Telkom beïndruk die markte

Argieffoto.

Suid-Afrika het ʼn nuwe gunstelingaandeel, naamlik Telkom. Die aandeel se opgang word grootliks deur aandeelkenners verwelkom en as ʼn sukses tussen die privaat en openbare sektor gesien.

Telkom se meerderheidsaandeel is die staat. Die finansiële joernalis Bruce Whitfield sê daar is baie lesse te leer vir die staat uit Telkom se opgang.

Telkom het die afgelope week sy spiere gebult en in een stadium met meer as 7% gestyg nadat hy sy teenstanders Vodacom, MTN en CellC op hul neuse laat kyk het.

Die aandeelprys het die afgelope week met 9,85% verstewig. Telkom het bygevoeg dat hy sy aktiewe intekenare met 85,9% tot 9,7 miljoen kliënte opgestoot het.

Die maatskappy sê bykomend is dat sy arbeidsmag met 13% tot 15 390 werknemers gesny is die afgelope boekjaar. Die afgeskaalde arbeidsmag en vrywillige aftreeplanne het R728 miljoen gekos.

Die groep het aangekondig dat sy bedryfsinkomste met 3% tot R41,8 miljard verbeter het. ʼn Jaar gelede het dit R39,6 miljard beloop. Telkom sê sy wins is grootliks deur vraag na mobiele dienste gestimuleer.

Sy inkomste uit mobiele dienste het met 58,3% tot R5,1 miljard gestyg.

Telkom se bestuurshoof, Sipho Maseko, sê dat hy nou ’n vennoot soek namate hy meer plek vir die nuwe 5G-torings soek. Telkom is ook besig om van sy eiendomsportefeulje, wat nagenoeg R12 miljard geraam is, ontslae te raak.

Volgens die jongste gegewens besit Telkom 1 330 vaste eiendomme landwyd.

Maseko het bevestig dat Telkom in die mark is om sy winsgrense op te stoot. Volgens hom word verskeie oorwegings hieraan geweeg. Dit sluit in vennootskappe met die private sektor in.

Ontleders meen sou Telkom suksesvol wees met sy planne vir die Telkom-maste en -torings, die weg gebaan kan word vir nog stewige winsgrense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Reinhardt ·

Kyk nou net hoe goed doen ‘n maatskappy as hy nie meer die monopolie het nie.

Pik ·

As hulle diens ook net so goed kon wees sal hulle nog beter doen

kolla ·

Ek gebruik nou al vir enkele jare Telkom Mobile vir internet en oproepe. Ek moet sê, ek het geen klagtes nie en hul mo’nice aanbiedings is fantasties.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.