Clicks presteer te midde van druk

clicks-groep

Foto: Clicksgroup.co.za

Ondanks bedrukte toestande in Suid-Afrika se kleinhandelsektor het die winkelgroep Clicks in die tussentydse periode tot einde Februarie ’n redelik sterk vertoning gelewer.

Clicks sê ondanks handelstoestande wat deur beurtkrag bemoeilik is, kon hy presteer weens sy sake-model van die produkte en promosies wat hy aangebied het.

Die groep se verwaterde hooflynverdienste per aandeel het met 13,2% tot 300,1 sent gestyg. Sy omset het met 6,2% tot R15,3 miljard geklim. Die winkelgroep het ’n tussentydse dividend van 118 sent verklaar.

Dit was 11,3% hoër as die vergelykende periode ’n jaar gelede. Sy bedryfswins het met 11,3% tot R1 miljard verstewig.

Die winkelgroep, wat veral in skoonheidsmiddels en medisyne handel dryf, het ook aangekondig dat hy R700 miljoen gaan spandeer op uitbreidingsplanne. Dit is om die infrastruktuur, winkel- en apteeknetwerk te ondersteun.

Die groep het veral in die medisynemark sterk vertoon waar sy markaandeel van 23% tot 23,8% gegroei het. Ramsunder wys daarop dat die groep nou beoog om sy markaandeel in die sektor tot 30% oor die lang termyn te laat groei

Dit is ook deel van sy plan om sy winkelnetwerk na 900 uit te brei. Die planne het hy met sy finansiële verslag vir die 2018-boekjaar aangekondig.

Sy bestuurshoof Vikesh Ramsunder sê dat die groep gedurende die tussentydse periode 17 nuwe winkels geopen het. Dit het die totale winkels tot 680 laat toeneem.

Ramsunder sê die groep sal voortgaan met sy beleggingsplanne en spandering verhoog ondanks moeilike handelstoestande.

Ramsunder wys daarop dat Clicks steeds moeilike handelstoestande in die tweede helfte van die jaar verwag. Hy was egter optimisties dat die skoonheid- en gesondheidsmark waarin die groep handel dryf, steeds goed sal vaar. Hy was ook positief oor Clicks se sakemodel.

Volgens Ramsunder beoog die groep om in die nuwe finansiële jaar nog 41 nuwe winkels te open. Dit is meer as die 25 tot 30 nuwe winkels wat aanvanklik beplan is.

Clicks het ook in die skoonheidsorgafdeling uitgeblink waar verkope met 85% gestyg het. Die groep se volumegroei en markaandeel is bereik deur mededingende pryse en goed beplande promosies.

Boonop het die groep se farmaseutiese verspreider, UPD, se bedryfwins met 27,2% geklim. Sy omset het met 21,9% tot R10,2 miljard gestyg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hendrik Potgieter ·

As hulle nou net kan mense aanstel – daars altyd ALTYD net een toonbank teller oop op besige dae ook. Dis seker hoe hulle geld spaar – oorwerk die een of twee wernemers as om eerder meer aan te stel

Spook op thaba ·

Hier by ons is altyd.3 Kassieres en by apteek gedeelte 2 aptekers. Rye beweeg ook vinnig

Melanie ·

Daar was ‘n tyd dat ek soveel by Clicks ingestap het, mens sou dink ek woon daar. Maar dit was baie lank gelede. Ek kan hulle pryse ongelukkig nie meer bekostig nie.

KaterinaKat ·

My jongste dogter het vir 2 jaar by Clicks gewerk as assistent van die apteker. Sy was bitter ongelukkig daar. Ek meen sy het besef sy was bevoorreg om n werk te he, aangesien sy wit is, maar daar was maar feitlik elke maand probleme met haar salaris. Verkeerde aftrekkings en talle foute. Ook is hulle soos dit vir my klink maar ietwat van n slawedrywer tipe besigheid. Vir die klient is Clicks n fees maar die werkers is nie baie gelukkig nie. My dogter was gereeld op opleidingskursusse so sy het baie werkers van Clicks takke uit Gauteng en Mpumalanga ontmoet en sy kon daaruit die gevolgtrekking maak dat bitter min werkers dit geniet om by Clicks te werk. Ag nou ja dis darem ten minste n werk. Sy het onlangs n nuwe werk gekry by n privaat beheerde apteek en sy is baie gelukkig daar.

Wielspore ·

Ek glo Clicks se sukses is toe te skryf aan sy goeie kliente verhouding. Uit ons ervaring kan ons net met lof praat van die winkel groep, van die rak tot by die betaalpunt. Winkels is altyd skoon en netjies.

SwakDiens ·

Ruim ‘n groot gedeelte van julle beleggings geld in vir opgeleide aptekers en opgeleide aptekers assistente. Want hulle is swak. Hulle het al soveel keer die verkeerde chroniese medisyne aan ons uitgedeel. Gelukkig kon ons gesin kies en padgee na ‘n plaaslike apteek naby ons huis, waar die medikasie korrek gegee word. Julle personeel is ook oor die algemeen suur onvriendelik, en onbehulpsaam, seker maar omdat ons ‘n minderheids groep is. So spandeer die geldjies. Ons gesin sal julle nie weer ondersteun nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.