Sasol: Lake Charles knou aandeleprys

Een aandeel wat die afgelope twee weke op die Johannesburgse Effektebeurs deur aandeelhouers gestraf is, is dié van die petrochemiese reus Sasol. Die aandeel is kwaai gestraf nadat Sasol ʼn bykomende $1 miljard vir die uitbouing van die Lake Charles-aanleg in Louisiana goedkeur het.

Sasol sê dat die aanleg waarskynlik $12,9 miljard sal kos – dus 50% meer as waarvoor aanvanklik begroot is.

Volgens berigte het die jongste aanpassing van uitgawes die begroting vir Lake Charles-aanleg benadeel en tesame met vertragings oor weersomstandighede, kan dit die kostes verder opjaag.

Sasol is een van die land se keuraandele en trek veral voordeel uit stewiger oliepryse en ’n sterk randwisselkoers.

Die Lake Charles-aanleg was veral daarop gerig om munt te slaan uit die buitelandse, en veral die Amerikaanse oliemark.

Die mede-uitvoerende hoof, Bongani Nqwababa sê Sasol is teleurgesteld oor die jongste verwikkelinge.

Hy het bygevoeg dat Sasol die nodige stappe sedert Februarie gedoen het om sy oorsig te verbeter. Hy sê die frekwensie om oor die projek se vordering te rapporteer, sal opgeskerp word.

Sodra die aanleg voltooi is, sal dit Sasol se mark in chemikalieë tot 70% verhoog.

Dat aandeelhouers ongelukkig is oor die nuus, is nie altemit nie. Sasol se aandeelprys was grootliks laer die afgelope week. Toe die nuus bekend gemaak is, het die aandeelprys 15% gedaal.

Volgens Sasol is die jongste styging in kostes te wyte aan hoër kontrakuitgawes, onvoorsiene werk wat gedoen moes word en die korreksie van beleggings wat gedupliseer is.

Sasol se destydse uitvoerende hoof, David Constable het in 2011 gewaarsku dat in die ergste geval kostes vir Lake Charles $11 miljard kan beloop.

Ontleders meen egter ten spyte van die terugslag, bied Sasol steeds goeie waarde vir aandeelhouers. Die maatskappy kan munt slaan uit stewiger oliepryse, die randwisselkoers en pryse vir sy chemiese produkte.

Ontleders sê sou Lake Charles begin produseer, kan dit Sasol net begunstig. Daar word geraam dat Sasol se prys met tot $80 kan styg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tinus

Ons wag nog vir die uitslag van die saak wat moet bepaal of dit regverdig is om Sasolaandele net vir swart werkers te gee. Dan kom hier n groot boikot teen Sasol as wit werkers benadeel word.

Leonard van der Dussen

Die Lake Charles-projek is interessant om te bestudeer as ‘n studie van megaprojekte. Dis uit ‘n wetenskaplike oogpunt jammer dat min besonderhede ooit in die openbaar sal kom. Dit is wel bekend dat heelwat Suid-Afrikaners van Sasol op die projek werk (meestal by die projek in die VSA), dat Sasol se Suid-Afrikaanse projekvennoot, Fluor, daarby betrokke is. Fluor is ‘n Houston, VSA gebaseerde globale ingenieursmaatskappy en het hulself in Suid-Afrika gevestig deur die groot projekte van die Sasol en Secunda-aanlegte en het dus al groot baat geving (geld gemaak) uit Suid-Afrika. Die projek klink na ‘n Suid-Afrikaner-faling wat nie goed… Lees meer »

John

Hierdie projek het ‘n Eskomklankie… Moenie verbaas wees as die spulletjie uiteindelik bankkrot speel en ‘n nuwe baas kry nie… Sasol se Kanadese baas se wortels lè naby aan die VSA-grens. Maar natuurlik is uitlanders altyd slimmer as eie werkers… en verdien altyd beter… meer…