Klerewinkels sukkel onder swak ekonomie

Argieffoto van Mr Price-ingang ter illustrasie. Foto: Randridge Mall.

Ondanks November se sterk kleinhandelgegewens, het twee van die Johannesburgse Effektebeurs (JE) se swaargewig-winkelaandele Donderdag die mark met swak verkoopsyfers teleurgestel. Dit het in die proses die JE laer gedruk.

Dawie Klopper, ʼn direkteur by PSG Wealth, sê die kleinhandelsektor gaan wurg terwyl die ekonomie steeds sukkel om sy kop op te lig. Boonop wys hy daarop dat die werkloosheidspook ook die ekonomie lamlê.

“Ek dink die ekonomie is steeds swak. Werkloosheid is steeds uitermatig hoog,” het hy gesê.

Klopper het bygevoeg: “Daarmee saam is Swart Vrydag eintlik net ʼn manier om van ou voorraad ontslae te raak en marges is baie dun. Ongelukkig is verbruikers se bietjie geld met Swart Vrydag opgebruik en het Desemberverkope teleurgestel.”

Op die beurs het die algehele indeks Donderdag met 0,7% gedaal. Mr Price het met -16,7% getuimel. Woolworths het met -10% gedaal. Die aandele was onder druk weens swak groei in hul verkoopsyfers.

Mr Price sê ná goeie Kersverkope in 2017, toe president Cyril Ramaphosa se oorwinning by die ANC-kongres in Johannesburg Ramaforie aangeblaas het, het verlede jaar se Kers- en Swart Vrydag-verkope teen ʼn slakkepas verloop.

Die winkelgroep wat, onder meer, as Sheet Street en Mr Price Home sake bedryf, het ʼn oorsig vir sy Desemberkwartaal gegee. Dit is die derde kwartaal van sy boekjaar.

Volgens Mr Price is daar steeds knelpunte in die ekonomie wat tot ʼn verswakking in verbruikersvertroue gelei het. Die kleinhandelaar wys daarop dat Ramaphosa se oorwinning by Nasrec, waar hy vir Jacob Zuma as ANC-president opgevolg het, stemming tydelik ʼn hupstoot gegee het.

Die winkelgroep voeg by dat Swart Vrydag se verkope teleurstellend was. Die uitblinker in die Mr Price-groep was Mr Price Sport.

Die groep se algehele verkope het met 3,5% gegroei en het R7,1 miljard beloop in dié kwartaal.

Per afdeling was die groei in Mr Price Sport 12,7% gedurende die Desemberkwartaal.

Argieffoto van Woolworths-ingang ter illustrasie

By Woolworths het sy verkope in sy nievoedselafdeling gesukkel. Bykans R5 miljard is van Woolworths se markwaarde uitgewis.

Die Kaapstad-gebaseerde groep sukkel ook met sy belange in die buiteland wat, onder meer, die David Jones-kettinggroep in Australië insluit.

Twee vooraanstaande winkelgroepe, Truworths (-9%) en Clicks (-4%), se verkopehet ook skerp gedaal.

Die enigste ligpunt was die Foshini-groep wat ʼn positiewe verkoopsverslag uitgereik. Die aandeelprys het met gestyg nadat Foschini aangekondig het dat sy verkope vir die nege maande tot einde Desember met 22,7% gestyg het. Foschini het daarop gewys dat sy buitebelange, wat in Australië en die Verenigde Koninkryk is, ook sterk gegroei het.

Intussen het Mike Schüssler, die hoofekonoom by ecoomists.co.za, ʼn donker prentjie vir die land se ekonomiese vooruitsig geskets.

Hy sê dat dit 18,6 jaar sal neem om werkloosheid uit te wis. Volgens Schüssler kom dit neer op die skep van ʼn nuwe werkgeleentheid elke minuut oor daardie periode. Werkloosheid word as ʼn kritieke struikelblok vir die ekonomie beskou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

henk ·

dalk moet hulle begin deur die verbruiker die voordeel te gee van die lae pryse wat hulle vir die gemors wat hulle uit china invoer betaal, in plaas van om ons die hoe pryse te vra wat jy verwag van uitstaande kwaliteit produkte

Katerina ·

Ek stem saam. Ek koop al klaar meeste van my klere by goedkoop Chinese winkels. Mooi klere en bekostigbaar.

Piet Pompies ·

Na my mening sal kliente diens binne die winkel verkope verbeter. Vuil winkels en lang toue by die betaalpunt maak dat ek by ‘n winkel uitstap en by ‘n ander plek gaan koop. Sommige winkels pak nie klere volgens groote, gewoonlik is die kleiner klere voor en die groter klere agter. Ons vind ook dat werkers nie die vooraad op die rakke aanvul vanuit die stoor. Ons skoonseun werk vir ‘n groot handelsmerk in JHB en ons ingelig van ‘n spesiale aanbieding op klere, koop drie produkte en kry een gratis. Hier in NLS is twee sulke winkels, albei in winkelsentrums. Die een tak het die klere afgemerk vir die aanbieding, die ander tak het nie sy produkte afgemerk. Op navraag by die winkel wat nie afgemerk het oor hoekom die produkte nie afgemerk is, is die antwoord, die klient sal dit by die betaalpunt sien. Nou hoe sal ek weet watse produkte is dan op spesiale aanbieding, koop drie, kry een gratis. Dit is daar waar die kakkerlak van die prop afspring en begin swem.

Melanie ·

Ek stem volkome saam. Ek sien daagliks hoe trollies vol bier en ander lawaaiwater by die drankwinkel uitgestoot word. Baie oomies loop kaalvoet, maar die glimlag op hulle gesigte spreek boekdele!

Melanie ·

Al gesien hoe stroom kaalvoet oomies agter hulle volgepakte trollies by daardie winkels uit. Duidelik kan hulle nie wag om by die huis te kom nie.

Die Verlore Skaap ·

Hoe meer probleme n land het – hoe meer vergryp mense hulle aan drank en dwelms of godsdiens….

Mr Price SPORT ·

Kan nie dink dat Mr. PRICE enigsins geldmaak nie. Hulle klere is swak en net vir studente bedoel.
Neewat, Mr. PRICE SPORT is 100X beter. Klere beter kwaliteit en ook vir meer verskye mense.

Carol thomson ·

Woolworth will make more money if they make better clothes for the older people. Why did they take the wide legg jeans away for example. One of the reasons. We stopped buying from Woolworth and so some of my friends

Tershia ·

Stem saam die ouer persoon kry nerens mee klere nie Het jare vir n klerewinkel gewerk Gehalte klere klientediens personeel was vriendelik en behulpsaam en nou bestaan dit nie meer nie Wat nou van een van ons groot familie klerewinkels wat nou skielik nie meer mansklere aanhou nie Belaglik en dan kla die bestuur as die winkels nie doelwitte bereik nie Die middelklas inkomstegroep jonk en oud het nerens om te koop nie nou koop hulle by Chinese en ander winkels wat aan hulle behoeftes kan voldoen

Penellope Jones ·

100% korrek – geen klere meer vir ouer mense nie.
Ek tel onder hierdie kategorie en dis ‘n groot gesukkel om klere te kry wat netjies pas, netjies lyk en my nie laat lyk asof ek na ‘n tienerpartytjie toe oppad is nie!
Boetieks is te duur so dis ook nie vir my ‘n opsie nie.
Vandat Woolworths sy eie naam klere verwyder het, is dit ‘n gesukkel.

MrPrice het ook nie werklik klere vir ouer mense nie en by die Chinese weier ek om enigiets te koop!

marco polo ·

Penellope, jy wat nie Chinese klerr wil koop nie, waar dink jy kom Woollies en die ander winkels se klere vandaan? Ek het al van hulle SA aankopers hier in China raakgeloop.

Deloris ·

Ordentelike kleredrag is lankal by die vensters uit…. geen ordentelike kleredrag wat beskostigbaar is nie, als hoe bonter en deurmekkar jy aantrek hoe meer kommen lyk dit.. bring tog ordentlike modes weer terug

marco polo ·

Dankie Gert, nou lekker gelag vir jou. Ek hou van hoe jy dink.

Willie ·

Ja wel, as mens kyk hoe uiters swak die gehalte van mr price se klere is, en daarby voeg dat hulle NOOOIT groter klere het nie (S’aners is groterige mense) dan verstaan ek goed. En Woolworths kan nie besluit of hy ‘n klere winkel of ‘n checkers wil wees nie, en hulle vra amper R500 vir ‘n mans kortbroek?? en dit nogal “Made in China” hulle is simpel !

marco polo ·

Willie, die winsgrens op Chinese klere in SA winkels is absoluut verstommend, as jy kan sien wat dieselfde klere in China kos. Dis amper goedkoper om ‘n vliegtuigkaartjie een maal elke jaar of twee na China te koop en dan jou klere hier te kom koop (ek is in China). Kwaliteit is ver beter as die gemors wat na SA uitgevoer word en pryse is waarskynlik ‘n derde, indien soveel.

honourable member ·

Mr Price se klere is baie lelik en swak kwaliteit. Ek koop net my kos by Woolies want dis baie goeie gehalte en hou lank in die yskas. Hulle klere reekse is baie lelik. Ek geniet ook n Chinese winkel want daar is altyd iets ouliks en moois om te koop teen n bekostigbare prys.

Dirk Breytenbach ·

Jy kan maar jou kos by ander kleinhandelaars ook koop. Hul kwaliteit is nie noodwendig swakker nie maar hulle pryse is baiiieee beter. Ek het nog nooit swak kos by die ander kleinhandelaars gekry nie en waar daar wel ‘n probleem was (melk), is dit onmiddelik reggestel. By Woolies betaal jy ook nog deur jou nek vir die voorreg om met hulle kaart te koop . Dit is net ‘n status simbool om te se jy koop by Woolies, een waarvoor jy ‘n prys betaal.

Heksie ·

Woolies, Truworths, Edgards en ander klerewinkels se klere is ongelooflik duur en gladnie sulke wonderlike kwaliteit nie. Ek koop waar ek iets sien waarvan ek hou, of dit nou PEP, Ackermans, JET, Choice of waar ookal is. En baie gevalle koop ek ook op uitverkopings aan die einde van ‘n seisoen.
Die “name brand” klere word elke geval ook in China gemaak, so hoekom die publiek so moor met hoë klere pryse as dit teen ‘n fraksie van die prys aangekoop is.
Klerewinkels sny hul eie kele af deur 100%, 200% “mark up” op klere te sit.

bgj van der westhuizen ·

die winkels sukkel wand daar word te veel op kriediet gekoop en hulle gee n kaart vir almal en van daar die mense kan dit nie bekostig om groot bedag klee aan te koop nie hulle koop dit en dan kan hulle nie betaal nie klere is ook te duur vir wat hulle verkoop

emily ·

Kyk na julle pryse. Almal is so gierig en wil net geld maak.
Ek koop sommer cheap klere, want julle belaglike pryse is verby ons budgets.

Elana ·

Mr Price se klere is baie goedkoper maar die kwaliteit is baie swak. Ook glad nie groot verskeidenheid nie, hulle sal klere adverteer maar as jy in die winkels kom is daar niks voorraad nie. Woolworths se klere is so vrek duur geen mens kan dit bekostig nie.
Winkels lewer ‘n diens en jy kon altyd vra dat ‘n item van ‘n ander tak gestuur kan word, maar nou moet jy deesdae betaal daarvoor of hulle weier om dit te doen. Foshini moet jy R100 ekstra betaal as jy ‘n item van ‘n ander tak af wil hê Waar is die dienslewering. Dit is belaglik

Judge Dredd ·

So die dubbel-prys winkels en die winkels wat slegs vir helfde van die mark voorsien sukkel – wie sou nou kon raai.

Tannie ·

Ek gee nie om om bietjie ekstra vir kwaliteit te betaal nie, want dis al lankal nie meer vir my ‘n plesier om in die winkels rond te lê nie. Ek koop liewers iets wat vir ‘n hele ruk hou.

WW se klere is oor die algemeen van goeie kwaliteit, maar o so verbeeldingloos! Dankie, julle help my om baie geld te spaar, want dan koop ek eerder niks.

marco polo ·

Ek praat van Woolies en al die groot winkels wat hulle klere van China invoer. Jy dra Chinese klere, al weet jy dit nie. Dis dalk goedkoper by die Chinese winkels, hulle winsgrens is nie so belaglik nie.

clok ·

Ek koop nie meer by die plekke nie want die diens is pateties. ek was soos n skobbejak behandel sondag in cape union mart deur n swart vrou toe ek vra vir n sekere hemp. well vlip jou dan nou maar ook

Piet Pompies ·

Ons was gedurende Desember op vakansie by die see en het my langbroek se leer belt by die huis vergeet. Terwyl ons daar was wou ek sommer ‘n nuwe leer belt koop. By die vlooimark kos die leer belt R180, by die winkelsentrum kos die leer belt R600. Tyd haal my in en ek besluit op ‘n nagemaakte belt, Edgars R300 en Mr Price R150. Ek los dit toe maar en vra my vrou die spesialis om te help. Daardie middag gee sy vir my ‘n sakkie van Pep met ‘n groot glimlag (soos altyd), binne is ‘n plastiek belt wat R39.99 gekos het.

Johannes ·

Vergeet van ekonomiese groei. Die Guptas loop nog steeds strafloos rond met SA’kaners se swaarverdiende geldjies!

Cheap ·

Ek weier om by MrPrice, edgars, woolies, (om die ander nie een te noem nie), te koop – hul klere is BELAGLIK duur. Ek koop by die winkel langs die treinspoor. Pragtige klere teen n fraksie van die prys. MrPrice Sport moet oppas, hulle is vinnig besig om ook buite my prysklas te begin beweeg.

Rooikop ·

Woolworths het ontsaglik duur geword en hulle klere is regtig verbeeldingloos ………… Miskien as hulle personeel kry wat behulpsaam is of wat wil werk sal dit beter gaan. Jy kan nooit iemand op die vloer kry wat jou kan help nie…………… hulle staan alewig en klets en
steur hulle nie aan kliente nie……………By die betaalpunte is daar gewoonlik net een of dalk twee kassiere en so stadig soos n skilpad ………… kan nie ophou gesels nie ……………..

KWALITEIT ·

Goedkoop nie goedkoop. Kwaliteit nie kwaliteit. Ek was ook van daardie mense wat altyd vir ‘brand names’ gegaan het, totdat ek begin rond kyk en besef dat dit nie meer gaan of die klere kwaliteit is of nie. ‘n Tydjie terug het ek vir my ‘n rok gekoop vir ‘n troue by Legit, net om te sien dat die dieselfde materiaal van die rok ook by ander goedkoper winkels te koop is met ‘n ander patroon. Dit het ek eers na die tyd gesien. Ek koop deesdae by enige plek. Hoekom my ore af betaal as ek met mooier klere by die goedkoper winkels kan wegkom en meer. Ek verdien definitief nie ‘n groot salaris nie. Die probleem is ook deesdae dat van die klere verskriklik bont is. Ek dink ontwerpers moet buitendien begin kyk waarvan mense hou. Daar is ‘n paar plekke wat ek nie meer eers on-line koop omdat die goed net te bont is na my sin.

wilma ·

Ek het gevind dat ‘n mens ook maar lig moet loop vir “koop drie en betaal slegs vir twee”.
Die Chinese winkels in Pretoria se pryse begin ook nou opwaarts neig waar ‘n gewone bloesie al meer as R300 beloop.

Susan de Klerk ·

‘n Algemene tendens in al die winkels van Mr Price tot by Jet is dat die personeel die winkels oorgevat het. Jy as klient pla hulle as jy iets wil weet of wil betaal. Dit is ‘n geselsery en jy is lastig. Ek het al vele male uitgestap en my aankope net so neergesit . Dit raak net erger en niemand doen iets daaromtrent nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.