Ramaphosa wil sakebedrywighede in SA goedkoper, makliker maak

Pres. Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika wil dit veel makliker maak vir entrepreneurs om hier sake te doen. (Foto: pixabay)

Pres. Cyril Ramaphosa sê in sy nuwe weeklikse nuusbrief een van die regering se planne om die ekonomie te stimuleer, is om die koste te verminder om sake te doen.

Ramaphosa is tans in Londen waar hy die Financial Times se 2019-beraad toespreek. Invloedryke sakelui, beleggers en besluitnemers woon die beraad by.

“As ons werk wil skep en armoede verminder, moet ons ekonomie teen ʼn veel vinniger tempo groei. Daarvoor het ons beleggings nodig, van plaaslike en internasionale sakelui,” het Ramaphosa in sy nuusbrief gesê.

“Ons gebruik elke moontlike geleentheid om na beleggers uit te reik om te praat oor die groot sakemoontlikhede in Suid-Afrika, asook op die vasteland.”

Ramaphosa het gesê dit moet dus makliker gemaak word om sake hier te doen. “In ʼn mededingende, internasionale omgewing soek beleggers na lande wat bestendige en volhoubare opbrengs kan lewer, terwyl risiko’s en koste tot die minimum beperk word.”

Die president het ook verwys na die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) se jaarlikse mededingingsverslag. Dit is verlede week bekend gemaak en wys Suid-Afrika het sewe plekke geklim sedert die vorige jaar. “Dit is ʼn noemenswaardige prestasie binne ʼn betreklike kort tydperk,” het Ramaphosa gesê.

Die verslag is ʼn jaarlikse assessering van produktiwiteitsaandrywers en langtermyn- ekonomiese groei in 141 lande. Lande word geplaas op grond van hul instellings, infrastruktuur, gebruik van inligtingstegnologie, finansiële stelsels, makro-ekonomiese stabiliteit en sakedinamika.

Volgens Ramaphosa wil Suid-Afrika ʼn voorkeurbestemming wees vir direkte buitelandse beleggings. Die land wil oor die volgende vyf jaar boonop beleggings van R1,2 (trillion) lok.

“Die doeltreffendste manier om armoede te verlig en ekonomiese geleenthede vir Suid-Afrikaners in townships en landelike gebiede te skep, is deur hulle in staat te stel om hul eie ondernemings te begin en te laat groei.

“Ons wil dit makliker maak om sake te doen: vir die persoon wat in sy motorhuis begin, asook die multinasionale [maatskappy] wat ʼn nuwe fabriek wil open.”

Ramaphosa het gesê talle entrepreneurs sukkel om toegang tot kapitaal en markte te kry, asook om te voldoen aan die regulatoriese vereistes wat dikwels baie duur is. “Ons gaan dit makliker maak om ʼn onderneming te begin, eiendom te registreer, konstruksiepermitte te verwerk, belasting te betaal en oor grense handel te dryf.”

Daar gaan met die sakesektor saamgewerk word om te verseker voorwaardes om lisensies in sekere bedrywe te bekom is nie te omslagtig of duur nie. Immigrasiehervorming geniet prioriteit om vaardige werkers te lok en die toerismebedryf te laat groei, en tegnologie word ingespan om doeltreffendheid te verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Hendrik ·

Die vraag is, gaan dit vir witmense ook makliker gemaak word of gaan ons nog steeds meerderheid aandeel weggee?

Hans ·

President ek glo nie ‘n enkele woord van dit wat u sê-dit is net beeldpoetsery in buiteland.

Johann cb ·

Hierdie is ou beloftes/planne wat glad nie realiseer nie.

JR ·

Nee wat CR vertel liewers vir die buitelanders hoe die regering en staatskaping ons land tot in die af grond in bestuur en dat die regering nie n flenter omgee vir witmense nie hulle word uit gevermoor

JohanR ·

My President….hoekom doen jy dit net nie, insteede van elke week vir ons wil vertel hoe, wat, wil en waaneer jy dit gaan doen, en hoe graag jy dit wil doen! As jy jou ore en neus laat grooi kan jy Piet Promises Koornhof word.

Jack Sadie ·

Droom voort Cyril. Jou amptenary sal jou in die steek laat . As hulle nie al jou planne sommer uit die staanspoor boikot nie.

Kallie ·

Duidelik word Ramsphosa se nuusbrief geskryf deur junior interns. Dis ‘n klomp twak. Net ‘n gebabbel sonder iets konkreets.

Jerry ·

Beleggings en om dit makliker te maak om sake te doen in SA is uiters positief en uitstekende nuus vir die multi-kulturele groepe wie nie deur transformasie se regstellende aksie daarvan uitgesluit is nie. Dat diegene wie uitgesluit word hulle uiterste bes gaan doen om n stokkie daarvoor te steek, dis gewis!

marous ·

Kan nie eers die riool uit die riviere hou nie maar wil beindruk met besigheids praatjies . Waarom erken hy nie dat hy die hoofman is van ‘n verotte ashoop nie ?

Rubber ·

Die man is ‘n nar soos sy voorganger. Ons is op die Zim pad, volstoom.

Trots Afrikaans ·

Mr Ramaphosa, ons het vir ons geld gewerk deur ons besighede van die grond af op te bou op ‘n eerbare manier. Ons het dit nie by ‘n klomp belasting betalers, grondverkoop skemas, mediese fondse of aftree fondse geprivatiseer nie.

Ek weet dit is moeilik vir jou om dit te verstaan of selfs te glo, maar dit is hoe dit was voor die ANC.

Ek stel voor jy gaan kyk wat het Verwoerd gedoen om ‘n 18 persent groei te handhaaf. En as dit beteken jy moet die Afrikaners almal in ‘n tuisland, sê byvoorbeeld in die Weskaap, af sonder en hulle los om hulle self te bestuur sonder inmenging, dan moet jy dit seker maar doen……

KFN ·

Wanneer is die volgende verkiesing nou weer?
Twirrel begin nou al vroeg om die wat vir hom stem ‘n rat voor die oë te draai. ????????

Anoniem ·

Selfde ou storie. CR wil dit en CR wil dat maar by doen kom die man net nie uit nie. Hou op droom CR en doen.

John ·

Met die magtige unies in beheer van elke maatskappy se doen en late soos buitensporige salariseise wat alle afdankings teenstaan, sal beleggers moeilik byt aan CR se kamma-werkskeppingsprogram. Vergeet ook nie van Eskom se manewales en die gebrek aan water nie. Eintlik soek die ANC welsynsaksies vir miljoene S-Afrika-adelikes… in-waiting.

Dries ·

Daar is ou cr en sy trawnte nou weer oor see net om n klomp nonsens te gaan praat ek wil sien hoe gaan hy als doen wat hy en sy sirkus die mense oor see belowe eskom en sy ANC land sal nooit regkom nie dan moes dit nou al goed gegaan het in zimbabwe

Essie ·

Ek wil net graag weet watter regdenkende mens sal in n land belê waar plase of eiendom ontein word sonder vergoeding

Realis ·

Baie intersante verskynsel hierdie…… Botswana se president stel presies dieselfde dinge voor n maand of twee terug….ek dink ou Cyril na-aap net weer hier vir politieke gewin !!

Judge Dredd ·

Ek wil die Lotto wen.
Ek dink Cyril se kanse is net so goed soos myne.

Jacobus ·

Volgens die WEF se jaarlikse mededingingsverslag het ons volgens President Ramaphosa die noemenswaardige prestasie behaal om 7 plekke op die ranglys te klim in 2019 van 67 na 60.

Het ons geklim omdat ons beter gedoen het of het ons verbeter op die lys omdat ander lande swakker gedoen het.

‘n Indiepte navorsing oor die ander jare 2018 en terug sal kan aandui of Suid Afrika werklik beter gedoen het of net beter was as ander lande.

Verdere navorsing sal ook gedoen moet word om ‘n aanduiding te gee in watter Temas en Indikators het ons verbeter en waar het ons versleg.

In die WEF Raport word 12 Temas gedek met 103 Indikators wat gemeet word van o (sleg) to 100 (uitstekend).

Politieke woordspel bluf nie die werklike beleggers nie, hulle het hulle eie ekonomiese navorsers en raadgewers wat van beter weet en die toespraak is eintlik net gemik op die oningeligte Suid Afrikaanse gehoor en media.

Goedvoel stories is altyd welkom maar nie altyd raadsaam om te verkondig.

Adam ·

Goeie nuus maar die besluit moes al 25 jr gelede geneem gewees het.

Ja, en ons glo dit, nê ·

En wie sal die hool-sirkus se hoofnar glo?

Marius ·

Julle verstaan nie man. Die ouens gaan nou seker lenings kry om pavement shops op te sit????

hercu ·

mnr die agbare pressie – wanneer jou mond oopgaan lieg jy en jou bende narre!!

Eddie ·

CR , vertel die land elke week wat in die week gedoen is in plaas van om te droom wat gedoen kan word !!!

Gelowige witman ·

My president verseker! Hy is op sigself lank voor sy termyn finansieel gevestig die buiteland respekteer hom moet ek aangaan?

Pieter ·

Nee ek dink jy moet stil bly want jy slaap al van vier en negintig af

Pottie ·

Jou saak as jy n klomp terroriste wil glo jy was seker nie op die grens nie

Kallie ·

Ramaphosa het geen sakeryk opgebou nie. Miljoene aandele in top maatskappy is aan hom gegee in die naam van BEE. Die man is eintlik ekonomies ongeletterd.

Manie van Worcester ·

Sekerlik die persoon wat meeste strooi praat in die land, hy praat nooit maar as hy praat is dit onsin

Stephen ·

Cyril the only growing industry is the fire fighting business. There are great opportunities in SA

Zandra Jordaan ·

Vir drome om waar te word…moet jy eers wakker word hoor

Anni ·

Beloftes !!!! Beloftes !!!! Talk is cheap, Money buys Whiskey!!!

Francois ·

Stop diskriminasie teenoor wit mans en miskien sal hulle beter voel oor beleggings hier. Baie wit sake manne en werknemers gee op en verlaat die land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.