Só wil AngloGold Ashanti winsgewend bly

mynboubedryf-mynbouhandves-steenkool

Foto: Hangela/Pixabay.com

AngloGold Ashanti oorweeg talle stappe om die wêreld se derde grootste goudmyngroep vaartbelyn en op ’n winsgewende pad te hou. Die planne is deur sy nuwe bestuurshoof, Kelvin Dushnisky onthul. Die planne sluit in om sy goudmyn in Mali, wat hy gesamentlik besit, te verkoop.

Een van Dushnisky se eerste prioriteite is om na AngloGold se portefeuljemyne te kyk. Hy sê die 14 myne wat die groep tans besit, te veel is en dat “dit swaar weeg.”

Dushnisky, ’n Kanadees, volg vir Srinivasan Venkatakrishnan op. Dushnisky was voorheen werksaam by Barrick Gold, die wêreld se grootste goudmynmaatskappy. Hy neem by AngloGold oor te midde van talle suksesse wat Venkatakrishnan behaal het.

Dit sluit in ʼn program waarin myne verkoop of gesluit is om kostes en skuld te besnoei. Hy het ook beleggings ter waarde van $450-500 miljoen bekom om by die problematiese Obuasi-myn in Ghana goud te ontgin.

Dushnisky sê dat hy op kritiese kwessies wil fokus, insluitend hoe om die erts optimaal te ontgin en om myne se lewensverwagtinge uit te brei.

AngloGold se 14 myne is in Afrika, insluitend Suid-Afrika, Australië en Suid-Amerika.

In die kwartaal tot September het AngloGold 851 00 onse goud produseer teen $920 dollar per ons.

Deur die Suid-Afrikaanse myne wat of verkoop is of gesluit is, uit te sluit, het die syfers teenoor ’n jaar gelede uitgeblink. ’n Jaar gelede het produksie 853 000 onse vir die Septemberkwartaal beloop. Die kostes was $1 031 per ons.

Onder AngloGold se uitblinkers gedurende die genoemde kwartaal, was die Mponeng-myn naby Carletonville. Die myn is 4 km diep en die wêreld se diepste goudmyn.

“Ons oorweeg nie om Mponeng te verkoop nie. Dit het die potensiaal op ’n lang lewensduur en sy marges is besig om te verbeter,” het hy gesê.

Intussen het die eiendomsmaatskappy Redefine Properties se bruto dividend-betalings vir die eerste keer die R5 miljard-merk oorskry. Dit was vir die jaar tot die einde Augustus.

Die bestuurshoof Andrew Konig het tydens die groep se uitslagvoorlegging gesê hy was tevrede met die maatskappy se vertoning. Dit het aan sy markvoorspelling voldoen.

Die distribusie per aandeel was 97,10c per aandeel.

Konig sê ondanks die huidige marktoestande, weeg Redefine se suksesse goed teenoor die uitdagings wat die mark tans bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.