lande word met mekaar vergelyk). Die sinvolheid en aard van plaaslike toepassing van die beperkinge word nie oorweeg nie.

Die derde element wat ook ingereken kan word, is die algehele rykdom van ʼn samelewing. Dit is redelik om te dink dat ʼn gemiddeld armer land soos Suid-Afrika die kumulatiewe ekonomiese skade van ʼn langdurige streng inperking moeiliker die hoof sal bied as gemiddeld ryker lande wat die koste relatief makliker kan opneem.

(Grafika: Sakeliga.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.