1 200 dalk werk kwyt by Standard Bank

Argieffoto (Foto: Leon Nicholas/ANA)

Minstens 1 200 poste by Standard Bank Suid-Afrika mag in gedrag wees nadat die bank vandeesweek aangekondig het dat hy van voornemens is om 91 takke in die land te sluit.

Die bank het in ʼn verklaring gesê dit vorm deel van sy nuwe diensleweringsmodel.

“Standard Bank herbelyn sy handel- en sakebankdiensmodel om aan te pas by die behoeftes van gebruikers te midde van ʼn toename in die gebruik van digitale bankprodukte en -dienste,” het die maatskappy in ʼn verklaring gesê.

“Die verandering in gebruikergedrag beteken dat ons kliënte al hoe minder banktakke besoek. Ons het dus weer na ons handel- en sakebankdiensmodel gekyk om seker te maak ons voldoen aan die behoeftes van ons kliënte.”

Die bank het gesê hy het gevolglik besluit om 91 takke te sluit, en die oorgrote meerderheid van dié takke sal teen Junie 2019 sluit. “Hierdie veranderinge sal ʼn impak hê op ongeveer 1 200 poste. Die werklike getal werknemers wat uiteindelik besnoei gaan word, kan moontlik laer wees, omdat nuwe geleenthede in die nuwe model beskikbaar sal wees.”

Die bank onderneem om ʼn omvattende diensbeëindigingspakket aan te bied vir werknemers.

Die bank het ook geld opsy gesit om werknemers by te staan om nuwe vaardighede aan te leer om hul mededingendheid in die arbeidsmark te verbeter, tesame met entrepreneursopleiding en finansiële bystand.

“Dit was nie ʼn maklike besluit nie. Ons besef dit is ʼn baie stresvolle tyd vir almal. Ons sal vinnig met ons werknemers in gesprek tree en ons leiers sal steeds met kollegas landswyd oor die volgende paar weke konsulteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marinsa ·

Skuus, nuwe foon.
Dis erg en kommerwekkend. Waar gaan dit alles eindig?

willem Botha ·

Dit is vir party werkers seker soos n tronkstraf vonnis in n land waar die meerderheid werkloos is en agv regeringsbeleid en korrupsie wil niemand investeer in die plek nie

willem Botha ·

Miskien moet hulle n afrikaanse bank begin soos die destydse volkskas waar daar besigheid in afrikaans gedoen word met bevoegde mense aan die stuur en ook op grondvlak.

Koos ·

Die enigste SA bank waar elektroniese fondsoorplasings (EFT) tot 72 ure duur om in die begunstigde se rekening te reflekteer.

MAAR, dieselfde fondse is met onmiddellike effek uit die betaler se rekening onttrek !!!!

Lekker skelm rentevrye fondse tot hulle beskikking vir 72 ure.

Slim vang sy baas oor tyd.

Lui Perd ·

Nou wonder ek waar gaan hulle opleiding verskaf aan nuwe werknemers. Hier op hierdie klein dorpie is ‘n agentskap. Nie ‘n tak nie. Personeel bly 3 – 6 maande dan vertrek hulle. As hulle hier begin sê ek hulle sommer bevoorbaat jy gaan verplaas word sodra jy 40% van jou werk kan doen. Dis ‘n tak wat ja___re gelede al toegemaak het. Is hierdie ook een wat julle gaan sluit…. dit was nie ‘n tak nie.

Werner ·

Ja wel ek is al paar jaar terug weg van die treurige standard bank, na ek dekades lank daar was. Hoekom? Wel EFT’s vat ‘n leeftyd, hulle sms’e kom soms eers ure later deur nadat ek my kaar geswipe het. MAL en BELAGLIKE duur transaksie fooie, swak diens by hulle takke.

Nee wat ek is BAIE happy by Capitec en hulle diens is puik, fooie is goedkoop en dit het nou nogal afgekom – kan jy dit glo? ‘n Bank wat sy fooie se pryse AFBRING?

Viva Capitec !

poppie ·

Wel ja…glo nie dit gaan ‘n verskil maak nie. Sien in elk geval nooit iemand werk daar nie. En die 1% wat wel werk is ongeskik. Val maar Standerd bank. Ons gaan jou nie mis nie

Liza ·

Baie sterkte aan hierdie werknemers. Ek bid dat julle almal uitkoms sal kry in hierdie vreeslike moeilike tyd. Ons almal in dieselfde bootjie in die bedryf, jy weet net nie wanneer dit kom nie… sterkte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.