Reserwebank: ‘ANC krap waar dit nie jeuk nie’

Die Reserwebank. Foto: ANA

Dawie Roodt, die hoofekonoom by die Efficient Group, het uitgevaar teen president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank genasionaliseer gaan word.

’n Ontstoke Roodt sê die afgelope 25 jaar het duidelik bewys dat die ANC geen benul van ekonomiese beleid het nie. Hy sê Eskom, SAL, Prasa en Denel is onder die strukture wat deur die ANC wanbestuur is.

“Kyk hoe sukkel die land op verskeie terreine. Dit is alles die ANC se skuld omdat hy krap waar dit nie jeuk nie,” het hy gesê.

Roodt wys daarop dat die besluit geneem is om ’n faksie binne die ANC tevrede te stel.

Die kwessie van die nasionalisering van die Reserwebank is erg betwis op die party se nasionale konferensie by Nasrec in 2017.

Een van die teenstaanders van die skuif – wat gesien word as ’n terugvegpoging van voormalige president Jacob Zuma – is Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank.

Hy het Woensdag tydens ’n toespraak by die Universiteit van Kaapstad juis beklemtoon dat die Reserwebank onafhanklik moet wees.

Roodt sê dié bank se aandeelhouers het niks uit te waai met sy uitvoerende pligte en daaglikse operasies nie.

“Die kwessie oor nasionalisering het nou lank by die ANC gejeuk en hy het besluit om dit oop te krap. Die besluit sal hom duur te staan kom,” het hy bygevoeg.

Volgens Ramaphosa sal die ANC met sy plan deurdruk en daar is ook glo geen verskuilde agenda nie.

Die aankondig kom kort op die hakke van ’n vergadering tussen Ramaphosa en Kganyago.

Die Reserwebank is een van ’n handvol oor die wêreld wat onafhanklik is.

Die bank het 2 miljoen aandele en ongeveer 770 aandeelhouers. Sy aandeel verhandel nie juis baie nie.

Suid-Afrika se bankstelsel was juis deur die gradseringsagentskappe Moody’s, Standard & Poor’s Global en Fitch as onafhanklik en goed gekapitaliseer beskryf.

Volgens Ramaphosa sal die nasionalisering van die bank Suid-Afrika se soewereiniteit bevestig. Tans besit ’n klein hoeveelheid aandeelhouers die bank se aandele. Hulle woon die bank se jaarvergadering by – wat Roodt as ’n teken van deursigtigheid bestempel.

Een kwessie waaroor aandeelhouers stem, is die vergoeding van ampsdraers. Dit het veral onder die soeklig gekom toe die destydse president van die bank en tans minister van finansies, Tito Mboweni, tydens sy tweede termyn ’n groot verhoging aangebied is. Dit was toe deur die eertydse hoof van BHP Billiton Brian Gilbertson voorgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hennie Theart ·

Die nationaliseering lyk na ‘n laaste spyker wat die ANC (Jacob Zuma) wil inslaan om Suid Afrika se finansiele platform totaal te ondermyn en alle finansies in die ANC se sak te sit.
Dit is ‘n idee wat uitgedien is, nasionaliseering lyk soos Eskom, Prasa, SAL en nog ander.
Die dinge wat sover uit die kommisie van odersoek gekom het moet onmiddelik opgevolg word deur diegene voor die hof te kry. Sal dit nie gebeur nie is die reserwebank die volgende kaping.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek is nie ‘n ekonoom nie……….en daarom wil ek vra dat iemand met kundigheid my vraag antwoord: Ek verstaan die situasie as volg….Sodra die Reserwebank genasionaliseer word behoort dit aan die regering, reg? En dan skryf die regering vir die reserwebank voor…..en ek is van mening dat dit gaan tot gevolg hê dat die regering sal voorskryf dat 30% van alle pensioenfonds beleggings in SOE’s gedoen moet word………..met ander woorde 30% van alle pensioenfondse sal MOET belê in Eskom, SABC, ens……………en dit is hoe die regering beoog om enorme klomp geld in bv Eskom in terug te kry….as deel van ‘n sogenaamde “omkeer strategie”……..net sodat dit WEER geplunder kan word, maar ten minste die ANC aan bewind hou. Is ek verkeerd??

Rasper ·

Die minderheids aandeelhouers kan nie besluite neem of selfs winste kry nie. Teen die einde is hulle net oë en ore wat die ANC nie wil hê nie. Want niemand moet weet as die papiergeld printer aangesit word nie…… Ja, daar is ‘n verskuilde agenda. Hou ons almal blind. Die Titanic het klaar die ysberg getref. Ons Afrikaners sit nog net in die restaurant van die skip, besig om met die kelner te baklei omdat die kos nie op ons standaard is nie….

Jeff ·

Ongelooflik goed gestel en tog so rou om te besef dat die skoen pas.

JohanL ·

Maak nie saak wat die tegniese detail is nie – punt is : Alles wat die ANC genasionaliseer het, het misluk – alles. Nou hoekom sal die SARB ‘n ander paadjie loop.

Wat die gevolge van ‘n mislukte SARB is – ek is nie ‘n ekonoom nie, maar ek kan my nie indink die gevolge is iets goed nie.

Kan CR en sy mislukte ANC nie net vir EEN KEER luister na kundiges se advies nie. Net een keer.

Steve ·

Die gevolge van Reserwebank kaping is ‘n Venezuela, Brazil, Argentinia, Griekeland, Italia enook Euopese sentrale bank met hulle “Qantitive easying Q4 en Q5” wat beteken hyperinflasie en ons voorland is ZIM. Triljoene word o boekinskrywings gedoen (fiktiewe geld) wat op die einde moet ineenstort soos met die huislening korrupsie van 2008 enook 2010 dot.com borrel. Ons moet ophou lag vir hierdie lande ons boer in hulle geselskap.

Afrikaner ·

Ja, soos Cyril sê, dit is nog in buitelandse hande, dit kan net sowel in binnelanders se hande gewees het, want wat Cyril eintlik sê, is dat dit nog nie in die ANC se hande is nie, so het hy nog nie uit een van hul talle en magdom mislukkings, wat te veel is om op te noem, geleer nie. Hy stel nie daarin belang nie. En dit lyk my hy het nie raad met Zuma en daardie faksie se slim plannetjies om die wêreld vir hom moeilik te maak nie, nou draf hy maar so teen halfprys saam. Plaas dat hy hom op hoogte bring van waaroor die reserwebank gaan en hoe dit fuksioneer, meer nee hy stel mos nie in kennis belang om ingeligte uitsprake (utterances) te kan maak nie.

Afrikaner ·

Kan een of ander universiteit in die wêreld tog nie vir Cyril ‘n eredoktorsgraad in filosofie of so iets skenk nie?

a ·

die anc moet erens geld van daan kry om hulle buitensporige leefstyle te kan volhou. Die geld gaan beslis nie gebruik word op hulle ondersteuners nie

Swartwolf ·

Dis ‘n resep vir hipetinflasie en die ZAR binnekort in dieselfde bootjie as die Zim dollar. Grootste bekommernis is Cyril se gelieg – by Davos voor die wereldleiers belowe hy die RB se onafhanklikheid. Nader aan die verkiesing verander hy sy deuntjie. Soos die res van die cANCer kan hy nie vertrou word nie.

Anton ·

Jy is reg. Dit en hulle inspan saam met die Chinese om land te vat wat op kool, goud, diamante ens le. Ramaphosa het gese hy is ‘n kommunis en sal nooit verander nie. Hy en Julias is loop hand aan hand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.