Grafieke: Só lyk werkloosheidskoerse

(Foto: Facebook)

Statistieke Suid-Afrika se jongste vrystelling oor werkloosheid was vandeesweek prominent in die nuus.

Volgens die kwartaallikse arbeidsmagpeiling (QLFS) het werkloosheid in SA in die tweede kwartaal van 2019 skerp toegeneem.

Die amptelike koers van werkloosheid staan nou op 29%. Maar volgens die uitgebreide definisie (wat “ontmoedigde” werksoekers insluit) – waarskynlik ʼn beter maatstaf vir SA se arbeidsmarktoestande – staan werkloosheid nou op 38,5%.

Hierdie syfers kom neer op sowat 6,6 miljoen (eng def.) of 10,2 miljoen (uitgebreide def.) werklose mense – na gelang van die definisie wat gebruik word.

Bykomende kommer bestaan oor aanduidings van skerp toenames sedert 2018 in die getalle van “ontmoedigde werksoekers” en “langtermyn-werkloses” (diegene wat langer as ʼn jaar werkloos is).

Volgens StatsSA se skattings het ontmoedigde werksoekers sedert begin 2018 die 2,5 miljoen-perk noemenswaardig verbygesteek. Dié syfer trek tans by ʼn geskatte 2,7 miljoen mense.

Op sy beurt staan die groep van langtermyn-werkloses in die arbeidsmark op ʼn geskatte 4,8 miljoen mense.

Dit is duidelik dat arbeidsmarktoestande tans nie gunstig vir werkskepping is nie. Diepliggende probleme in die ekonomie bemoeilik die vooruitsigte van sakelui en werkers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Deon ·

Die realiteite van politieke onstabiliteit begin ons nou inhaal. En dit gaan nog erger raak. Die staatsdiens het gevou en nou is dit die privaatsektor se beurt.

Lalie ·

Daar moet geboortebeperkings in gestel word soos dit, as ek reg onthou in China was. Twee kinders maksimum per gesin.

Word baie ·

Jare gelede is daar besluit om te vermeerder want dit sou die enigste manier wees om die huidige regerende pary te laat wen in verkiesing. En nou pluk hulle die vrugte.

Ditsem ·

En nog steeds wil hulle nie glo dat die aanwas direk te doen het met werk, behuising, water ens ens ens….

Andre ·

Hoe kan jy werkloosheid wen …as daar elke dag buitelanders in stroom…sorg eers vd Sa burgers en bogger die mosambiekers…mense kom staan voor jou hek en soebat v werk tot hy in is ….dan raak hy slim en sleg

Judge Dredd ·

Verskil tussen 29% en 38.5% is ongeveer 33%.
Verskil tussen 6.6 miljoen en 10.2 miljoen is meer as 50%.

Iewers is julle getalle verkeerd Maroela.

Koos ·

Die media kry die syfers maar so by die onbevoegdes. Wat verwag jy? Vir 10 jaar het ons met ‘n president gesit wat nie eers kon tel nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.