Oorsig van Eskom se produksie van elektrisiteit

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Die volgende grafiek gee ’n prentjie van Eskom se totale opwekking van elektrisiteit sedert 1994. Eskom se kragopwekking staan tans (aangesuiwer vir seisoen en gladgestryk), gemeet in megawatt-uur, by dieselfde vlakke as rondom 2004.

Daar is natuurlik heelwat dinge wat hieroor gesê kan word, maar wat egter erg bekommer, is dat Eskom aanhou sukkel met die lewering van elektrisiteit, selfs teen hierdie laer vlakke van produksie.

Swak elektrisiteitsvoorsiening en die voortdurende moontlikheid van beurtkrag, bemoeilik natuurlik sakebeplanning en plaas as’t ware ’n deksel op ekonomiese vooruitsigte.

sakeliga-grafiek-eskom-2019-04-09

Grafiek: Sakeliga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jeremia ·

Die adjunk president het so ‘n ruk gelede iets aangevoer waarvan die strekking is dat beurtkrag bewys meer elektrisiteit is nodig omdat die land so verskriklik vooruit gegaan het. Iets in hierdie uiters koddige trant.
Volgens grafiek lyk dit beslis eerder na ‘n insinking.

Pieter ·

Eskom Krag Stasies se Nominale Kapasiteit (getoetsde in-werking) is 51,840MW vanaf Steenkool 37,868 MW, Kernkrag 1,860 MW, Cahorra Bassa 1,500MW, Hidro 661MW, Hidro-Pomp 3,729MW, Diesel/Gas Turbines 2,409MW, (aldus Total Base Load 46,961MW) plus Groen Krag (Wind en Solar) 4,879 = 51,840MW.

In-proses Byvoegings 30,185MW
Steenkool:-Makado 4,800MW, Madupi 2,200MW, Kusile 3,500MW, Hidro:-Gariep 1,000MW, Tubatsi 1,500MW, Groen-Krag 17,185MW

Pieter ·

Wysig Hidro van 661 na 600 en Hidro Pomp van 3,729 na 2,724. Tnks.

Werner Ernst ·

So die kapasiteit is 51 840 MW minus 3 729 MW hidro-pomp (want dit stoor net energies wat in tye van lane verbruik gemaak is vir pike tyd). Dit gee 48.111 MW kapasiteit en hulle sukkel om of 20 000 MW te lewer. Dit wys jou hoe sleg dit gaan as as sosialiste en kommuniste in beheer is. En is minister Gordhan nie lid van die SA kommuniste party nie?

Pieter ·

Pomp nou 2,724MW, met Gariep 1,000MW byvoeging 3,729MW.
Krag produksie uitgestuur (bv. vanaf Caborra Bassa) is gewoonlik meer as die krag-verbruik aanvraag wat boonop onverwags vinnig kan piek en daal. Krag kannie opgehoop word nie, dus word oormaat produksie gebruik vir die Hidro terugPomp opgaar storing en Hidro kragmaak om die krag gemaak en wissellende aanvraag te balanseer, veral tydens kouer droer winter. Die afvloei van fonteine en reenwater verseker dat Pomp Stasies meer krag produseer as Pomp gebruik, tot stasie maksimum. Grand Inga Hidro nog 40,000MW.

Pieter ·

Met alle respek is ek van mening NERSA moet dadelik geskikte plus vol sterkte brandstof vir Eskom kragstasies as groot volume gemynde koste plus 5% RSA strategiese kommoditeit verklaar en die uitvoer daarvan sumier opskort, wanneer ookal Eskom kragstasies nie voldoende steenkool vir 45-60 dae veilig en as ten volle geskik geserifiseerd binne elke kragstasie geberg opgehoop het of behou nie, ongeag watookal.

Werner Ernst ·

Dan is die onderprestasie nog groeter. Mnr. Van Onselen, is daar viewers ‘n grafiek beskikbaar van hoeveel die ontwerp kapasiteit jaarliks gestyg het dat mens die ontwerp kapasiteit met lewering kan vergelyk.

Pieter ·

Werner en Gerhard,
Google eskom.co.za>Investors>Reports en laai volgende .pdf’s af:

Eskom 2018 Annual Financial Statement 120 bladsye
Eskom 2018 AFS Integrared Report 160 bladsye – 2 langsmekeaar

1st Open Integrated Report en gaan na bladsy 146/147 pdf 75
146 regs onder vind 45,561 wat voortgaan op 147 tot 50,340
tel 1500MW (van 1,920) van Cahorra-Bassa by = 51,840 Nom.Kap.
( Maak pdf tools regs toe deur driehoekie regs te click) Zoom-uit.

Gaan dan op na bladsy 140/141 pdf page 72 vind 10 jaar Statistieke.
Onder Supply & Demand NK. 45,561+4779=50340 sluit 1,500 uit.

6 bladsye van 10 jaar statistieke wat jy op Excel kan laai en kan plot en analiseer na hartelus. Vele groter Wows te vinde in die 2 verslae.

Bes skatte jag, Lees Notas, volg vele biljoene geldspore, terugwaart.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.