Massmart se plaaslike sake lyk troebel

massmart

Massmart Holdings bedryf ondermeer Game, Makro, Dion Wired en Builders Warehouse in Suid-Afrika. Foto: InceConnect.co.za

Die Suid-Afrikaanse kleinhandelreus Massmart Holdings bly in die moeras. Die maatskappy het die afgelope week sowat 13% van sy waarde op die aandelebeurse verloor nadat hy gewaarsku het dat sy tussenwins met tot 50% kan daal.

Hy het verlede week swaar getrek op die JE en daar is nou kommer oor sy toekoms in die Suid-Afrikaanse kleinhandelomgewing.

Ontleders wys daarop dat pap ekonomiese groei en die gebrek aan werkskepping nadelig vir kleinhandelaars is. Boonop is daar nog kommer oor beleidsekerheid.

Massmart handel as, onder meer, Makro, Builders Warehouse en Game, en Massmart het die Amerikaanse kleinhandelkenner Mitchell Slape nader gesleep om die groep op die winspad te kry.

Massmart het uit verskeie maatskappye bestaan voordat begin is om die maatskappye in een te hervestig om Waltons ʼn voetpad in die destydse groeiende Afrika-kleinhandelmark te gee.

Massmart se strategie volg op dié van Pick n Pay en Clicks wat buitelanders nader getrek het om die twee reuse weer op ʼn winsgewende pad te sit.

Ontleders is egter skepties of die planne suksesvol gaan wees. Kenners meen daar is ʼn ooraanbod van kleinhandelwinkels in Suid-Afrika en dit lei tot ooraanbod in die sektor.

Volgens Massmart lyk sake nog troebel vir die groep weens die vooruitsig vir sakesentiment en beleggers-stemming.

Ontleders sê die groot uitdaging vir Massmart gaan wees om die groep te verkoop of dit reg te ruk en sy aandeel in die groep te verminder.

Trevor Manuel, die destydse minister van finansies, was die groot dryfveer wat Massmart as ʼn belegger na Suid-Afrika wou lok. Dit was deel van die groot SA sakeplan om buitelandse beleggings plaaslik te vestig.

Massmart se vordering is egter in die weegskaal geplaas nadat die departement van handel en nywerheid verskeie stappe daargestel het om grootskaalse arbeidsverliese te verhoed.

Die markkenner David Shapiro van SASFIN het Massmart gekritiseer dat hy toegelaat het om so ver te gaan. Kenners meen dat gaan moeilike wees om die groep te red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pim ·

Die grootste probleem by die meeste kleinhandelaars is hulle ongeskikte werkers en dan natuurlik diefstal binne die winkels.

Attie ·

Zuma en kie se self-helpskema wat nou oral kop uitsteek. Die kleinhandel in SA word in elke geval so oorheers (en uitgebuit) deur n handvol. Skelms…almal.

Kuhgirl ·

Hierdie berig maak nie sin nie. Het Massmart 30% van sy markwaarde “verkoop” of verloor? Walmart besit 51% aandeel in Massmart, wat op sy beurt die maatskappy van die Walton familie is. Waarom na die “Waltons” verwys? Verder is Massmart vir seker nie die enigste maatskappy wat tans klippe kou (Tiger Brands, Sappi, Sasol, Vodacom, Netcare, ens.) of wie se HUB bedank het nie (Eskom, Comair, ens.)

Walmart het verskeie kere al hul vingers buite die VSA verbrand, bv. in Duitsland, omdat hulle nie kon aanpas by plaaslike omstandighede nie. Die nuwe Walmart HUB Slate gaan waarskynlik probeer om Amerikaanse benaderings, sg. “best practices,” toe te pas en mag hom vasloop daarmee maar minstens het hy reeds internasionale ervaring.

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Kuhgirl

Dankie vir jou navraag. Ons het die berig nou gewysig en hopelik verskaf dit nou meer duidelikheid oor Massmart se finansiële situasie.

Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Piere ·

Wat die buitelanders nie wil aanvaar nie is dat ons in Suider Afrika anders te werk gaan en hul metodes nie hier werk nie

Jaco ·

Dit het niks met die ekonomie uit te waai nie, ek kan met eerlikheid sê dat ek hierdie winkels probeer vermy want hul diens is vrot!! Wie is nou lus om op n Saterdag in n twee uur lange tou te gaan staan en wag om vir jou goed te betaal want makro dink dis snaaks om net 20 van hul 100 tille oop te hou en dan nie eens te praat van niemand wat jou op die vloer wil help nie…nee wat. Belaglik!!

Melanie Capazorio ·

Ek ervaar dat mense die poste kry maar om eintlik die werk te moet doen is opsioneel. Diens is ongelukkig by die deur uit. Hoe erger die ekonomie hoe minder wil mense werk.

Wielspore ·

My kommentaar verwys na Makro Nelspruit, toilette is altyd vuil, rapporteer dit elke keer, geen oplossing, van die personeel stel nie belang om kliente te help, maak groepe en gesels met mede werkers, van die personeel is heeltyd doening op hulle selfone, die personeel by die verf afdeling het hulle eie music box waar hulle saamdrom en musiek luister, produkte word nie aangevul soos dit verkoop word, die vooraad is beskikbaar maar bly op die boonste rakke. Dit dit tot op hul bestuursvlak opgeneem, geen verbetering, ons koop nie meer ons kruideniersware daar agv goedere beskikbaarheid, dit is omtrent R3K pm minder aan die groep.
Uit my werkgewer se oogpunt, dit neem langer as 7 dae om ‘n kwotasie te kry vir grootmaat koeldrank en energie drankies. ‘n Oproep na die bestuurder van die afdeling lewer niks op want hy is nie beskikbaar… vir die hele dag.
Ek vra ‘n kwotasie aan van Midas Nelspruit (Lowveld garage equipment) vir onderdele, binne 8 minute, let wel 8minute is my epos beantwoord, great work, hats off.

Magda van der Westhuizen ·

Ek stem saam DAT diens in Makro pateties is daar is uitsonderings.Ek het twee besighede en stamp meeste Vd tyd geirreteerd daar uit omdat voorraad beheer pateties is.NO STOCK & NO SERVICE IS HUL WAGWOORD.

Gerda ·

Vra asseblief die publiek se mening voor julle die winkels toemaak. Ons kan julle goeie raad gee. Ons beleef die swak diens eerstehands. In sekere winkels is beslis meer werkers as klante en NIEMAND kan jou van hulp wees nie.

Judge Dredd ·

….en dan vind jy uit hulle verkoop selfde produk in buiteland vir goedkoper…..

Wat ek wil weet hoekom ons in SA alewe die “Milking Cows” is vir baie maatskappy.
Builders warehouse produkte in algemeen is duurder as elders – Swak kompetisie – maak jul produk goedkoper en mense sal julle steun.

McG ·

Makro Wonderboom is ook geen uitsondering nie. Mens koop goed wat sogenaamd op ‘special’ is en dan weet die kassiere nou nie daarvan nie. Afrika is maar nie in staat om so te ‘operate’ nie.

Rokie ·

Wel die ry vir betaal staan tot agter die winkel elke naweek so hulle doen iets reg..

Karlahari ·

Ek kan nie kla oor Makro se diens.
Want daar is nie.
Dat jy nou n Amerikaner moet inbring om die mees voorhandliggende probleem op te los.
En natuurlik is Shoprite se kruideniersware goedkoper….

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.