MultiChoice sê oor miljarde se dividende

Argieffoto (Foto: HolgersFotografie, Pixabay)

’n Allemintige R2,5 miljard – dit is wat die MultiChoice-groep opsy gaan sit vir sy eerste dividend-uitbetaling vir die boekjaar tot Maart 2020. Die maatskappy het die aankondiging Maandag gemaak.

Naspers het Maandag bekendgemaak dat hy sy belang in MultiChoice op 4 Maart aan aandeelhouers gaan ontbondel. Die stap volg op Naspers se besluit verlede jaar om van sy nie-kernbelange ontslae te raak en ’n gefokusde internetmaatskappy te word.

Volgens Tim Jacobs, MultiChoice se finansiële hoof, beplan die groep nie om ’n dividend vir die 2019-boekjaar uit te betaal nie.

Jacobs is positief dat MultiChoice sal kan oorleef in ’n mark waar internettoegang ’n bedreiging vir satelliet-TV inhou.

Hy wys daarop dat MultiChoice se intekenaars groei en dat die groep skuldvry is. Dit het R4 miljard se kontant op hande.

Volgens Jacobs sal van die geld aangewend word om groei in Afrika te bewerkstellig. MultiChoice het nou 14 miljoen intekenare in Afrika en mik nou vir 40 miljoen intekenare.

MultiChoice beoog om ook mer geld in Showmax te belê. Showmax ding mee met Netflix, die wêreld se voorste fliekkanaal.

werkers-konstruksiebedryf-boubedryf

Foto: Pixabay/Pexels.com

Intussen het twee van die land se voorste konstruksie- en ingenieursmaatskappye – Aveng en Group Five – planne aangekondig om ’n ommeswaai in hul vooruitsigte teweeg te bring.

Beide maatskappye is op die Johannesburgse Effektebeurs (JE) genoteer en het die afgelope ruk onstuimige tye beleef. Jason Muscat, senior ekonomiese ontleder van FNB het vroeër gesê dat die afplatting in infrastruktuurbesteding en daling in konstruksiewerk die sektor strem.

Die boumaatskappy Aveng het sy belang in Aveng Water, ’n watersuiweringsaanleg, en Aveng Namibia Water vir R95 miljoen verkoop.

Die groep sê dat die transaksie daarop gemik is om van nie-kernbelange ontlae te raak. Die proses om van sy nie-kernbelange ontslae te raak, is bykans ’n jaar gelede aangekondig.

Group Five het intussen sy belang in die Everite-sementaanleg en Sky Sands sandmyn-bedrywighede vir R480 miljoen aan ’n private batemaatskappy, Trinitas Private Equity en Agile Capital verkoop.

As deel van sy plan om weer op ’n finansiële goeie voet te kom, het Aveng sy balansstaat verlede jaar herstruktureer. Hy het deur hierdie stap R493 miljoen bekom. Die groep het ook sy skuld herstruktureer.

Verlede jaar het Murray & Roberts na Aveng gevry, maar later die aftog geblaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Andre ·

DSTV se bestaan gaan nie meer lank wees nie, online streaming vervang hulle vining.
Plus al wat DSTV het is sport.

honourable member ·

Ek stem nie saam jou nie Andre. Daar is genoeg kanale om alle belangstellings te prikkel. Ek geniet my DSTV. Smaak verskil .

jaco ·

Betaal jy maar lekker R1000pm. ek download of stream wat ek wil kyk (enige movie, series, sport of show waaraan jy kan dink), vir ‘n 3rde van die prys. En raai wat…ek hoef nie herhalings te kyk nie!!!

Piet Pompies ·

Ons geniet DSTV maar dit is nie meer waarde vir geld. My uncapped internet moet hom nog net bewys dan groet DSTV.
Net so terloops, die data besparing kostes tussen 3 selfone by Vodacom betaal tans my uncapped internet.
Van die groot besighede soos DSTV en Vodacom het groot koppe gekry en kliente diens is swak, min weet die groot maatskappye dat sodra die klein koppies opstaan, die groot kop nie meer werk nie.

ChrisE ·

DStv se dae is getel. Die skrif is aan die muur vir hulle. Ek dink ook die mense wat daar in beheer is besef dit ook maar leef in ontkenning. Daar is iets aan die kom wat slegs R399 kos. Jy kan dan kyk wanneer jy wil en waar jy wil. Dit is reeds beskikbaar, dit werk en gaan die monopolië in hul spoeg laat stik. Wag en sien.

Genieve ·

Oor en oor dieselfde goed wat jy kyk skaam hulle en dan moet jy daavoor betaal het myne na minder package laat gradeer R99 sover tevrede.

Leon ·

Kan iemand verduidelik wat word bedoel wanneer Naspers sê dat hy op 4 Maart sy belang in Multichoice aan sy aandeelhouers gaan ontbondel?

Nic ·

Multichoice sal op 4 Maart as ‘n onafhanklike maatskappy op die JSE genoteer word. Huidige Naspers aandeelhouers kry dan Multichoice aandele in ooreenstemming met die hoeveelheid Naspers aandele wat hulle besit. Gewoonlik sal die transaksie behels dat hulle omtrent 2 Multichoice aandele vir elke Naspers aandeel sal kry. Naspers se eie aandele (sowat 51%) word op die Beurs te koop aangebied. Dus as jy nou Naspers aandele koop, gaan jy op 4 maart jou Naspers aandele en Multichoice aandele besit.

Judge Dredd ·

Het van my DSTV ontslae geraak – huidiglik op openview wat ook maar snert wys maar wat verniet is en Netflix. Spaar R800 per maand.

se maar ook net ·

selfde soos sasol net n sekere groep trek voordeel uit dividende en bonusse. maar ons almal help betaal o ja

bgj van der westhuizen ·

dstv wys alles oor en oor goed wat 3 jaar trug begin wys het toe ek dstv gekry het speel nog steeds die selde reeks word aan een gespeel

JoeV ·

Sal weer DSTV oorweeg as ons die argief wat by die SAUK verkry is weer publieke eiendom is. Is nou 10 jaar plus DSTV vry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.