Privaatsektor en regering moet saamwerk om konstruksiebedryf te ondersteun

werkers-konstruksiebedryf-boubedryf

Foto: Pixabay/Pexels.com

Die konstruksiebedryf word deur uiters moeilike toestande belemmer. Dit is die mening van ’n ontleder by First National Bank (FNB), Jason Muscat.

Volgens Muscat word ’n groot gedeelte van werk wat aan die konstruksiebedryf toegeken word, uit die staatskas toegeken. Hy wys egter daarop dat vanjaar se begroting uiters beperkend was vir infrastruktuurbesteding en dit nuwe planne op die tekenbord gelaat het.

“Daar is nie juis veel wat tans gebeur nie,” sê hy.

Muscat meen dat weens die finansiële penarie waarin Suid-Afrika hom bevind, dit uiters moeilik vir die regering is om betekenisvolle belegging in infrastruktuurbesteding te maak. Wat hom egter bekommer, is dat die privaatsektor ook nie juis tans in infrastruktuur belê nie.

“Gevolglik lyk vooruitsigte in die sektor maar bra skraps,” sê hy. Hy wys daarop dat konstruksie in die eerste kwartaal van FNB en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) se siviele konstruksie-indeks net 12 indekspunte bereik het. Dit was die laagste lesing sedert die indeks in 1997 begin het.

Muscat sê nog ’n kommer was dat daar nie juis enige groot konstruksieprojekte in die vooruitgesig gestel word nie.

Hy meen dat die sektor wel ’n hupstoot kan kry van ontwikkelinge in die mynbou, vervaardigingsektor en kleinhandel.

“Sulke ontwikkelinge kan die sektor nie net ondersteun nie, maar ook sy bydrae tot die bruto se binnelandse produk verhoog.”

Volgens Muscat sal dit ook ’n voordeel inhou vir die belastinggaarder omdat meer belasting ingevorder kan word. Hy sê ’n stewiger groeikoers beteken meer geld vir die staat.

Nog ’n voordeel van die konstruksiesektor is sy vermoë om werk te skep. Volgens Muscat is daar tans 1,4 miljoen mense in die sektor werksaam en hy reken dat dié syfer verdubbel kan word.

Hy voeg by dat ’n kykie na beide ontluikende en ontwikkelde ekonomieë toon dat die Suid-Afrikaanse konstruksiebedryf tans swaar trek in die sektor.

Muscat sê die beste plek om te begin om buitelandse beleggers te lok, is juis in die konstruksiebedryf, want hierdeur kan kapasiteit ontwikkel word. Boonop kan dit die groeikoers ’n hupstoot gee omdat konstruksie se bydrae tot groei 3% is.

Volgens Muscat sit die sektor ook met probleem waarvoor hy self verantwoordelik is. Dit sluit die sameswering met die bou van projekte vir die 2010 Wêreldbekersokkertoernooi in Suid-Afrika in. Nog ’n uitdaging is die gebrek aan regeringsbesteding in die sektor.

Die sektor het nuwe projekte nodig. Die onderhoud van bestaande geboue en infrastruktuur is maar net ’n druppel in die emmer, voeg hy by.

Volgens Muscat is dit noodsaaklik dat die privaatsektor en regering saamwerk om die sektor te ondersteun. Nóg ’n probleem wat die sektor getref het, was Eskom en die regering se hardnekkige weiering om die onafhanklike kragvoorsieners se kontrakte te onderteken. Die regering het intussen van standpunt verander en die kontrakte onderteken.

Nóg ’n hindernis is die gesloerdery met die Mynbou-handves. Muscat meen sodra die dokument afgehandel is, kan dit tot nuwe beleggings lei was die konstruksiesektor kan steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Judge Dredd ·

Die ANC se idee van Privaat/regering samewerking is ‘n parasitiese verhouding. Daar word van privaat sektor verwag om geld te bele en die werk te doen, terwyl die regering aandring dat jy kaders aanstel en tenders betaal.

Agnee ·

Hoekom? Nes die privaatsektor begin saamwerk dan hou die regering op met werk. Want dan is dit demands en stakings en kwotas en BEE en EE en BEEE en AA wat op die privaatfirmas afgedruk word. Doen julle eie werk. Julle het ons taxgeld nou alles in julle koekieblik. Gebruik dit. Hou op bedel by die privaatsektor.

Riaan ·

Niemand in die privaatsektor gaan enige beleggings van nou af doen tot die regering vir ons kan waarborg geen eiendomme gaan afgeneem word nie.

V ·

Mmmm… Is maar ‘n toffie, as ‘n mens miskien nie een van die dae kan besit wat jy bou nie, nê?

Jacques ·

Ja sodat die regering kan sien hoeveel geld maak sommige mense in die privaat sektor en nog belastings en kostes kan in bring om die arme mense meer te laat betaal vir die regering se weelde en hooooeeee lewenswyse .????? Ek ruik n rot . Die regering is vinnig om te se die privaat sektor moet hande vat om werksloosheid te bekamp , maar wat doen die regering van hulle kant af om dit te bekamp . Bring net nog meer kostes en reels in sodat die privaat sektor mense meer en meer moet betaal . Daar bestaan iets soos werksloosheid nie , die mense is te sleg om te gaan werk . Waar het jy gesien iemand wat werk soek loop 11H30 in die dag nog met slaapklere aan in sy nedersetting ? Hier kom mense in SA aan met net die klere en n sak oor die skouers , maak n besighied oop en maak n sukses , hoekom die SA mense dit nie ook doen nie . Kyk maar na die eienaars van die klein kafees in die nedersettings .

marous ·

Die konstruksie bedryf behoort juis nou uit sy nate te bars met alles wat elke dag afgebrand en gebreek word …..

Casper Labuschagne ·

Tiperend van postkoloniale verval in Afrika. In al die Afrikalande suid van die Sahara het die eens florerende konstruksiebedryf na onafhanklikheid asook die “Afrikanisering” van die bedryf, in duie gestort. Ek sou ‘n grafiek kan opstel met die toename in die aankope van blink Duitse motors vir die amptenary as die een tendens wat ‘n duidelike inverse tendens sal wees van die ineenstorting van die konstruksiebedryf.

Reguit ·

Geensins verbaas nie. Die direkte resultaat van die aankondiging dat die regering alle eiendomme sonder kompensasie wil vat. Nou wil niemand verder bou nie, want dit is geen belegging nie. En daar sink die hele boubedryf in sy kanon. Dis maar net die begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.