Shoprite wil sy aandeelstruktuur vereenvoudig

Christo Wiese (Foto: ANA)

Adv. Christo Wiese, die stigter van die kleinhandelgroep Shoprite, gaan sy beherende aandeel in die winkelgroep verkoop. Shoprite sal die koper wees. Só sal Wiese ook sy stemreg vir Afrika se grootste winkelgroep opsê.

Die aankondiging is gemaak nadat Shoprite sy tussentydse uitslae vir die 2019-boekjaar uitgereik het. Die groep sê dat hy sy aandeelhoudingstruktuur wil vereenvoudig.

Shoprite sê hy is besig om met die 77-jarige Wiese oor die stap te onderhandel. Wiese was aan die stuur van die groep sedert sy ontstaan vyf dekades gelede en het veral sy strategiese rigting bepaal.

Hy was saam met Whitey Basson betrokke by die groep se uitbreiding in Afrika en het die OK Bazaars, wat die Hyperama ingesluit het, vir net R2,00 by die SA Brouerye gekoop omdat die winkelgroep se skuldlas so groot was.

Volgens kenners sal Wiese se stap Shoprite se aandeelhouding vereenvoudig. Tans het die groep ’n ingewikkelde aandelestruktuur.

Ofskoon Wiese net 16% van Shoprite se aandele besit, beloop sy stemreg ’n derde. Dit het soms tot onmin met aandeelhouers gelei.

Shoprite se bestuurshoof, Pieter Engelbrecht, sê die groep is juis die afgelope twee jaar besig om met aandeelhouers te praat oor die samestelling van die raad, sy betaling vir direkteure se beleid en die kapitaalstruktuur.

Kenners sê die aankondig was ’n groot verrassing omdat Wiese die groot dryfveer agter die groep was. Nadat Steinhoff se boekhouskandaal in Desember 2017 op die lappe gekom het, het Wiese bykans R4 miljard se Shoprite-aandele verkoop.

Wiese sê beheer word deur Thibualt Square Financial Services uitgeoefen met spesiale uitgestelde aandele.

’n Kwessie wat egter by aandeelhouers spook, is wat die waarde van die uitgereikte aandele gaan wees. Dit is teen een sent per aandeel uitgereik. Die uitgestelde aandele was op R4 miljard geskat toe Shoprite, Steinhoff en Steinhoff Africa Retail (Star) van die aandele verkoop het.

Vir die tussentydse periode het Shoprite se verkope met 0,2% tot R75,8 miljard verbeter. Sy bedryfwins het met 19% tot R3,3 miljard gedaal.

Die groep se verwaterde hooflynverdienste per aandeel het met 24,1% tot 398,5 sent per aandeel verswak.

Engelbrecht gee toe dat die groep se vertoning gedurende dié periode nie goed was nie.

“Dit het nie aan verwagtinge voldoen nie,” het hy gesê.

Volgens hom het valutabewegings en depresiasie in sy kernmarkte in Afrika, te wete Angola, Nigerië en Zambië hom gestonk. Hiperinflasie in Angola was ook ’n struikelblok. In Angola het die vorige jaar se wins van R552 miljoen tot ’n verlies van R62 miljoen gekrimp.

’n Staking by die groep se Centurion-verspreidingsentrum het ook ’n nadelige effek gehad. Die staking wat tussen Mei en Junie plaasgevind het, het ʼn 2%-verkoopsgroei beloop wat bykans R1 miljard gekos het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Oujongvrou ·

Nog een wat dalk die land gaan verlaat. As ek geld gehad het, het ek ook hierdie sinende skip vaarwel gese

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.