‘Eerste kwartaal se gegewens was skokkend’

ekonomie-stockfoto-02

Foto: Pexels/Pixabay.com

Die uitgerekte episodes van beurtkrag vroeër vanjaar het ʼn hoë tol op die ekonomie geëis. Statistiek Suid-Afrika berig dat ekonomiese groei in die eerste kwartaal van 2019 met 3,2% verswak het.

Die senior ekonoom by NKC Research, Elize Kruger, sê in werklikheid beteken dit dat sowat R56 miljard in die eerste kwartaal van die ekonomie uitgewis is.

Die ekonomiese inkrimping was selfs nog swakker as wat die markte verwag het en nog ʼn verswakking in die tweede kwartaal kan die ekonomie in ʼn tegniese resessie plaas.

Volgens Statistiek Suid-Afrika se verslag is die land se groei veral deur swakker besteding en beleggings in die ekonomie gepootjie.

Swak verbruikerssentiment, beurtkrag en die volgehoue daling in mynproduksie het syfers se daling verder aangehelp.

Kruger sê die eerste kwartaal se BBP-gegewens was skokkend.

Sy wys daarop dat die landbousektor met 13,2% gedaal het. Sy het ʼn oplewing van 4,1% verwag.

Die vervaardigingsektor wat gewoonlik ʼn groot rol in ekonomiese groei speel, het ook verswak. Statistiek Suid-Afrika sê die kernsektor het met 8,8% op ʼn kwartaallikse grondslag geval.

Mynbou kon ook nie enige hulp aan die pap ekonomie verskaf nie. Die sektor het met 10,8% verswak, maar dit was minstens in ooreenstemming met markverwagtinge.

Die finansiële-, sake- en eiendombedrywe het met 1,1% verbeter.

Kruger meen die ongunstige syfers versterk die moontlikheid dat die kredietgraderingsagentskap Moody’s, Suid-Afrika se beleggingstatus sal afgradeer. Moody’s is die enigste agentskap wat die land nog bo rommelstatus gehou het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris Ws ·

En die roekelose uitsprake van politieke leiers doen die ekonmie nog meer skade aan.Kyk waar was die Rand in Feb.2018 toe ene Cyril Ramaphosa die leisels oorgeneem het by die uiters onbevoegde Zuma = R11.88 teen 1 Amerikaanse dollar.Vandag staan ons al by R15-09 vir 1 Dollar.Dis seker die swakste wat ons geldeenheid nog was.En steeds kan die anc nie sien waarmee is hulle besig nie!Daar is niemand so blins soos die een wat nie WIL sien nie.Dankie anc julle slaag 100% daarin om Suid Afrika ( EN SY MENSE!) te sink!

Kerkmuis ·

Salaristrekkers het nie meer geld nie en kan ook nie meer skuld aangaan nie. Koolstofbelasting, suikerbelasting, BTW, munisipale belasting en rente op kredietkaarte het hulle geldelik uitgeput. Dan hoor ons die inflasie is slegs 4,2 % . Belaglik, kyk wat kos petrol en diesel nou! Munisipale verhogings is meer as 10% Die Rand is in sy kanon , maar sommig in die regering wil die Reserwebank nasionaliseer! Werkloosheid beteken nog minder koopkrag en belasting, nog swakker ekonomiese syfers. Beurtkrag is nie al problem nie, onnosel besluite is n groter problem!

Jan ·

Enige een wat wonder waarheen Suid Afrika oppad is gaan kyk na Zimbabwe en Venuzuela. Dis wat gebeur as jou leierskorps eintlik die Mafia is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.