Spur toon weer groei maar houermaatskappy sukkel

Argieffoto

Die jongste maatskappyuitslae dui dat vuisvoos Suid-Afrikaanse verbruikers teen die planke is. En dit sypel deur na maatskappye wie se vertonings nie juis die wêreld aan die brand steek nie.

Voor aan die tou was die restaurantgroep Spur Holdings wie se tussentyde verdienste vir die periode tot einde Desember met 11,2% tot R83,9 miljoen verswak het. Die groep sê sy verkope het gedurende die periode met 4,8% tot R3,9 miljard rand gestyg.

Die handelsname wat Spur bedryf, is, onder meer, RocoMamas, Panarottis, Spur Steak Ranches, The Hussar Grill en John Dory’s.

Van die faktore wat uitgewys word die pap verbruikersbesteding en swak verbruikerstemming wat verbruikers druk, sluit, onder meer, in: die 1%-verhoging in belasting op toegevoegde waarde van 14% tot 15% gedurende verlede jaar se begroting; die skerp styging in brandstofpryse gedurende die tweede helfte van 2018 en die 25 basispunt-rentekoersverhoging deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank in November.

Sy verwaterde hooflynverdienste het met 10,9% tot 8,8 sent verswak. Die groep het voorsiening gemaak vir die afskryf van R7,8 miljoen vir buitengewone verliese.

Pierre van Tonder, bestuurshoof, sê dat daar was toenemende druk op verbruikers se besteebare inkomste.

“Boonop het ’n afname in verbruikersvertroue in die middelklas ook ’n groot basis van die groep se inkomste nadelig geraak,” het hy bygevoeg.

Spur se verkope het gedurende die periode met 4,8% tot R3,9 miljard verbeter. Hy het ’n tussentydse dividend van 63 sent per aandeel uitgekeer.

Van Tonder wys daarop dat handelstoestande gestrem was deur die huidige lae ekonomiese groeikoers in die land, wat druk op verbruikersbesteding gesit het.

Hy het bygevoeg dat daar ’n merkbare afname in voetgangerverkeer in winkelsentrums was wat Spur ook nadelig beïnvloed het.

Franchise-restaurantverkope het met 5,7% gestyg – grootliks weens ’n herstel by die Spur-ketting en ’n sterk vertoning van die The Hussar Grill.

Spur se verkope was 6,1% stewiger. Die groep se sy Spur-lojaliteitskaart, wat 1,2 miljoen lede het, tot die groep se groei in verkope gelei het.

The Hussar Grill se verkope het met 13,8% gestyg. Spur skryf dit toe aan die sterk finansiële posisie van die hoërinkomstegroep. Panarottis en Casa Bella se verkope het met 1,5% elk verswak, terwyl John Dory’s se verkope 0,8% swakker was.

Die groep se buitelandse verkope het met 12,1% gestyg. Hy het ook aangekondig dat hy verdere uitbreidingsplanne in die buiteland het. Sy buitelandse operasies is, onder meer, in Mauritius, die Midde-Ooste, Indië en Australië.

Gretige inkopiegangers buite Game in Mall of the North in 2017. Foto: Facebook via Game Stores

Massmart se vertoning was teleurstellend

Intussen het die JE-beurs kleinhandelswaargewig Massmart wat, onder meer, as Makro, Builders Warehouse, Game en DionWired handel dryf, aangekondig dat sy vertoning vir die boekjaar tot einde Desember teleurstellend was.

Sy hooflynverdienste het met 37,1% gedaal terwyl sy dividend per aandeel met 40,1% gesny is.

Guy Hayward, sy bestuurshoof, het die uitslae betreur en sê dit is veral negatief geraak deur die herstrukturering by Game wat R161 miljoen beloop het.

Massmart word deur die Amerikaanse kleinhandelkolos Walmart beheer. Die groep wys daarop dat handelstoestande in Suid-Afrika moeilik is en dat dit tot ’n afname in verbruikersvertroue gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

VLAKVARK ·

Ek boikot nog die plekke van dag een af. Danksy dit het ek die lekkerste en bedagsaame familie eetplekkies in my gemeenskap ontdek waar n mens tuis en gewaardeur voel.

Werner ·

Stem 100% Bly hulle het al die ander Spur filiaals hier genoem sodat ek seker kan weet ek ondersteun nie dalk per ongeluk vir Spur nie.

Naas ·

Van Tonder se konstante weiering om verskoning te vra vir sy rassisme het tot gevolg dat wit mense steeds nie by die Spur eet nie.

Grens ·

Naas, ek het onlangs in die Spur gaan eet en hy was propvol wit mense. Jy klop jouself verniet op die skouer oor die groot boikot van wit mense daar. Hulle is lankal oor dit.

Vlakvark ·

Ek boikot die groep vandag nog. Deur middle van dit het ek die mooiste en lekkerste klein familie eet plekkies in my gemeenskap ontdek waar mens welkom voel en top gehalte kosse.

Eish ·

Naas, .moenie namens my praat! Ons het heerlik geëet gisteraand by Spur met vriendelike kelnerin!

KM ·

@Eish, ek eet gereeld nog by die Spur, en geniet dit elke keer meer en meer, het my stoor manne wat so 28 is ook Spur toe gevat. Keep it up Spur!

SjN ·

Ek glo dit is elkeen se persoonlike reg en besluit om daar te eet of nie, ek het my besluit die tyd geneem en volstaan daarby.

Allan ·

Ek het ook nog nooit weer daar geeet nie. As my blanke vel nie goed genoeg is nie, dan is my geld ook nie. Punt

SeeJay ·

@Allan, ons local Spur stel 80% blanke waiters aan, en daar is minstens nog 4 Spurs van wat ek weet, 2 van die 4 het toegemaak, so ek hoop almal wat so geboikot het, besef hoeveel blanke werkers (sonder enige ervaring of grade, studente, skoolkinders) hul werk verloor het, hoeveel blanke skole sport hul sponsorships verloor het, self kinderhuise wat nou nie meer skenkings ens ontvang nie, eks bly die Afr Saffas is trots hierop.

willem Botha ·

Ek boikot nog steeds die spur en was nog nooit spyt nie,maar afrikaners staan mos bekend dat hulle hul siele sal verkoop vir n bordjie lensie sop of in hierdie geval n vark ribbekie

Nettie ·

Nee wat, sedert daai rasse-ding en Van Tonder se duidelike, blatante hardekwas houding daaromtrent, het ek nog nooit weer my voetjies in Spur, Panarotti’s of ‘n John Dory’s gesit nie en so sal dit bly. Selfs as ek ‘n Spur-advertensie sien, verander ek sommer van kanaal …..

Siener ·

Gelukkig is ek aan beter kwaliteit diens en kos gewoont. Nee dankie Spur, ek sal julle lewenslank boikot. My geld word baie beter spandeer aan my eie mense se eetplekkies. Die ander mense wat aan minder gewoont is kan julle maar ondersteun.

Anoniem ·

Ek boikot hulle nie en het nog altyd geniet om by hulle te eet maar hul pryse raak nou baie hoog en kan dit net nie meer bekostig nie

Leeu ·

Die mindset van n Saffa – Ons boikot Spur, maar gaan eet nog by Rocomamas, Panarotis, John Dory’s en en en LOL.

O aarde ·

Leeu, ek eet ook nie by enige van hulle nie. Die oorgrootte meerderheid van ons kan lees en die Indiaanse Ribwinkel se grootbaas het mos gesê ek en my soort is nie welkom nie. So, nag ou grote.

Wielspore ·

Net so ‘n terloopse opmerking oor ons huidige ervaring oor die kleinhandel en eetplekke
Spur Nelspruit omgewing – Te duur en swak diens
Wimpy Nelspruit omgewing – Te duur, nie waarde vir geld
SPAR Nelspruit omgewing – Beste, puik diens, skoon, vriendelik…
Mr Price Nelspruit omgewing – Vuil winkels, swak diens, items het nie pryse
Makro Nelspruit – Baie duur geword, werkers speel heeldag op hul selfone en help nie kliente, vooraad word nie aangevul (is beskikbaar)
Game Nelspruit – Vuil winkel, swak diens, lang rye by betaalpunt.
Builders warehouse – Duur, goeie diens, groot keuse, vriendelik.
Burger King – Goeie pryse, goeie diens.
KFC – Vuil winkels, swak diens, toilette vrot – Nelspruit
Mc Donalds – Redelik tot goed
Fruit and Veg – Goeie diens, raklewe nie te goed.
Mr Price Sport – Puik
Pick & Pay Riverside Mall – Swak diens – koop glad nie meer daar, al was dit ons kruideniers winkel.
Pep – Ja pep, goed
Checkers – Goed
BUCO Nelspruit – Puik
TWT Nelspruit – Puik
Goldwagen Nelspruit – Wees bereid om te wag vir diens.
Alan Hudson VW handelaar – Puik
Lisensie kantore – Gesluit, maak vroeg toe.
Toyzone – Duur, skoon winkel, vriendelik
Mopani Apteek – Puik, puik, puik.
Na my mening koop verbruikers waar hulle goeie diens kry, eetplekke het net te duur geword, winkel groepe ook.

Melanie ·

Duidelik is daar erens groot fout met ons ekonomie. Ek het onlangs twee loodgieters elk gevra om ‘n kwotasie. Hulle het terselfdertyd opgedaag en ‘n onderonsie het tussen die twee ontstaan. Ek moes inderhaas van albei ontslae raak en ‘n ander loodgieter gevra om die werk te doen.

Jacques du Toit ·

Franchise eetplekke (nie net Spur nie) se kos kan nie met ‘n privaat restaurant s’n vergelyk nie.
Jy hoef nie ‘n chef te wees om ‘n franchise oop te maak nie, om die waarheid te sê, jy hoef niks van kosmaak te weet nie. Alles word vir jou gegee, die spyskaart en resepte. Geen kreatiewe denke word benodig nie.
Om ‘n privaat restaurant oop te maak en jou eie unieke spyskaart saam te stel, vereis wel ‘n deeglike kennis van kos.
So dis hoekom ek GEEN franchise eetplekke ondersteun nie, slegs privaat restaurante.

Fynproewer ·

Ek stem heelhartig saam Jaques. Hier in Pretoria is daar baie van diesulkes en hoef jy nooit by ‘n restaurant kettingwinkel te gaan eet nie.

Jan Alleman ·

Hier is ‘n gat in die ekonomie wat deur massa emigrasie veroorsaak word. Niemand kry die klou by die oor nie. Dalk word die data weerhou? Die ekonomie kwyn. Die belastijng betaler poel is erg aan die kwyn. Hier is groot moeilikheid.

Ramkat ·

Boikot hulle van dag een af en sal nooit weer hulle ondersteun nie.

Taalgogga ·

MM kyk net na die berig hierbo. BTW het van 14% na 15% gestyg en nie van 4% af nie.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Taalgogga

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Dit moet inderdaag 14% wees. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

pieter ·

waar ons bly is daar geen blankes wat daar werk kry nie .
selfde by woollies, maar daar koop meeste met blankes . hulle employ geen blankes nie maar word ondersteun deur blankes . die volk soos ,julle self noem het geen rugraat nie .
jammer maar dis waar.

Judge Dredd ·

Die 2 Spurs by my stel deesdae net swartes aan, selfde met John Dory en Pannarottis.
1 Spur/john Dory en Pannarottis is binne hoofsaaklik wit area – Maar liegbek van Tonder preek mos hoe hulle die plaaslike gemeenskappe ondersteun.

Ek ondersteun nie meer liegbek van Tonder en Spur Holdings.

Swartbees ·

Ek boikot Spur nie, hulle kos se gehalte en prys hou my weg van hulle af.

gunston ·

Die Spur by my probeer baie hard om hulle blanke kliente terug te kry, Solank Van Tonder by Spur is , gaan hulle swaar trek. Die gemors moet maar vertrek en mielies teen die paaie gaan braai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.