Kredietgraderings­agentskappe gooi koue water op Mboweni se toespraak

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Suid-Afrika het reeds in ʼn skuldstrik verval en die regering gaan haarfyn moet kyk hoe uit die gemors gaan kom. Dit is die mening van die hoof-ekonoom by die Efficient Group, Dawie Roodt, in reaksie op Moody’s Investor Services se verklaring op die mediumtermynbegrotingsraamwerk.

Ofskoon markte, die nasionale tesourie en beleggers verwag het dat Moody’s – wat Suid-Afrika nog op ʼn beleggingsgraad-gradering het – sy jongste kredietgradering Vrydag sou uitreik, het hy weer die stap uitgestel. Dit is die tweede keer in bykans drie weke dat Moody’s nie sy kredietgradering uitgereik het nie.

Roodt sê volgens sy berekeninge is die land se skuldvlakke hoog en drastiese aksie is nodig om dit in te kort. Hy is egter pessimisties of die regering die politieke moed het om die fiskale probleem op te los.

Hy sê die land se fiskale posisie is deur die Jacob Zuma-administrasie gepootjie weens staatskaping en korrupsie wat gedurende dié periode toegeneem het.

In ʼn verklaring sê die graderingsmaatskappy dat die land se fiskale vooruitsig swakker is soos in die minibegroting uiteengesit is en dat dit kredietnegatief is. Dié stelling het ʼn verswakking in die rand-wisselkoers teweeggebring.

Roodt sê die regering weet wat sy uitdagings is om die ekonomie reg te ruk.

“Die regering versuim om konkrete stappe te neem omdat hy die ANC (bo die land) eerste plaas. Die ANC is soos ʼn destruktiewe tsoenami wat die ekonomie ernstig skaad, “ sê hy.

Volgens Roodt is van die uitdagings om die staatsdiens drasties te sny. Hy wys egter daarop dat president Cyril Ramaphosa nie hiermee geneë is nie.

Nóg ʼn struikelblok is om die staatsbeheerde ondernemings te takel. Roodt sê dat die keuse is om dit óf te verkoop óf gedeeltelik te privatiseer.

“Die een positiewe aspek wat Tito Mboweni, minister van finansies, in sy toespraak genoem het, was die waarskynlikheid om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te sluit,” sê hy.

Moody’s sê die hersiene begrotingsraamwerk projekteer ʼn groter fiskale tekort en hoër staatsskuld te midde van ʼn papper ekonomiese groeikoers, ʼn swakker rand en hoër rentekoerse wat in Februarie verwag word.

Moody’s het bygevoeg dat staatskuld waarskynlik nou heelwat later sal stabiliseer en teen ʼn hoër vlak wat verwag is.

Ontleders meen dat die Mboweni se begrotingstoespraak waarskynlik die baan geweg het vir ʼn verdere kredietafgradering.

Intussen het nog ʼn kredietgraderingsmaatskappy, Fitch Ratings, ook koue water op Mboweni se toespraak gegooi

Fitch sê die stappe om besteding te herprioritiseer nie juis die ekonomie gaan baat nie. Die agentskap sê Mboweni se aankondiging saam met Ramaphosa se stimuluspakket vir die ekonomie nie juis veel gaan uitrig nie.

Oor Ramaphosa se beleggingskonferensie sê Roodt dat dit meer praat as aksie was: “Laat ons sien wanneer die woord by die daad gevoeg word.”

Ramaphosa was van mening dat Suid-Afrikaanse beleggers hul staking met beleggings in die land beëindig het met meer as R290 miljard wat beloof is vir ekonomiese geleenthede en werkskepping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

slimkind ·

nie die woord by die daad voeg nie, maar die daad by die woord

humor ·

Verskoon tog maar vandag hierdie foutjies. Hierdie mense se koppe is onderstebo gedink om ons geldsakies reg te kry.

Schalk ·

Die politici moet Uitgesorteer word deur die uitgehongerde massa van mense wat benadeel word. Die lig sal eers opgaan as daar besef word dat die kaders die verkeerde etniese groepe beskuldig vir die ellende.
Die jong mense oor al die bevolkingsgroepe wat die leiers van vandag en more gaan word is tog rekenaar geletterd en besef dat ander lande se soortgelyke politieke beginsels gefaal het deur net te kyk op die internet.

B ·

Ag tog, alweer ‘Jacob Zuma Adminstrasie’. Dit moet in werklikheid lees ‘Die ANC regering’.

(Almal vergeet nou dat CR JZ se adjunk gewees het gedurende hierdie tydperk)

Heinrich ·

Ek stem B, hulle het rustig toegekyk en absoluut niks gedoen om die plundery te keer nie.

Vuisvoos ·

Die ingesteldheid van CR se intensies word versterk, na die presidensie verlede Vrydag gesê het hy sou die afgelope naweek by Angus Buchan se saamtrek wees waar daar vir die land gebid is, maar toe daag hy nie op nie. Duidelik wou hy nie die boodskap hoor nie. Wel as hy daar was, sou hy met ‘n rooi gesig en skaamkwaad daar weggegaan net, want hy is ook besig om die land te versaak.

Willem ·

JAKKALS NOOI VIR GANSIE
KOM EET VANAAND BY MY
EK HET HEERLIKE KOSSIES
EN UINTJIES UIT DIE VLEI

NEE DANKIE Sê DIE GANSIE
AL STAAN JY OP JOU KOP
AS EK VANAAND BY JOU KOM KUIER
EET JY MY SEKERLIK OP.

John ·

… mmm, Wilem… RC en sy mede-miljarder M het nie ‘n clue hoe om met geld te werk nie. Daar is nie ‘n plan om die verlore rande terug te kry nie, net nuwes te druk of te ontvang van elders. CR weet ons kan nie me leen nie, nou vra hy duur aalmoese. Dink hy as jy miljarde bedel dit meer edel klink. Grond gaan onteien word. Hy wag net dat die stof gaan le na sy groot flater. Maar dit gaan ook nie sy laaste een wees nie. Watch. M gaan sy vorige paradysagtige euforiese ervaring aanwend, geld druk en met ‘n meerwaardige smile uitdeel. Die voorsitter van die Reserwebank se toesprake word vir hom geskryf. Die vraag is nou: Hoe bang moet ons vir Mr M wees na sy glo vernederende come-down na minstersvlak? Die man is skatryk. En nou doen hy charity-werk.

Wolf ·

In die land van die blindes is “een oog” koning. Viva anc, die “meerderheid” se koning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.