Handelsoorloë kan Mexikaanse peso, SA rand pootjie

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Evan Vucci

Pres. Donald Trump se volgehoue pogings om tariefoorloë te verklaar en te voer, kan oor die lang termyn die Amerikaanse ekonomie duur te staan kom. Dit is die reaksie van kenners wat meen dat Trump se dobbelspel afgesaag raak.

Trump se tariefoorlog is veral teen China gemik. Dit is hoofsaaklik daarop gemik om handelstariewe te beheer.

Dié Oosterse land het egter nie Trump se geraas oor tariewe met hande gevou aanvaar nie. Volgens beramings kan die tariefoorlog beide ekonomieë duur te staan kom.

Trump sal vanaf 10 Junie tariewe op Amerikaanse goedere verhoog totdat dit met 25% in Oktober gestyg het.

Trump het hom egter nie net tot China beperk nie. Mexiko, die Europese Unie (EU), Kanada en selfs Suid-Afrika is nie deur Trump se haarklowery gespaar nie.

Die ekonomiese agentskap NKC Research sê dat een uitstaande kenmerk van die EU se handelgegewens die herstel van die ekonomiese sentimentaanwyser is.

NKC sê egter dit is betreurenswaardig wat die Trump-administrasie met sy tariefoorlog bereik. Die jongste stappe wat deur Trump aangekondig is, het tot ’n afplatting in Mexikaanse aandele gelei en EU-staatseffekte laat kwyn.

Volgens NKC kan die Trump-administrasie ietwat asem skep omdat die aandag van EU-leiers tans geskoei is op die verkiesing van die nuwe EU-president en die handelsblok se vete met Italië oor fiskale kwessies.

Op plaaslike markte het die handelstekort vir April R3,4 miljard beloop.

NKC sê dat handelstoestande tans moeilik is weens die toename in handelsoorloë en uitvoere hierdeur gekwets kan word.

Op valutamarkte is die rand effens papper. Die geldeenheid het op Trump se jongste tirade gereageer waarin hy gesê het Amerika sal invoerbelasting op alle Mexikaanse goedere hef weens die toestroming van onwettige immigrante.

Kenners is bekommerd dat die handelsoorloë die Mexikaanse peso kan pootjie wat negatief vir die rand sal wees.

Intussen het die Universiteit van Michigan, ’n openbare navorsinguniversiteit in die VSA, se Mei-barometer verder verswak. Kenners skryf dit toe aan die voortgesette tariefoorlog en voorspel dat verbruikersinflasie in die land skerp sal styg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

piet piet ·

Presedent Trump is die beste leier in die eerste tweede,derde en soos ons piesang republiek.

Andre C ·

Trump het n langtermyn plan om die lewe vir sy mense te verbeter.Op die korttermyn sal daar pyne wees.

“Manufacturing jobs” eerder as “junk jobs” word geskep.
SA se syfers wys n ekonomiese krimping van 3.2% ,maar daar was glo n groei in staatsbesteding.

Trump se plan is definitief die beter een

JWC ·

Ek dink Trump het ‘n plan. Hy tree ten minste in belang van sy land se langtermyn oorlewing op en sien deur China se pogings tot wêreldoorheersing op. Maar soo in die VSA het ons eie patetiese “fake” media hulle mond oor hom uit te spoel… maar sê nie ‘n woord oor pres. CR wat tjoepstil is oor moorde en misdaad wat die hoogste vlakke ooit onder sy en die ANC se bewind is nie….. Viva Trump comrades!!

Janie ·

Die artikel noem duidelik dat hierdie handelsoorloë niks goeds vir die rand inhou nie en die reaksie is “Make America Great Again”? Maar môre weeklaag dit natuurlik weer oor alles so duur geword het en die rand niks werd is nie. Sug.

Chris van Heerden ·

Ek stem saam met jou Janie. Ek sit nou reeds en wonder toe ek lees hoe die mense Trump prys. Sy beheptheid kan Suid Afrika baie duur te staan kom.

Judge Dredd ·

…………tot jy agterkom die Rand se verswakking word altyd beskryf as iemand anders se skuld, mos nooit die SA regering se skuld.
Wat verwag jy as jy van ander lande se handouts tevrede moet wees, eerder as om ‘n klimaat te skep waar lande/besighede regtig waar in jou wil bele.

JAN ·

Wat gaan julle vanuit julle Afrikaner se diep moeras doen?
Die ANC steun ?
Wat geen vir wie duur te staan kom in SA?
Global – purgasie of A -part- hemel

Wielspore ·

Wie is SA se grootste internasionale handels vennoot, beslis nie Amerika, is dit dan die enigste geldeenheid wat van belang is. ‘n Swakker rand is tot jou voordeel as jy produkte uitvoer uit SA en tot jou nadeel as jy goedere moet invoer. Hoeveel Amerikaanse produkte is op ons rakke, bitter min, eerder Duitse produkte, China en Japan. Hoeveel water dra die berig dan oor die rand doller verhouding. My werkgewer se meerderheid vervaardigde produkte word uitgevoer en handel vind in Amerikaanse dollers plaas. Die rede daarvoor is bloot omdat dit die mees erkende internasionale geld eenheid is.

Lourens ·

Ai, die mense wil President Trump net uitmaak as sleg, slegter, en slegterer. ????????
Wat verswak ons Rand die meéste, hoe ons land regeer word, onwettigheid, bollie wat staats-leiers kwytraak ens. nie Pres Trump nie.

koos ·

As Presedent Trump die wêreld leier kon wees kon ons sê ” make the world great again”

Kallie ·

Trump is die beste president ooit. As ons maar ‘n Trump in Suid-Afrika kan kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.