Grand Parade, Spur swyg oor toekomsplanne

Argieffoto

Wat is aan die gang by Grand Parade Investments (GPI), die Suid-Afrikaanse konsessiehouer van Burger King, en by Spur Corporation, die tuiste van die land se biefburgers?

Dit is die vraag op almal se lippe nadat beide maatskappye Maandag omsigtigheidswaarskuwings uitgereik het.

Spekulasie op die mark dui daarop dat Spur dalk die sowat 18%-aandeelhouding wat GPI in Spur besit, wil uitkoop. Ontleders sê dat die aandele tussen 2014 en 2017 aangeskaf is.

GPI het die aandele van Spur se stigter, Allen Ambor, gekoop.

Daar is egter nog ʼn skool wat meen dat Adams dalk ʼn aanbod vir Spur kan maak. Ontleders meen egter dat hul balansstaat nie gesond genoeg is vir so ʼn oorname nie.

GPI het egter ʼn massiewe skuldprobleem ervaar nadat hy uitbreidingsplanne ondergaan het. Die maatskappy het vroeër vanjaar sy konsessies op Dunkin’ Donuts en Baskin-Robbins opgesê.

GPI het die afgelope jaar ʼn moeilike tyd ervaar deurdat aandeelhouers met sy stigter, Hassen Adams, hare gekloof het oor die rigting waarin die groep beweeg het. Nie-uitvoerende direkteure het hier ʼn klein oorwinning behaal deur te verseker dat twee nuwe nie-uitvoerende direkteure aangestel is.

In nog ʼn terugslag vir Adams het GPI ʼn paar weke gelede aangekondig dat Adams van einde Junie as die groep se uitvoerende voorsitter sal uittree. Hy word dan die groep se nie-uitvoerende voorsitter. Die stap volg op sy besluit om R60 miljoen van sy GPI -aandele te verkoop.

Ander belange waar Adams ook ʼn stem het, is in Sun International wat ʼn belang in GrandWest Casino-eiendom het.

Ontleders meen egter dat GPI in Spur liefs stuk vir stuk sal verkoop omdat die belang in Spur hom nog van ʼn inkomste kan verseker. GPI is as Spur se bemagtigingsvennoot beskou  maar daar is twyfel oor of hulle genoeg waarde tot Spur toegvoeg het.

Ontleders sê die markkennisgewing was onverwags, maar het nie beleggers ontsenu nie. Markontleders meen egter dat Grand Parade se aandeelhouding dit benadeel het.

Daar word ook geglo dat Adams se gevry na Dunkin Donuts en Baskin-Robbins die groep duur te staan sal kom. Daar word ook geglo dat die aanstelling van nie-uitvoerende direkteure die groep kan help. Intussen swyg die twee groepe oor hul toekomsplanne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

GM ·

Bemagtigingsvennoot – daar word getwyfel of hul genoeg waarde tot Spur toegevoeg het – hahaha. Alles gaan agteruit omdat bemagtigingsvennote aangestel word eerder as vennote met kundigheid (ongeag ras). En nou ly die werkers ook daaronder, BEE-aanstellings, sowel as die nie-BEE aanstellings.

Marius ·

Kry vir julle Spur het julle kos geruil vir ‘n lekker goedkoop braai en baie beter kos saam met vriende.

Neewat ·

Deesdae sien Spur ons en ons gesin amper glad nie. Die pryse het baie opgegaan, die media sirkus rondom hulle, het ‘n bitter smaak in ons monde gelos. So dalk moet hulle maar konsentreer op die mark wat die meerderheid van hulle inkomste inbring. Ek ondersteun deesdae eerder onafhanklike plekke, waar ons nie op en afgekyk word omdat ons wit en Afrikaans praat nie. En so ondersteun ek Afrikaanse besighede. Spur is vir my ‘n has been groep, ek sal nooit weer regtig in hulle glo nie.

piet piet ·

Die DA hou in Pta moot fondsinsameling by die spur , ek hoop nie ek gaan die DA stemmers nou skok nie .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.