Sakevertroue op ’n laagtepunt sedert 2017

belasting-ekonomiese-druk-stevepb-pixabay

Foto: Stevepb/Pixabay.com

Die sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie is nóg ’n kishou toegedien. Die sakevertroue-indeks, soos gemeet deur die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) en Rand Merchant Bank (RMB) het vir die vierde agtereenvolgende kwartaal gedaal en is nou op sy laagste vlak sedert die tweede kwartaal van 2017.

Die indeks het in vorige kwartale swakker gevaar.

En ekonome sê dit lyk of die ekonomie se herstelpad traag gaan wees juis omdat die nuus baie negatief is en die stemming van sakeleiers weerspieël. Die indeks het tot 28 punte gedaal nadat daar in die laaste kwartaal van verlede jaar 31 punte gemeet is.

Volgens die BEO is enige puntetelling bo 50 punte positief. Enige lesing bo dit is positief – andersins is ’n lesing onder 50 punte negatief.

Volgens die BEO word die sakevertroue-opname as ’n hoeksteen van sy werk beskou. Hy doen onderhoude met sakeleiers oor hul siening van die ekonomie en oor hul verwagtinge vir die huidige sakesiklus asook verwagtinge op kort termyn.

Dit is die 17de agtereenvolgende lesing onder 50 punte voordat dit in 2014 tot 52 punte verbeter het. Dit is ook die laagste lesing sedert die 2009-resessie.

Ontleders sê die feit dat die vertroue-indeks verder verswak het, verdiep die probleem waarmee die land op ekonomiese vlak sal moet stoei.

Hulle wys daarop dat die ekonomie deur politieke en ekonomiese onsekerheid ontwrig word, en beleggers is skepties oor president Cyril Ramaphosa se vermoë om enigsins enige hervorminge voor die verkiesing kan implementeer.

Nog ’n struikelblok is die hernieude beurtkrag wat Eskom tydens die opnameperiode toegepas het.

Vier uit die vyf sektore wat vir die sakevertroue-indeks gemeet word, het verswak. Dit sluit in bou-aktiwiteite, kleinhandel, groothandel en nuwe voertuighandelsvertroue.

Die BEO/RMB-indeks beaam juis dit wat deur die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid (Sacci) in sy Februarie-opgawe bevind het. Daarin het sakevertroue van 95,1 punte in Januarie tot 93,4 in Februarie gedaal.

Die ekonomiese agentskap NKC Research sê die lesing dui daarop dat sewe uit tien sakeleiers nie positief is oor die huidige ekonomiese toestande nie.

Die agentskap sê die meerderheid antwoorde in die steekproef tussen 13 Februarie en 4 Maart dui daarop dat Suid-Afrika se sakeleiers ’n daadwerklike oplossing verwag om die land se ekonomiese probleme op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Maklik om die ekonomie aan die gang te kry. Halveer alle politici en top-bestuur by Staatsbeheerde Instansies met 50%…..en sien hoe kies hulle die hasepad. Hopeloos teveel mense in hierdie land kry hopeloos teveel geld vir hopeloos te min werk…..

Susan ·

Dit is maar net die begin van baie ellende & armoede wat vir elke huishouding voorlê.
Glad nie roos kleurig vorentoe nie.

Spike ·

Wat kan jy beter verwag waar comrades en kaders in beheer is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.