Afrikaanse versekeraar is weer top in bedryf

virseker-is-nommer-een

Grafika: Virseker se Facebook-blad.

Virseker is vir die tweede jaar aangewys as die bes presterende produk in die korttermynversekeringsbedryf en is erken vir hul voorsiening van ʼn standvastige en vertrouenswaardige ervaring van verbruikerstevredenheid.

Die navorsing is uitgevoer deur die Suid-Afrikaanse verbruikerstevredenheidsindeks (SAcsi) wat deur die navorsingsfirma, Consulta, bestuur word. Die SAcsi bied onpartydige insae in die Suid-Afrikaanse korttermynversekeringsbedryf deur ʼn verbruikersverwagtingsindeks, waargenome kwaliteitsindeks en ʼn waargenome waarde-indeks saam te smee om uiteindelik ʼn telling uit 100 te verkry.

Volgens die SAcsi, het verbruikers ʼn gemiddelde tevredenheidstelling van 76,7 uit 100 aan die korttermynversekeringsbedryf toegeken. Virseker het ʼn punt van 80,7 behaal.

“Die Suid-Afrikaanse versekeringsmark word deur ʼn paar groot organisasies oorheers. Hierdie organisasies geniet die voordeel van ʼn gestruktureerde ekonomie, groot versperrings tot toegang en dominansie oor kommoditeitsprodukte en -dienste. Om hierdie dominansie van gevestigde spelers aan te pak, neem Virseker leiding deur ʼn baie spesifieke verbruikersbehoefte te identifiseer, werkprosesse en hulpbronne daarop te fokus en hierdeur ʼn dominante posisie oor die nismark in te neem.

“Deur hierdie strategie foutloos uit te voer, bereik Virseker die tipe verbruikerstevredenheid wat ons in die SAcsi sien. Hierdie gedifferensieerde greep plaas Virseker in ʼn sterk posisie om te groei en uit te brei,” sê prof. Adré Schreuder, uitvoerende hoof van Consulta en stigter en voorsitter van die SAcsi.

Virseker is in 2011 in die lewe geroep vir Suid-Afrika se Afrikaanssprekende gemeenskap. Tesame met die aanbieding van kwaliteitversekeringsprodukte, word ʼn persentasie van Virseker-polishouers se premies in die Virseker Trust geplaas en dan toegeken aan verdienstelike Afrikaanse onderwysinisiatiewe, na aan die hart van die Afrikaanssprekende gemeenskap. Tot op hede is meer as R30 miljoen ingesamel en aan organisasies, wat Akademia en die Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers insluit, toegeken.

“Hierdie toekenning is ʼn ongelooflike bevestiging dat ons op die regte koers is wat die verbruikerservaring wat ons bied, en die produkte en waarde wat ons voorsien, betref. Ons wil graag ons gewaardeerde kliënte bedank vir hul terugvoer in die SAcsi-navorsing en dat hulle ons, vir die tweede jaar in ʼn ry, as nommer een aangewys het,” sê Ricardo Coetzee, hoof van Virseker.

  • Virseker is ‘n produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy Bpk., ‘n gemagtigde versekeraar en finansiëlediensverskaffer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Daan Erasmus ·

Soos Tannie Mien Robert’s vir Leon Schuster gesê het: jy is maar met dêm min tevrede.

Sê maar net ·

SANTAM is vir seker die beste vir my.!!
Verseker kon Januarie 2018 defnitief nie op n Saterdag namiddag n familielid in Afrikaans/Engels help of trauma bystand bied, nadat n Taxi van agter oor n spêr streep verby vat en voertuig so hard tref dat dit onklaar was. 4 Ure gewag vir bystand…nooit weer nie!!

Trots Afrikaans ·

Baie geluk VirSeker!
Baie dankie dat julle terugploeg in Opvoeding. Dit is werklik prysenswaardig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.