Staatmakermaatskappye toon goeie winste

Ofskoon Suid-Afrika ’n resessie betree het, het van sy staatmakermaatskappye goeie winste in dié periode aangeteken. Dit ondanks uitdagings wat handelstoestande bemoeilik het.

Van die uitdagings sluit in die swakker Rand, tam ekonomie en papper verbruikerstemming.

Sanlam, nou die land se grootste versekeraar, het aangekondig dat sy wins met 10% gestyg het in die tussentydse periode wat in Junie geëindig het. Die maatskappy sê daar was redelike sterk aktiwiteite in die buiteland.

Die maatskappy het die uitslae as ’n aanvaarbare bedryfsvertoning beskryf. Sanlam gee toe dat bedryfstoestande gedurende dié periode uitdagend was.

Van die faktore wat die maatskappy moes oorbrug het, sluit in ’n sterker rand aan die begin van vanjaar, markonbestendigheid, swak verbruikers-sentiment en die swak Suid-Afrikaanse ekonomie.

Die groep se verdienste het met 12% tot R5,12 miljard gegroei. Nuwe sakevolumes het met 1% verswak.

Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van Spur. Foto: http://www.spurcorporation.com

Intussen het die restaurantkettinggroep Spur aangekondig dat sy omset met 3% tot R667,2 miljoen verbeter het. Sy bestuurshoof, Pierre van Tonder, sê dit dui daarop dat verbruikers onder enorme druk is en hul besteebare inkomste kieskeurig gebruik.

Wins voor belasting het met 9,8% tot R231,4 miljoen gestyg.

Van Tonder het ook te kenne gegee dat die dat Roco Mamas die sterk uitblinker in die stal was gedurende hierdie periode. Die groep beoog om nuwe Roco Mamas in Indië en Saoedi-Arabië te open.

Van Tonder sê dat Spur vanjaar 14 nuwe restaurante in die buiteland sal open en 29 in Suid-Afrika.

Roco Mamas se verkope het met 31,5% gestyg, terwyl Spur se verkope met 2,8% verswak het.

Die bou van ʼn sterk kliëntebasis het die First Rand-bankgroep onderskraag. Die groep dryf, onder meer, handel as Rand Merchant Bank (RMB), Wesbank en First National Bank (FNB).

First Rand sê dat sy wins met 8% tot R26 miljard gestyg het in die jaar. Die groep sê die sterk uitslae is verseker deur die groei in sy kliëntebasis by FNB. Dit het tot oor 8,1 miljoen kliënte opgeskiet. FNB se bydrae tot First Rand se wins was 57%.

Die groep het ʼn dividend van 275c per aandeel verklaar.

Die bank se verbruikers is onder druk. Dit is te sien aan Wesbank se bydrae wat negatief gegroei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Katrynkie ·

Al is Sanlam die land se grootste versekeraar sal ek nooit weer gebruik maak van hulle dienste in die toekoms nie. Swakste diens wat ek ervaar het die afgelope paar maande…

Ronaldes ·

Ek stem 100% Saam hulle sal enige verskoning uitdink om nie uit te betaal nie. Kry buite assessors sodat die een die ander Kan blameer oor hoekom die eis nie Uit betaal Te word nie.

LouE ·

Ek hou van julle byvoeglike naamwoorde SWAK, TAM en PAP in die tweede paragraaf. Klink asof ons ekonomie deur die ‘three stooges’ aangeval word!

Ralph ·

Swak swak Sanlam. Voorsien lenings teen 23% rente terwyl n belegging by Sanlam slegs met 3% groei oor 2 jaar. Skande dan wil hul spog met hul “groei”.

Cherokee ·

‘Sanlam nou die grootste versekeraar..’? Ek daag Yuri Thumbran en Maroela Media om dit te bewys. Ou Mutual was oor die jare byna 3 maal die grote van Sanlam en skielik is Sanlam die grootste? Is dit omdat Ou Mutual se hoofkantoor oorsee geskuif is dat julle hierdie bewering maak? Verduidelik asseblief.

Adam ·

Cherokee, Sanlam se premieinkomste was al in die 80″s meer as die van Old Mutual, alhoewel Old Mutual se batewaarde destyds meer as die van Sanlam was. Interressant ook was die feit dat verskillende metodes gebruik is om die waardes te verklaar. Sanlam se bates was anders as in die geval van Old Mutual, nie op markwaarde gebaseer nie. Ek hoop dit help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.