SA se kleinhandelmark gaan drasties verander

edgars-edcon

SA se werkloosheidsyfer en gebrek aan ekonomiese groei het Edgars se winsmarges geknou. Foto: Edcon

Ontleders verwag dat die gesig van Suid-Afrika se kleinhandelmark drasties gaan verander. Dít omdat die kleinhandelkolos Edcon nou met ’n omdraaistrategie besig is wat tot ’n kwartmiljoen vierkante meter, of 17%, se kleinhandelruimte sal moet prysgee.

Die doel hiervan is om kostes te bespaar en die groep meer winsgewend te maak.

Die Edgars-groep is in 1929 in Johannesburg begin. Die tweede winkel is in Kaapstad geopen waar Sydney Press hom by die groep aangesluit het. Press het in 1946 die groep na die Johannesburgse Aandelebeurs geneem. Later het dit in Liberty Life en die SA Brouerye se besit beland. Dít, terwyl Press van ’n hartomleidingsoperasie herstel het.

Ná SAB se notering in Londen in 1999 is Edcon aan sy bestuur verkoop en sy notering op die aandelebeurs opgeskort. Ontleders sê behalwe vir finansiële krisisse, het Suid-Afrika se werkloosheidsgegewens en gebrek aan ekonomiese groei aan Edgars se winsmarges begin byt.

Sy hoogtepunt was in die laat tagtigs toe hy met verskeie bekende handelsname gespog het, insluitend Sales House, Cuthberts, ABC Shoes en Smiley’s Wearhouse.  In die agt jaar tussen 1982 en 1990 het die groep sy stewigste groei onder die destydse bestuurshoof, Vic Hammond, behaal.

Maar nou is dit ’n perd van ’n ander kleur. Waar Edcon in daardie dae vinnig gegroei het, moet hy nou sy winkels inkort.

Sy bestuurshoof, Grant Pattison, sê van die stappe wat nou beoog word, is die volgende: Boardmans word Edgars Home en Red Square word Edgars Beauty.

Waar daar meer as een winkel in ’n inkopiesentrum is, sal dit in een winkel gekonsolideer word. Handelsname soos La Senza sal binne Edgars verkoop word en die afsonderlike spesialiswinkels sal verdwyn.

CNA is ook geoormerk vir drasties veranderinge met die aandag op studente en skoliere. Edcon sukkel met skuld wat uitgereik is toe bestuur dit gekoop het, en wil dit nou drasties verlaag.

Intussen word een van Suid-Afrika se veel jonger kleinhandelreuse, Tekkie Town, op sy beurt deur bestuurstwis gekenmerk. Die winkel se bestuur het laat Vrydagmiddag ’n dringende hofbevel in die Wes-Kaapse hooggeregshof verkry wat die vorige bestuur daarvan weerhou om op die winkelgroep te “spioeneer”.

Ingevolge die hofdokumente het Steinhoff Africa Retail (STAR) beweer dat bestuurslede, wat Tekkie Town gestig het en aan STAR verkoop het, met “onderduimse” metodes begin om, onder meer die IT-netwerk te kraak.

Die bevel is teen die stigter, Braam van Huysteen, en die vorige bestuurshoof, Bernard Mostert, verkry. Die voorsitter van STAR, Jayendra Naidoo, het vir die hofbevel gevra. STAR is een van die min winsgewende bedryfsoperasies binne die Steinhoff-groep wat op die rand van ’n ineenstorting staan.

Kleinhandelontleders sê dit is waarskynlik dat die vorige bestuursspan ’n nuwe konsep van Tekkie Town van stapel kan stuur, wat STAR se winste kan knou.

Boonop het die vorige bestuur ’n aanbod van R2 miljard aan STAR gemaak. Dit is van die hand gewys omdat STAR R3,8 miljard soek. Behalwe Tekkie Town en Shoe City is John Craig ook deel van STAR.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Eish ·

Waarookal ons hooggeleerde ekonome se verbale diaree, dit is n feit soos n koei, besigheid is met rasse skrede af, deur die bank en nasionaal, punt!

Barbie ·

Dit gaan nou oor oorlewing, die goeie dae is vir altyd verby!!

zoom zoom ·

Ek koop al lankal nie meer goed by Edgars. Prysse is te hoog en die diens ny die tille is uiters swak. Die personneel wat daar werk is omvriendelik en onbehulpsaam.

Ja hoor ·

Neewat uiteindelik sal ons maar by tannie Sarie kleertjies by haar huis moet gaan aankoop .. die goewerment is besig om almal te sink .. net die grootmenere gaan oorleef en die klein besighede gaan doodgedruk word .so much for entrepreneurskap.

Foxi ·

Hulle kan net sowel hierdie winkels sluit. Jare gelede kon jy ordentlike snitte van klere kry wat pas. Jy kry glad nie meer klere vir ouer gade nie. Als is so klein, jy moet aan anoreksie ly om in hul klere te pas. Die gehalte van hul klere is in elk geval so swak, na een was trek dit skeef en die kleur spoel uit! Die pryse is in elk geval so belagrik dat jy dit net nie kan bekostig nie. En….en…..niks is gepaslik vir werk nie. Nee wat, CHINA TOWN se gehalte is nou nie van die beste nie, maar daar kry jy wat jy wil hê en is bekostigbaar.

Judge Dredd ·

Dis tog interessant om te sien hoeveel vorig benadeelde swart mense by Edgards koop en dan om te sien hoe die sogenaamde ryk Wit mense by PEP/Ackermans koop.

Andre ·

@Judge Dredd – jy is reg. Edgars sal nie sulke buitensporige pryse hef as daar nie verbruikers is wat die geld het om dit te betaal nie. Die blankes maak maar ‘n uiters klein persentasie van hul besigheid uit en kan nie die ongelooflike pryse bekostig nie.

jaco ·

Die kwartmiljoen meter wat Edgars moet opgee, moet tog sekerlik ‘n kwartmiljoen vierkante meter wees.

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Jaco

Jy is reg, baie dankie dat jy dit uitgewys het. Die berig is gewysig soos versoek.

Groetnis

Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

snoefie ·

lekker! kry vir julle edcon. julle bbbee beleid blaas in julle gesigte op. veels geluk! julle meerderheidskliënte is ook nie getroue betalers nie, is hulle? a

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.