Rentekoers dalk gou verhoog

Daniel Mminele. Foto: Reserwebank/ANA

Daar was weer eens slegte nuus vir Suid-Afrikaners op valutamarkte. Die rand het teruggesak weens kommer oor Italië se dreigende skuldkrisis. En die swakker rand vergroot die kans dat die Reserwebank reeds volgende maand rentekoerse kan verhoog.

Dit sal die bank ook die geleentheid gee om Suid-Afrika se gunstige rentekoers-opbrengste te herstel weens ontwikkelde ekonomieë soos Amerika wat rentekoersverhogings nou navolg. Beleggers soek hoër rentekoerse om beter opbrengste te lewer.

Boonop het Suid-Afrika die kapitaalvloei nodig om die tekort op die lopende rekening te finansier.

Volgens die ekonomiese agentskap NKC Research het negatiewe nuus uit Italië die rand en die mark vir die meeste ontluikende geldeenhede gepootjie. Die Amerikaanse dollar het egter verstewig.

Italië, Spanje en Turkye is drie van die lande in die EU-blok waaroor daar groot kommer op finansiële markte is. Die kommer word gestook deur die drie lande se dreigende skuldprobleme.

Kommer oor dié drie lande het ʼn direkte impak op die euro, die geldeenheid van een van Suid-Afrika se grootste handelsvennote. Die rand volg gewoonlik die euro slaafs na.

Die swakker rand het ook ʼn skadu op die kapitaalmark gehou. Dit beteken rentekoerse op staatseffekte het gestyg wat die terugbetaling daarop duurder vir die land gemaak het.

Die koers op die mees verhandelde R186-staatseffek het op 9,095% gesluit. Dit was 5,5 basispunte stewiger.

Ook die JE het gister in die rooi gesluit. Die meeste sektore op die beurs het laer gesluit behalwe die mynbousektor wat met 2,15% gestyg het. Onder die mynbou-aandele wat sterk gestyg het, was die goudprodusente Sibanye, AngloGold en Gold Fields.

Intussen het die adjunkpresident van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Daniel Mminele, gewaarsku dat die inflasiekoers tot bo 6% kan styg, wat buite sy teikenband van 3-6% is. Die teiken is deur die nasionale tesourie daargestel. Die toespraak is op die sentrale bank se webwerf gepubliseer.

Hy sê die feit dat Suid-Afrika se inflasiekoers kan styg, nie onderskat moet word nie. Hy skryf dit toe aan globale faktore soos stygende ruoliepryse en onbestendigheid op valutamarkte waar ontluikende valuta soos die rand onder druk is.

Hy sê sou pryse met tot 4,5% afwyk, dit inflasieverwagtinge oor die medium termyn aanblaas. Hy het bygevoeg dat inflasie waarskynlik tot bo sy toppunt van 6% kan styg.

Die Reserwebank het verlede maand aangedui dat inflasie tot 5,9% in die tweede helfte van volgende jaar kan styg. Terwyl dit binne die bank se inflasieteiken is, het die monetêre beleidskomitee aangedui dat hy verkieslik prysgroei van 4,5% verkies en liefs dan net onder 6%.

Die bank het verlede maand die terugkoopkoers op 6,5% gehou. Drie lede van die bank se sewe persoon-rentekoersbesluitnemingkomitee het egter vir ʼn styging in rentekoerse gestem. Die volgende monetêre beleidskomiteevergadering geskied in November en markte verwag ʼn 60%-kans op ʼn verhoging van rentekoerse met waarskynlik 50 basispunte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

marous ·

Verskonings verskonings verskonings . Die rand se rommelstatus is te wyte aan geen ander rede as absolute verval nie . Weet die mense dat die rand sterker was as die USD ?

Bosvark van Paradysvlakte ·

In 1961 het u R0,71 vir die VSA dollar betaal. U sal vandag R14.38 betaal vir een dollar. Pragtig! En vir wie moet ons bedank?

Gert de Jager ·

VSA is een van die bankrotste lande in die wereld – omdat alles ongelukkig aan die Dollar gekoppel is, hou sy kop bo water, maar dra ook by dat ontwikkelende en ander lande s’n ondertoe gedruk word. Swem sal ons swem!!!

L ·

Nie volgens nuwe opgedateerde inligting nie. Dis hoekom die dollar oornag versterk het. Te danke aan Trump se ingryping, anders het Amerika se staal bedryf byvoorbeeld, nie nog twee jaar gehad nie. Nie net het hy hul staal bedryf gered nie, maar honderde duidende nuwe werks geleenthede geskep met verwikkelende projekte met hul staal, hul weermag te versterk, en dit lokaal op hul gronde te doen. En raai wat is nog interesant… Almal van alle rasse mag werk, en werkloosheid van Alle rasse het sterk gedaal reg oor die spektrum.

IK ·

Laat my terugdink aan die kulkunstenaar Martino met ‘Ek kul jou hier en ek kul jou daar’ . . .

Grassie ·

Rentekoersverhogings gaan veral mense met huisverbande hard slaan. Aan die ander kant is dit hoog tyd dat veral afgetredenes wat staat maak op rente op beleggings om te oorleef of kleinerige pensioeninkomste aan te vul ‘n slaggie asem kan skep. Hulle het lank genoeg aan die agterspeen gesuip.
Ek verstaan nie die manier hoe die inflasiekoers bepaal word nie. As dit onder 6% is, waarom kos omtrent alles dan nou amper dubbeld soveel soos verlede jaar hierdie tyd? Iemand lieg iewers vir iemand.

Anoniem ·

Mense vergeet dat daar in die tagtiger jare ook hoe rentekoerse was as ek reg kan onthou het dit hier by die 27% gedraai en toe weer hier in die negentiger jare die persentasie kan ek nie onthou maar ons het swaar jare beleef. Dit gaan nou maar weer so wees die arm en selfs middelklas mens gaan nou weer hul huise en karre en sovoorts verloor en die banke gaan skulde moert verhaal en so gaan die mens op die swartlys en kan nie weer op skuld koop ensovoorts ensovoorts. Dit is nie lekker nie maar dit is die werklikheid daarvan. Die man wat werk en sy swaar verdienste geld gebruik om huis te koop en kar te koop en vir sy familie n beter toekoms te bou dit is hy wat weer verloor en die politieke leiers glimlag breed want hulle kry vet salarisse en leef lekker. Jy hoor nie van hulle wat hulle huise verloor of kar verloor omdat hulle nie kan bykom met die betalings nie. So gaan dit ook met die unies hulle se staak en dan staak ons, maar vanaand gaan al die unies se groot menere huis toe en eet lekker terwyl jy en ek wat staak n dag se loon verloor en met tyd sommer jou werk ook verloor. Politikuste en Unies is die grootste ewel in die wereld en is die mens se ondergang.

James ·

Asb ons kan nie meer nie. Ek werk al juis 2 werke om by te hou en die petrol nou do duur dat die 2de werk amper nie genorg is nie. Ons het geen vrye tyd. Werk slaap rukkie en volgende werk.

Sanna ·

Rentekoersbesluitnemingskomitee al dan nie?

Of mens nou ekstra moes opoffer 3500 jaar gelede by die priesters of nou meer swoeg vir minder geld, die gevaar van die komende gebrek aan sekuriteit is ewe groot.

Lerato ·

Ons ekonomiese smarte kan aan ‘n klompie faktore toegeskryf word
1 Die grootskaalse diefstal van die Zuma administrasie
2 Die onsekerheid van OSV
3 Trump se oorlog met China en Iran

John ·

Die suinige oumense met die destydse pakette en ander rykes met beleggings wat net rentetjies trek om ook te Sassa en die kinders speel om te ‘hoor’ vir erfgeldjies, is al wat hierby gaan baat buiten die banke want jongmense kan nie bekostig om te spaar nie… dus al wat dit beteken is dat die rykes ryker word en armes disintegreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.