Rand staan sterker

geld-finansies-rand-note

Argieffoto.

Die rand het vroeër Donderdag weer suksesvol deur die R14-vlak teenoor die Amerikaanse dollar gebreek. Dit is die plaaslike geldeenheid se beste vertoning sedert die einde van April teen die dollar.

Bianca Botes van Peregrine Treasury Solutions sê die sterker lopie van die rand word nou hoofsaaklik gedryf deur die handel wat in die mark gesien word op die rug van ʼn moontlike rentekoersverlaging van die Federale Reserweraad (Fed) in die VSA later hierdie maand.

“ ʼn FED-rentekoersverlaging sal om verskeie redes vir Suid-Afrika en die rand bevoordeel. Eerstens impliseer dit addisionele geld in die Amerikaanse ekonomie wat die dollar sal laat verswak.

“Tweedens het Suid-Afrika hoë vlakke van staatskuld waarvan baie in dollar gedenomineer is. Laer Amerikaanse rentekoerse sou beteken dat dié skuld makliker gediens kan word en so word die skuldlas op die Suid-Afrikaanse fiskus verminder.

Op ʼn derde punt is beleggers altyd op soek na opbrengste waar hulle kan leen teen laer rentekoerse en weer belê in hoër opbrengsomgewings soos Suid-Afrika.

Volgens Botes het Suid-Afrika oor die afgelope twee weke juis ʼn hoogtepunt in drahandel beleef.

“ ʼn Laer Amerikaanse koers sal die verskil in rentekoerse vergroot wat Suid-Afrika ʼn aantrekliker opsie maak vir beleggers wat hierdie soort hoë opbrengsomgewings soek.”

André Botha, ʼn senior handelaar by TreasuryONE, het in ʼn oggendnota aan kliënte gesê die rand se sterker vertoning kan verder ook gekoppel word aan die groeiende spekulasie dat die Europese sentralebank beoog om sy rentekoerse te verlaag

Botha het bygevoeg dat die VSA vandag ʼn openbare vakansiedag vier en daarom sal enige groot valutabewegings onwaarskynlik wees.

Donald Trump, die Amerikaanse president, het Woensdag getwiet dat Europa en China ʼn “groot valutamanipulasiespel” speel.

Botha het opgemerk dat die rand voorlopig die retoriek verontagsaam het, wat gewoonlik tot ʼn mate van onsekerheid in die markte sou lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johanna Botha ·

Tot iemand weer in die anc iets dom se oor die banke of grond …kyk mooi !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.