Donker wolke hang oor SA se ekonomiese groei in 2019

Foto: Pixabay

Die Suid-Afrikaanse ekonomie het nóg ʼn knou gekry deurdat die Wêreldbank die land se ekonomiese vooruitsigte verder afgeskaal het.

Die Washington-gebaseerde bank sê dat die prentjie verder kan verdof met ʼn kredietafgradering moontlik vanjaar.

Die bank het sy groeivooruitsig wat hy in Junie verlede jaar uitgereik het vir 2019, van 1,8% tot 1,3% afgeskaal. Hy verwag wel dat ekonomiese groei volgende jaar met 1,7% kan verbeter.

Volgens die bank is daar verskeie faktore wat ekonomiese groei demp. Dit sluit in die hoë werkloosheidsyfer, ʼn daling in huishoudelike kredietbesteding en fiskale konsolidasie wat beperkings op die regering se uitgawes sal sit.

Ekonome meen egter die Wêreldbank se vooruitsig is te positief omdat dit nie faktore soos probleme met elektrisiteitsvoorsiening, verlengde arbeidsgeskille en beleidsonsekerheid voor die verkiesing in ag neem nie. Ekonome wys daarop dat die elektrisiteitsprobleme die vermoë het om reeds trae ekonomiese groei verder te demp.

Ten opsigte van die kredietgradering het Moody’s Investor Service Suid-Afrika se beleggingstatus op een kerf bo rommelstatus gehandhaaf.

Moody’s en die twee ander kredietgraderingsmaatskappye Fitch en S&P Global het laat verlede jaar aangedui dat hulle op die begroting wag alvorens hulle oor die land se kredietstatus sal besluit. Die verwagting is dat Moody’s ook die land gaan afgradeer.

Nog slegte nuus is dat die Bank of America se Merill Lynch voorspel dat Suid-Afrika se staatskuld tot bo 56% as persentasie van BBP kan styg en die fiskale tekort kan 4,3% beloop.

Intussen beaam Maarten Ackerman, die hoofekonoom by Citadel, dat vanjaar groot uitdagings aan Tito Mboweni, die minister van finansies, gaan bied.

Dit omdat die ekonomie in die eerste helfte van 2018 in ʼn tegniese resessie verval het en ʼn moontlike tekort op belastinginkomste sal hê.

Volgens Ackerman gaan daar ʼn inkomstetekort wees terwyl die regering nie sy bestedingsuitgawes verminder het nie.

“Dit sit groot druk op die nasionale tesourie,” het hy bygevoeg.

Ackerman voeg by dit sal ʼn uitdaging vir Mboweni wees om die begrotingstekort onder 3% te kry.

Hy sê probleme wat Mboweni in die gesig staar, is, onder meer, die verkiesing asook die uitspattige staatsdiensloonrekening.

“Juis omdat dit ʼn verkiesingsjaar is, sal Mboweni min ruimte hê om belastings te verhoog en Suid-Afrikaners is reeds oorbelas,” het hy gesê.

Ackerman wys daarop dat kundiges die land verlaat en hoe werkloosheid juis die belastingsbron verklein.

Hy wys daarop dat Suid-Afrika ook op die rand van ʼn belastingopstand staan en enige bykomende belasting dit kan ontketen.

Ackerman sê omdat dit ʼn verkiesingsjaar is, sal daar nie ongewilde stappe (soos verlede jaar se BTW-verhoging) in die begroting aangekondig kan word nie en daar dus min in die begrotingsrede sal wees om die graderingsmaatskappye mee te paai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Renier ·

Wie gradeer die graderingsmaatskappye? Wat was Lehman Brothers se gradering voor hulle bankrotskap nou weer?

What a joke! ·

Dit maak nie saak wie dit gradeer nie want solank die anc en eff en blf aanhou om hulself ryk to probeer proppageer en die land se beeld so skade berokken en die blaam plaas op die omkostes van die blanke gaan die rakke al spoedig leeg loop en die die inflasie die hoogte in skiet…Wie dink jy gaan die massas blameer vir hul hongerpyne??? Harde tye le voor…

waarheid1 ·

Ek is nie verbaas nie – kyk wie en wt is in beheer. Daarin le die antwoord.

lewies ·

Wat moet Zim se: Hulle is by die donkerwolk stadium verby R50/liter vir diesel. Lees asb die artikel van Jaco Schoeman “ANC SA – die kantelpunt is naby

RM ·

Cholera & Ebola is Afrika siektes wat die res van die we^reld bang maak. Hier sit die ellende klaar in Zimbabwe en die eerste rondte antibiotika werk nie. Dit sal vinning oor die grens skiet en dan gaan mense in elk geval gebiede begin afsonder vir oorlewing. Afrikane maak Afrika dood omdat hulle die wit man se kennis minag en niks vir skoonheid en gesondheid omgee nie. Maar dit is die witman se geld wat medisyne and kos koop. Die selfde witman wat uitgemoor word. Lyk vir my die witman is onnosel en leer darem stadig.

Staak saam ·

SA het n baie groot ekonomie, die uitwerking skemer eers na n jaar deur.
Die SA huis is op pilare gebou wat reeds wankel onder die masiewe druk, ons ken die pilare as Eskom, SAL, Gesondheidsdienste, SARS, Water voorsiening, eiendoms reg en nog n paar ander. Al wat dit gaan kos is vir een pilaar om mee te gee en die huis tuimel in mekaar in.
Ons het nog nie swaar gehad nie, die swarigheid begin nou eers.

Farmer Brown ·

Die jaar 2019 gaan ‘n waterskyding wees in die geskiedenis. Verkiesings jaar met die ekonomie in die moeilikheid en oorlogskrete wat basuin reg oor die wereld.
Vir die mense wat hulle vertroue in die regering geplaas het , gaan dit moeilik wees om nie teleurgesteld te wees nie.
My leuse vir 2019 is “HOOG DEUR DIE TAKKE”
Dit het ‘n dubbel betekenis;
Eerstens gaan ons baie verdowingsmiddels nodig he om die gaos te hanteer , dankie tog dagga is nou wettig.
Tweedens om suksesvol te wees , moet ons onsself bo die gaos verhoog en die situasie van bo bekyk , let op in watter rigting mense gemobiliseer word en vermy die plae daar waar die pes is.
Die ware gelowiges sal kalm bly , die veiligste plek is in die oog van die storm.

Charles ·

Haai daar FB- die veiligste plek gaan Orania wees, te midde van die onrus en geweld!

Hendrik ·

Charles hulle wag vir jou. Eers moet jy gekeur word. Jy moet of moet met geld of beroep daarheen gaan om ‘n bydrae tot die gemeenskap te lewer. Hierdie dorpe, soos Orania en Kleinfontein, kan nie net gebruik word vir toevlugsoord nie. Jy moet besluit of jy wil investeer of nie. Jou broodjie kan nie aan al ses kante gebotter wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.