Oorsig oor werkloos­heids­vlakke in SA

Argieffoto

Statistieke Suid-Afrika het verlede week sy Kwartaallikse Arbeidsmagpeiling (QLFS) vir die eerste kwartaal van 2019 uitgereik. Werkloosheid in Suid-Afrika bly baie hoog. Die amptelike koers staan tans by 27,6%. Dit kom neer op ’n geskatte 6,2 miljoen werklose mense. Swak indiensneming wek ook kommer. Volgens die peiling het die aantal werkende mense in K1 2019 afgeneem met sowat 86 000 mense vergeleke met K1 2018.

Natuurlik moet die groei in die bevolking van werkende ouderdom ingedagte gehou word. Dié groep het met sowat 605 000 toegeneem op ’n jaar-tot-jaar-grondslag (hoewel nie almal in dié groep die arbeidsmag sal betree of wil betree nie). Omdat dié bevolking en die arbeidsmag deurgaans groei, moet nuwe werke op die mark ontstaan om werkloosheidskoerse selfs net konstant te hou – heelwat meer werke is nodig om ’n beduidende duik in werkloosheid te maak.

Verder het die groep van ontmoedigde werksoekers met 210 000 gestyg (in K1 2019 teenoor K1 2018). Hierdie groep word getel in die uitgebreide werkloosheidsyfers met ’n koers van sowat 38%, wat neerkom op ’n skokkende geskatte getal van amper 10 miljoen mense wat wil werk. Hierdie koers was nader aan 31% in K1 van 2008.

Die volgende grafieke gee ’n oorsig van die koerse en getal werklose mense.

2019-05-20 Werkloosheidkoerse

Grafika: Verskaf.

2019-05-20 Werkloosheidgetalle

Grafika: Sakeliga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
jaco

Die syfer van 6.2miljoen maak glad nie sin nie. Waarvoor is daar dan regstellende aksie en BEE? Ekonomies aktueel wit mense is dan iets soos 2 miljoen. Daar was al syfers genoem van wit werkloosheid wat op 1 miljoen staan. Maar selfs al as dit minder, los dit steeds 5 miljoen of meer swart werkloses. Iets maak dus regtig nie sin nie. Ek verstaan dat regstellende aksie die straf op wit mense is vir apartheid, maar waarom is 5 miljoen of meer swart mense dan óók werkloos? Wat het hulle dan verkeerd gedoen?

Charles

Is daar ‘n verskil tussen werkloos te wees en nie wil werk nie? Vra maar net !