Waarheen is SA se ekonomie op pad?

Foto: Pixabay

Die kredietgraderingsmaatskappy Moody’s Investor Services is daarvan oortuig dat die trae Suid-Afrikaanse ekonomie waarskynlik vanjaar in ʼn resessie sal verval.

Suid-Afrika het in die eerste helfte van 2018 ook in ʼn tegniese resessie verval. Beter groeisyfers het egter die nasionale rekeninge in die tweede helfte ondersteun. Die groeisyfers was egter teleurstellend en volgens ekonome en ontleders is die BBP in ʼn swak terrein en kan nie help om die land se swak werkloosheid en trae ekonomiese groei hok te slaan nie.

Kwessies waaroor die Suid-Afrikaanse finansiële owerhede sal moet besin, is (onder meer), rentekoerse, hoe om markte oop te stel en politieke inmenging te verminder.

Twee van president Cyril Ramaphosa se vertrouelinge, Pravin Gordhan en Gwede Mantashe, is onder meer as die twee grootste sondaars uitgewys. Mantashe veral omdat mynbou so swak gevaar het terwyl daar nog ʼn storm oor die Mynbouhandves woed.

Gordhan se gewildheid het afgeneem weens sy beweerde inmenging met die daaglikse operasies by die SAL en Eskom. Beide maatskappye, wat erg onder hul skuldladings sukkel, se bestuurshoofde het bedank en Gordhan se inmenging vir hul besluite blameer.

Moody’s bly egter optimisties oor die beleidsrigting wat Ramaphosa inslaan. Die maatskappy is steeds die enigste kredietgraderingsagentskap wat Suid-Afrika positief gradeer. Sy ewe knie, Fitch en Standard & Poor’s het die land op ʼn negatiewe gradering.

Al drie hou die land dop om te sien wat Ramaphosa later in sy staatsrede sal aankondig. Die jongste staatsrede behoort in Junie plaas te vind as deel van die opening van die sesde parlement. Daar is ook kommer of daar vinnig genoeg teen korrupsie en staatskaping opgetree sal word.

Moody’s sê hy verwag dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank so vroeg as volgende maand rentekoerse sal knip. Dit is ʼn stap wat daarop gemik is om nuwe lewe in die ekonomie te blaas.

Volgens die graderingsmaatskappy is daar ’n kans dat die ekonomie in ʼn tegniese resessie kan verval ná die skok van die BBP-gegewens vir die eerste kwartaal.

Dit skryf die trae groeikoers toe aan die papper ekonomie wat veral deur Eskom se beurtkrag gestrem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gemaskerde Sopbeen

Goeiste!!! NOG ‘n artikel wat “doom & gloom” voorspel en die simptome van die siek ekonomie presies uitstippel……..maar NêRENS vir die land se mense sê WAT om te doen om die ekonomie te laat groei nie!!! Moenie vaag wees, en aanbevelings maak nie…..red die ekonomie en Sê vir die land se mense WAT om te doen om die ekonomie sterk te maak. Teveel mense kry hopeloos teveel geld vir hopeloos te min werk………..As dit die waarheid is, waarom word NIKS gedoen om dit te verander nie? Ons sit en kla en krepeer…..en NIEMAND het die “guts” om op te staan… Lees meer »

sweis

Die ekonomie is net een plek oppad heen en dit is af,skrap die swart bemagtiging en regstellende aksie sodat almal regverdig kan meeding vir besigheid en sien hoe draai die ekonomie CR ken van Bee vernoot wees maar nie veel van hoe om besigheid op jou eie te begin nie.

honourable member

Laat my dink aan daai song “we’re on a road to nowhere” . Tragies maar waar.

Gert

Basies, nes die res van afrika…. agteruit agteruit agteruit – maar die NIE hulle eie skuld nie, dis ALTYD die wittes of die weste se skuld.

Andreas

Wat van hierdie onderstaan berig vanoggend in Beeld?

“Miljarde rande vloei uit SA soos buitelanders ‘vlug’

In die grootste storting van staatseffekte deur buitelanders nóg op een dag, het R9,6 miljard landuit gevloei.”