Vyf vrae om te bepaal of jou adviseur sy sout werd is

Thys van Zyl, hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth (Foto verskaf)

Thys van Zyl, hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth, een van Suid-Afrika se snelgroeiendste beleggingsfirmas, bespreek vyf vrae wat beleggers aan hul finansiële adviseurs moet stel.

Om te bepaal of jou adviseur sy sout werd is, is deesdae ʼn vereiste vir finansiële gemoedsrus. Die rol van ʼn gesoute adviseur is om deurlopend hul kliënte met omvattende raad uit ʼn proaktiewe beleggingsplan te bedien. ʼn Gesoute makelaar wil juis hê dat kliënte vrae moet vra en moedig stimulerende interaksie aan om kennis te verbreed en ingeligte besluite te fasiliteer.

Everest Wealth stel voor dat voornemende beleggers die volgende vrae vra wanneer hul ʼn finansiële adviseur oorweeg, of selfs ʼn alternatiewe beleggingsplan oorweeg:

  • Hoe beïnvloed my risikoprofiel my opbrengs?

Die algemeen aanvaarde ideologie is dat alle beleggings iewers op ’n kontinuum tussen die keuse van konserwatiewe en aggressiewe beleggingsopsies lê. Die risikoprofiel van ʼn voornemende belegger verwys na die risiko wat die belegger se portefeulje vir die belegger inhou, met ander woorde, is daar ʼn hoë risiko in die aard van die beleggings, of is die beleggings konserwatief van aard met ʼn matige aard van risiko? Soms kan ’n konserwatiewe belegging riskant wees, bloot omdat jy te min risiko neem om die nodige opbrengs te behaal om selfs inflasie te oorkom. Met ‘n aggressiewe belegging kan die risiko weer te groot wees omdat ʼn belegging moontlik te groot spronge vorentoe en agtertoe kan maak met moontlike groot verliese.

Beleggers moet hul adviseurs oor hul persoonlike risikoprofiel uitvra, wat hul risiko behoort te wees en hoe dit bereken word. Beleggers moet ook hul finansiële adviseur vra om hul breedvoerig oor die verskil tussen lae, medium en hoë risiko’s wat beleggings aanbetref in te lig.

  • Wat is die impak van kostes op my belegging?

Industriereëls vereis dat finansiële adviseurs alle kostes verbonde aan beleggings aan kliënte bekend maak. Die kostes kan adviseurs se kommissiefooie, fondskoste, administratiewe fooie, kansellasiefooie, verhandelingskostes en onttrekkingsfooie insluit. Daar is selfs kostes wat met die verskillende tipes fondse waarin belê word gepaardgaan, en kan die skuif tussen fondse ook koste-implikasies inhou. Kostes het eindelik ʼn groot invloed op jou werklike opbrengste en moet beleggers altyd hul adviseurs hieroor uitvra om deeglik van die verskillende kostes bewus te wees.

  • Hoeveel jaar sal dit neem om my geld te verdubbel?

Het jy al saam met jou adviseur uitgewerk hoe lank dit sal neem om jou belegging te verdubbel met die belegging se gemiddelde groeikoers tot op hede? Elke belegger moet onthou dat hul finansiële adviseur se doelwit moet wees om hul beleggings jaar na jaar te laat groei, selfs met die vooruitskatting om dit in die toekoms te laat verdubbel. Vra jou adviseur wat hul proaktiewe plan is om jou belegging se groeikoers so hoog as moontlik te hou.

  • Hoe gereeld moet my beleggingsplan hersien word?

Beleggers moet bewus wees van die faktore wat ʼn invloed op hul beleggingsplan kan uitoefen, en is dit die rol van die adviseur om hierdie faktore te identifiseer en as deel van die hersieningsplan te inkorporeer. ʼn Mediumtermynplan moet ten minste elke ses maande hersien word indien dringende ingrypings nie van toepassing is nie. Vra jou adviseur wanneer die huidige plan hersien gaan word en watter tendense en faktore ʼn invloed op die prestasie van jou portefeulje het, asook hoe die reaksieplan lyk indien daar wesenlike risiko ontstaan.

  • Hoe lyk ʼn ander opsie as die een wat tans voorgestel word?

Beleggers moet van hul adviseurs kan verwag om meer as een beleggingsplan voor te stel. Daar is meer as een opsie wat vir ʼn belegger waarde kan ontsluit, en sal dit tot jou voordeel wees om van ander moontlike beleggingsplanne voorsien te word. Die diversifisering van verskillende beleggingsopsies is direk aan sekere risikofaktore gekoppel wat op die spesifieke fonds waarin belê is inspeel, byvoorbeeld sekere fondse sal meer sensitief wees vir veranderings in geldeenhede, terwyl ander weer meer sensitief op regeringsaankondigings kan reageer.

Goeie finansiële adviseurs fokus ook op verantwoordelike raad om hul kliënte se tevredenheid te verseker en langtermynverhoudings ten bate van beide partye te vestig en te onderhou. Moenie skroom om hierdie vrae aan jou adviseur te stel nie, en bepaal só of jou adviseur sy of haar sout werd is.

Kontak Everest Wealth gerus vir kundige advies op 0876548705, of per e-pos by [email protected], of besoek die webwerf by https://everestwealth.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hardekwas ·

Ek belê eerder my eie geld. My opbrengste wass nog altyd baie goed, en daar is geen kommissie en “administratiewe fooie” nie.

Ek kan ·

‘n Sekere versekeringsmaatskappy het vir my ‘n adviseur aangewys toe my annuiteit verval, klaarblyklik kon ek nie self sê wat ek wil doen nie. Die man het totaal onvoorbereid by my aangekom, hy het my die grootste klomp snert vertel aangaande hoe die belasting werk, hy het nie ‘n idee gehad van verdere beleggingsopsies nie, hy het nie eens geweet wat die annuiteit se waarde is nie. Al wat hy by hom gehad het, was die jaarlikse staat wat ek in elk geval ook ontvang.

koos ·

Die vorige kommentare wys daarop dat hierdie CFPs net geldwolwe is, wat agter ‘n glimlag skuil. Dit is ook ongelukkig my ervaring met hierdie mense. En as jy my nou goed wil opkook, noem net die naam “Glacier” naby by my. Die probleem is dat hierdie CFPs se slagoffers besluite neem wat hulle op hulle oudag duur te staan gaan kom. Is dit darem nie harteloos nie? En die CFP weet dit.

Wielspore ·

Ek het ons adviseur die deur gewys nadat hy die eerste afspraak by sy kantoor misgeloop het en daaropvolgende afspraak was hy laat omdat dit nie in sy dagboek aangeteken was. Gevolglik het ons R700 000 deur iemand ander belê. Die saak is gerapporteer wat sy dienste onderskryf en die het ons toe na die versekeraar verwys. Die versekeraar het die adviseur se valse weergawe geglo en kortliks ons geantwoord dat adviseur volgens protokol opgetree het. Al ons beleggings is by die versekeraar ontrek.

Adelaide ·

Nee wat. Geen adviseur naby my geldjies nie. Te veel skelms daarbuite. My bank vertrou ek meer met my belegging

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.