Redes vir rand se verknorsing

rand-ekonomie-suid-afrika

Argieffoto.

Ekonome sê daar is verskeie faktore vir die rand se huidige swakheid. Oorhoofs word die Amerikaanse president, Donald Trump, se jongste salvo in sy handelsoorlog met China as die grootste rede uitgewys.

Ekonome wys egter daarop dat daar ook plaaslike faktore in ag geneem moet word wat die geld-eenheid laat wankel.

Die ekonomiese agentskap NKC Africa Economics sê dit is duidelik dat daar probleme in die ekonomie is. Volgens die maatskappy het dit ook ’n uitwerking op sentiment teenoor die rand.

NKC wys daarop dat die rand reeds deur swakker sentiment teenoor ontluikende markte gestonk word, en plaaslike faktore verdiep die negatiwiteit. Teenoor die valuta.

“Beleggers besef dat daar probleme in die ekonomie is. Alles dui daarop dat Suid-Afrika dalk swakker ekonomiese groei in die tweede kwartaal kan verwag. Kleinhandelverkope het in April gekrimp. Mynbouproduksie het ook in April met 2% gekrimp. Dus, die tweede kwartaal het papper begin,” sê die agentskap.

Boonop is hy ook bekommerd dat die Buro vir Ekonomiese Navorsing (BEN) se sakevertroue-indeks in die tweede kwartaal verswak het.  NKC sê dit is duidelik dat die optimisme oor Ramaphobia begin afneem het.

Nuwe optimisme in die land het die ekonomie en markte ’n hupstoot gegee in die eerste drie maande nadat president Cyril Ramaphosa vir Jacob Zuma as staatshoof vervang het.

Kritiek is egter besig om teenoor Ramaphosa op te bou vanweë die gebrek aan ekonomiese leiding uit sy kantoor.

Ekonome sê een voorbeeld hiervan is die nuwe Mynbouhandves waarin nuwe prospekteringsregte ’n 10%-aandeelhouding aan swart bemagtiging moet afstaan. Dit moet deur die ander 90% aandeelhouers befonds word.

Dawie Roodt van die Efficient Group sê ofskoon dit ’n beter handves as die vorige een is, die voorgestelde aandeelhouding vir werkers en gemeenskappe waarin daar geprospekteer word, beleggers sal afskrik.

Intussen het die maatskappy Citadel beaam dat die ekonomie struktureel in ’n verknorsing is.

Citadel sê die ekonomie het die afgelope vier jaar gemiddeld teen 1,1% gegroei, terwyl die bevolking teen 1,6% aangewas het.

“Dit is duidelik dat die ekonomie nie vinnig groei om nuwelinge in die arbeidsmark te absorber nie,” het Citadel bygevoeg.

Die maatskappy waarsku ook dat die regering te gou spring om fiskale en monêtere oplossings te soek. Maar hy rig ’n waarskuwing dat dit tydelike oplossings is, en sê ander oplossings nodig is.

Citadel sê dit is strukturele probleme wat aandag moet kry.

Dit sluit Suid-Afrika se lae besparingskoers in. Besparing het in 2017, byvoorbeeld, met ‘n skrale 0,2% gegroei.

Citadel wys daarop dat kapitaal nodig is vir beleggingskapitaal, en sonder kapitaal kan ’n ekonomie se dryfenjin tot stilstand gedwing kan word.

Ander probleme sluit in die swak onderwysstelsel, beperkinge op medium- en kleinsakeondernemings, swakheid by staatsbeheerde ondernemings en die gemak waarin sake in Suid-Afrika gedoen word, ook as struikelblokke beskou.

Intussen het professor Raymond Parsons by die Noordwes-Universiteit ook min hoop vir die ekonomie.

Hy sê ofskoon Fitch se graderingsbesluit oor die naweek te wagte was, dit nie ’n verrassing was nie. Volgens Parsons het Fitch toegegee dat ekonomiese veranderinge op pad is, dat daar wel steeds gestoei word met laer ekonomiese groei en hoë staatskuld .

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Paul ·

Rentekoerse is bedroewend, beleggings groei agteruit, wat ‘n nagmerrie vir pensionarisse en skielik is die geld wat voldoende was, te min en sit hulle in ‘n verknorting, vir die afgelope jaar of twee al sien mens dit kom. Enigste is dat hulle kan hoop dat hul behoeftes vinnig al minder raak om met die daling in hul beleggings tred te hou. Hulle hou uit tot waar hul nie anders kan nie en hul eiendom moet verkoop.

julius ·

Ek is nie ‘n kenner op die gebied nie, maar die anc is die groot probleem en niemand wil dit erken nie.

JoeV ·

Ek sit hier in ‘n kantoortjie met vensters wit geverf en kan sien wat dit veroorsaak…. Ons bemagtig onbevoegte eenhede wat geen waarde toevoeg nie, ons vervaardig niks en voer niks uit nie!! En ons vervaardig minder by die dag en voer minder uit. Ons is gelukkig dat daar darem nog minerale is om uit te voer…. solank ons dit self kan doen voor die Sjinese dit namens ons kom doen , anders was ons by van ons buurlande met duisende eenhede teen die dollar. Ons darem nog onder twintig rand per dollar vandag….

Val ·

Waarom word eiendomssekuriteit nie genoem nie, dit saam met algemene misdaad en chaotiese betogings is die hoofredes waarom beleggers wat ek ken eerder oorsee bele. As die regering vir ons n tuisland toestaan sal ons beheer oor ons eie ekonomie kan vat en dit spoedig kan groei.

Vryheid ·

Dit vat nie n geleerde ekonoom om die dinge uit te wys nie, n mens beleef agteruitgang in SA op alle vlakke. Die groot probleem met meeste blankes is hulle wil n eerste werelds lewenstyl in n derde werelds land leef.

LVH ·

RedeS??? Daar is net 1 rede!!!!!! selfs as nie-ekonoom, weet ek presies wat die 1 REDE IS

Willem ·

En sekere mense soos Carl Niehaus en andere het Theo Venter in die dae verguis omdat hy betreffende Zuma die waarheid gepraat het. En natuurlik is daar ook ander waarhede wat taboe is, wat hulle nie wil hoor nie.

Rudi ·

Ongelukkig werk die ANC se bbbee beleid glad nie meer vir die tyd en plek waar Suid Afrikaans nie meer nie. Die beleid moet eenvoudig wees, bv n buitelandse maatskappy wil begin myn in SA, hulle huur of koop grond om te myn, koop minerale regte vir die area by die refering, myn die minerale, skep werk vir bv 1000 mense, die mense wat dan vir die myn werk betaal tax op hul salaris en die myn betaal kapitale belasting op hul winste… Al wat tel is dat die maatskappy inkomste deur tax genereer en so baat alle Suid Afrikaners by dit…. So die groot probleem is eintlik kinderlike politiek… Dit maak nie saak wie die aandeel houers in die myn of maatskappy is nie, Al wat tel is die belasting wat hulle betaal, hulle werknemers betaal en dat meer Suid Afrikaners, bruin, swart en wit werk het… Die ANC beleid fokus op n die klein prentjie en nie op die groter prentjie nie… Aandeel houding in n maatskappy gaan net n paar mense baat.. maar waar duisende weeks geleenthede almal gaan baat.
…… Of het ek die kat aan die stert… ?

marous ·

Die land se ekonomie is verpletter deur diefstal , diefstal en diefstal . Dit sal ook nooit maar nooit maar nooit herstel nie . Niemand het ‘n Bcom of MBa nodig om dit te weet nie.

Adriaan ·

Oorhoofs is die grootste rede vir die Rand se swakheid die ANC regime se rasbehepte beleidsrigtings, waar etnesiteit swaarder weeg as bekwaamheid.

Hanna Hoekom ·

Misdaad, stakings, onbuigbare arbeidswette, betogings, plunder, onwettige immigrante, korrupsie op die hoogste vlak, BEE, grondonteiening sonder vergoeding, boere wat uitgemoor word en plase wat dan in onbruik verval… En so kan ek aangaan. Wie sal in hierdie riool-land wil besigheid doen? Daar is baie beter beleggings moontlikhede in ander lande.

Louis ·

London Times Quote of the week
Interesting point of view of affirmative action:
South Africa is the only county in the wold where affirmative action is in the favour of the majority who has complete political control. The fact that the political majority requires affirmative action to protect them against a 9% minority group is testament to a complete failure of their part to build their own wealth making structures, such that their only solution is to take it from others

Eish ·

Die res van die berig onder die opskrif vat dit alles pragtig saam.
” Finally a word recently coined to describe South Africa’s current political situation.
INEPTOCRACY
– A system of government where the least capable to lead are elected by the least capable of producing and where members of society least likely to sustain themselves or succeed are rewarded with goods and services paid by the confiscated wealth of a diminishing number of producers.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.