Aandeelhouers keur ooreenkoms vir Lonmin goed

Argieffoto

Suid-Afrika spog steeds met die wêreld se tweede grootste platinumprodusent ter wêreld.

Dit volg na ʼn groot meerderheid van Sibanye-Stillwater se aandeelhouers Dinsdag ʼn oorname-bod op Lonmin goedgekeur het.

Die wêreld se grootste platinumprodusent is steeds Anglo American Platinum. Anglo Platinum is ook in die mark om verkoop te word.

Markkenners is dit eens dat daar nog baie woelinge in die Suid-Afrikaanse platinumsektor kan gebeur. Veral omdat die vraag na die platinumgroepmetale, te wete, palladium en rodium skerp styg.

Volgens kenners kan die nuwe bates Sibanye ’n groot hupstoot gee. Hulle wys daarop dat Sibanye ʼn goeie prys vir Stillwater betaal het en dat die prys vir ook Lonmin gunstig was.

Die enigste kweling wat ontleders het, is Sibanye se hoë skuldkostes.

Volgens markkenners is die groep wel goed geplaas om beide uit goud en platinumgroepmetale munt te slaan.

“Dit hang basies net af van waar Sibanye hom in die edelmetaalsiklus bevind,” het een ontleder opgemerk.

Die uitvoerende hoof, Neal Froneman, sê die huidige lopie in platinumgroepmetale van die myngroep is om sy skuld te delg.

Hy het bygevoeg dat die myngroep reeds teen aanstaande jaar sy dividend weer wil uitbetaal. Daar is ook verwagtinge dat die groep 1 500 poste in die goudsektor sal sny.

Froneman sê die syfer is nog nie finaal nie, maar sal waarskynlik die helfte minder wees as waarop daar gesinspeel is. Palladium het vroeër vanjaar hoogtes van $1 600 per ons behaal voordat dit met meer as $300 per ons teruggesak het. Platinum het tot $850 per ons herstel.

Die mededingingsowerheid sal Vrydag besluit of hy die ooreenkoms gaan goedkeur.

Die ooreenkoms is gemerk deur Sibanye se besluit om oor die prys vir Lonmin vas te skop. Boonop is daar kommer dat Lonmin nog met AMCU-bagasie sit wat die groep se vooruitgang en toekomsplanne kan ontwrig.

Froneman is egter vol vertroue dat die nuwe myngroep wel die uitdagings sal kan oorbrug en hom as ’n suksesvolle speler in die mark kan rig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.