SA ekonomie bly op die agtervoet

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto.

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Sacci) het bekendgemaak dat sy sakevertroue-indeks in Junie tot 93,7 gedaal het. Dit het 94 in Mei beloop. Sacci het aangedui dat Junie se lesing die laagste sedert verlede September was. Dit was ook laer as die gemiddelde lesing vir 2017 wat 94,4 beloop het.

Volgens Sacci het sakevertroue tot sy hoogste vlak in twee en ’n half jaar in Januarie gestyg. Dit was nadat Cyril Ramaphosa vir Jacob Zuma as president vervang het.

Sacci sê die entoesiasme het begin vervaag ná ’n reeks teleurstellende ekonomiese gegewens die afgelope ruk. Dit sluit die swakker-as-verwagte groeikoers van ’n negatiewe 2,2% wat in die eerste kwartaal behaal is.

Volgens Sacci het buitelandse faktore ook stemme op ontluikende markte geweeg. In Suid-Afrika het dit die rand gepootjie wat stemming beïnvloed het. Volgens Sacci het twee faktore, die styging in Amerikaanse rentekoerse en Amerika se handelsoorlog met China tot die grootste skade gelei wat die rand getref het.

Intussen gaan ekonome se aandag vandeesweek op nog ekonomiese gegewens gefokus wees wat leidrade oor die tweede kwartaal se groeisyfer kan gee.

Mynbouproduksie en vervaardigingsgegewens word Donderdag uitgereik. Die ekonomiese maatskappy NKC African Economics verwag dat dit nog steeds op ’n afplatting sal dui. Die twee sektore tel onder die grootstes wat tot ekonomiese groei bydra.

Enige swak syfers kan na verwagting tot ’n swakker groeisyfer bydra. En ekonome is bekommerd dat die tweede kwartaal se ekonomiese groeisyfer net mag gly wat die ekonomie in ’n tegniese resessie kan plaas.

Volgens NKC African Economics kan Statistiek Suid-Afrika se gegewens Donderdag toon dat  mynbouproduksie met 3,3% in Mei op ’n jaargrondslag gegly het, terwyl vervaardiging met 0,6% verswak het.

Daar was egter ’n tikkie positiewe nuus op valutamarkte waar die rand weer vanoggend bestendig geopen het.

Die rand is sedert Vrydag stewiger nadat die Amerikaanse dollar ietwat verswak het weens verwagtinge dat rentekoerse nie twee nie, maar wel nog een keer in Amerika verhoog. Die rand het ook teen die pond sterling verstewig nadat Dennis Davies en Boris Johnson uit Theresa May se kabinet bedank het.

Ontleders sê daar kan nog groot drama verwag word te midde van Brittanje se spertyd om die EU te verlaat as gevolg van Brexit wat nader kruip.

Gister het die rand met 35c teenoor die dollar verstewig. Die geldeenheid het egter sedert Mei met 15% teenoor die dollar verswak.

En nog goeie nuus vir die rand is dat dit nou groot byval in Japan kry. Volgens berigte in die plaaslike finansiële pers het vraag na die rand in Japan skerp gestyg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

zoom zoom ·

Ons moet die ANC die EFF en BLFL en die sekere unies bedank hier voor.

Vermeendes ·

DWS vertrou onder Cyril is laer as onder Zuma, dit maak nolgal sin aangesien die Rand nou net so swak is soos hy was in Oktober laas jaar net voor die ANC kongres.

Toemaar ou Cyril sal kom help.

Frik ·

Almal het Cyril so opgehemel en hy sal alles regtoor. Nou is die teendeel bewys. Dalk is die rede die grond ontein sonder vergoeding.

Paul ·

Ek het ‘n idee ons regering kan nie die regte klimaat vir groei binnelands skep nie, die mense is nie nie daartoe by magte nie. Kry mense soos Mike Schussler en Dawie Roodt as adviseurs. Dit lyk my ons is maar aangewese op die invloed van die buiteland se faktore.

Jacob ·

Ek onthou n ou KP slagspreek wat gese het “nobody invest in chaos”

Chris Ws ·

Alle eer aan Cyril Ramaphosa vir die verswakking in die ekonomie.Hy slaan sy naam met ‘n plank!

IK ·

Selfs ek kan dit verstaan – daar is ‘n verskil tussen ‘struggle’ en ‘regeer’.

Vryheid ·

Die ekonomie sal net aanhou verswak, wie in sy gesonde verstand sal bele in n land waar daar geen politieke rigting is nie waar daar miljoene mense op staatshulp is, korrupsie, diefstal en moord is die norm en eiendomsreg nie meer gewaarborg is nie. Komaan word wakker!!!!

Paul ·

Vryheid, dieselfde ou wat in vennootskap met die SAA sal gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.