Stryd heers oor die beheer van kitskos-handelsmerk

Argieffoto.

Wie sou kon dink dat daar ʼn oorlog in die kleine kon heers oor ʼn sappige biefburger? En tot die soet van Dunkin’ Donuts kon nie die minderheidsaandeelhouers tevrede stel en hulle paai nie… Hulle is sommer omgekrap oor hul burger. Dit lyk egter of die vlieg in die salf juis daardie soet versnaperinge van Dunkin’ Donuts is.

Die kleine oorlog gaan oor die minderheidsaandeelhouers in Grand Parade Investments, wat ongelukkig is oor hul opbrengste. Hieroor is ʼn voorstel ingedien en aanvaar om ʼn buitengewone algemene vergadering te hou. Dit is om vier nuwe uitvoerende direkteure te kies.

Die stigter en voorsitter van Grand Parade Investments, Hassen Adams, is egter omgekrap oor die skuif en sê dat die minderhede ʼn vyandige oorname van die maatskappy wil bewerkstellig. Die minderhede hou saam 12,5% van die maatskappy se aandele.

Volgens ʼn kennisgewing wil die minderhede die nuwe direkteure aanstel om vaardighede en onafhanklike oorsig in die maatskappy en sy bestuur uit te brei.

Maar volgens Adams het hy die olyftak uitgehou. Hy het voorgestel dat twee pleks van vier nuwe direkteure aangestel word. Maar dit blyk nou of Adams sy moue opgerol het vir ʼn harde raadskamergeveg.

Hy het die beleggingsmaatskappye gekontak wat die mosie steun deur te sê die proses is besig om blouboordjiebeleggers te benadeel.

In die jaar tot Junie het Grand Parade se wesensverdienste tot 41 miljoen gekrimp teenoor die vorige jaar se verlies van R20,1 miljoen. Burger King se verliese het van R41 miljoen tot R29 miljoen tot verklein.

Dit is egter verliese by Dunkin’ Donuts, Baskin-Robbins, Mac Brothers en die nuwe Grand Bakery wat verliese vergroot het. Die dobbelbesigheid se bydrae het met 13% van R105 miljoen tot R117 miljoen gestyg.

Wat Adams dalk kan troef, is dat die maatskappy se aandeelprys van ʼn hoogtepunt van R7,50 in 2014 tot ʼn laagtepunt van R2,05 gedaal het. Boonop het die maatskappy vanjaar ʼn dividend van 11,5c per aandeel uitgekeer wat die helfte minder was as verlede jaar s’n.

Die aandeelhouers wat die voorstel ingedien het, is Denker Capital, Kagiso Asset Management, Westbrooke Alternative Asset Management, Rozendal Partners en Excelsia Capital.

Grand Parade is ʼn swart beleggingsmaatskappy. Dit is in 1997 gestig om as vennoot met Sun International te werk om laasgenoemde se SEB se telling in die Wes-Kaap op te stoot. Die Grand Parade het in 2008 op die hoofbord van die JSE noteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet Pompies ·

Dit sal nogal sleg wees as BK sy deure sou sluit, die agentskap hier in Nelspruit lewer goeie diens. Los die kantoor politiek en fokus op goeie produkte vir kliente en verkope, sukses sal wel volg

NADS ·

ag wat de hel…. as daar niks politiek is ni maak ons politiek… daai donuts is heerlik is al wat vir my saak maak hehehe soos bo genome… goeie produk… gelukkige klient

Oljetter ·

Burger King maak die treurigste burgers denkbaar. Die prentjie op die spyskaart en dit wat jy kry is twee verskillende planete. As daar aandag geskenk word aan die kwaliteit van hulle kos sal die verliese moontlik krimp.

linda in limbo ·

nie net koop ek elke vrydag aand die R55 special nie ek koop ook die chicken fries en onion rings
at least spoeg niemand op dit en dis so yummy en vars
hulle diens is 10 keer beter as McDondalds sin en die kos is altyd warm
nog nie die doughnuts geproe nie

GM ·

Soos met elke ‘Franchise’, gaan dit maar oor WAAR jy koop. Die eerste keer wat ek Burger King ondersteun het, net nadat hul oopgemaak het in S.A., was hul burgers smaakloos. Ek het onlangs eers besluit om hul nog ‘n kans te gee -in ‘n ander dorp. Hul diens was flink, die kos was vars, en ek is nou ge’hook’.

Ek kan nie help om die laaste paragraaf te lees en te grinnik nie. Die land kon soveel beter af gewees het as almal op meriete aangestel was, en hul die kleur-obsessie ter syde stel. Dis reg as ‘n persoon net ‘n sekere ras wil aanstel, maar dan moet elkeen daardie reg hê om dit te doen., en die persoon moet die werk kan doen, nie die instansie in die grond in dryf net oor hul polities korrek probeer wees nie.

Gemors kos ·

Dit is alles net ongesonde gemorskos en die donuts is net ‘n klomp suiker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.