Sukkelende staatsbeheerde ondernemings soek geldinspuiting

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings (Foto: ANA)

Die regering is besig om hoed in die hand by handelsbanke aan te klop vir geldelike steun vir die land se sukkelende staatsbeheerde ondernemings (SBO’s). Hieronder tel Eskom, SAL, Denel, SA Express en Prasa.

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, en die adjunkminister van finansies, Mondli Gungubele, is opdrag gegee om befondsing vir die ondernemings te soek. Daar is nie in die begroting vir hul geldsake voorsiening gemaak nie. Die begroting is opgestel om  graderingsmaatskappye te paai.

Ontleders wys daarop dat SBO’s se finansies beroerd is ná die beweerde staatskaping wat gedurende president Jacob Zuma se ampstermyn plaasgevind het.

Gordhan en Gungubele het bankhoofde en batebestuurmaatskappye die afgelope week besoek.

Verskeie SBO’S het geldinspuitings nodig, waarvan Eskom en die SAL die mees dringendste. Eskom het twee weke gelede aangekondig dat hy in die proses is om finansieel te stabiliseer voordat by buitelandse en binnelandse kapitaalmarkte gaan nader vir kontantinspuitings.

Volgens een ontleder het die stakings by Eskom oor loononderhandelinge egter die prentjie versuur.

“Beleggers hou nie van die boewery wat hom by Eskom afgespeel het nie.”

Gordhan en Gungubele se vergaderings met die geldlui behels ook om oplossings te vind vir die herstrukturering van SBO’S.

Ontleders wys daarop dat die vergaderings genoodsaak word omdat banke nog nie hul verbod op lenings aan staatsondernemings opgehef het nie. Dit is veral Eskom wat hierdeur geraak word. Boonop word regeringswaarborge vir SBO’s nou betwyfel.

Die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa), die Vereniging vir Spaar en Belegging (Asisa), die tesourie en die departement van openbare ondernemings sal vandag ’n verklaring uitreik oor hoe ver die proses gevorder het.

Van die SBO’S wat volgens ontleders “terminaal” siek is, is Eskom, waar loononderhandelinge aan die gang is. Eskom bied ’n loonverhoging van 4,7% aan, terwyl vakbonde ’n loonverhoging van ten minste 9% eis. Die SAL en Denel word ook as uiters “siek” beskou.

Denel moes onlangs by die regering aanklop om salarisse te betaal. Dit is nou die geval van SA Express waar Junie se salarisse by die regering geleen moes word.

SAL het planne beraam om kostes te sny, maar dit word kwaai teengestaan deur vakbonde.

Eskom, veskeie vakbonde waaronder Solidariteit, sal na verwagting hul loongesprekke vandag voortsit.

Eskom se woordvoerder Kulu Phasiwe sê Eskom se raad gaan vandag ’n buitengewone vergadering hou om die unies se looneise te bespreek.

Ontleders sê Eskom is bedag daarop om enige ontwrigtings, soos twee weke gelede voorgekom het, uit te skakel. Dit het groot druk op elektrisiteitvoorsiening gelaat voordat Gordhan op die laaste nippertjie ingegryp het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan ·

Presies wat met NHI gaan gebeur…..dit gaan n diep donker put wees wat SA se geld gaan sluk….

Will ·

SBO’s kan miljarde se geldinspuitings kry, maar hoe meer geld, hoe meer stakings vir verhoogde lone terwyl produktiwiteit jammerlik faal. Die doring in die vlees van die SA ekonomie is die vakbonde wat die septer swaai. Waarom nie die vakbondbase versoek om instansies te nader vir befondsing nie? Uiteraard is dit hulle eie voortbestaan wat daarvan afhang.

marous ·

As daar by privaat instansies gebedel word , beteken dit die staatskas is totaal bankrot . Dit is ook waarskynlik dat die staats pensioen fonds ook in sy peetjie is. Een vraag ou pan – wat se sekuriteit gaan julle bied en hoe gaan julle dit terug betaal ?

John ·

… en ons geliefde en wyse minister Gordhan dra nou skynbaar nou ook ‘n keppie. Die siek staatsmaatskappye wil seker inboek by ‘n ryk private kliniek om die hand te le op die 65 mijard pilletjies vir beterskap.

Johan H. ·

Eeers as zuma en al sy krimeneel vriende in die tronk is sal dit begin beter gaan,,MAAR hul almal !! nie net die klein vissies soos daardie Genl, Lamoer nie!! Dit sal ook n teken wees dat die nuwe regering ernstig is korrupsie ,, DAN eers sal die wit man se geldlaaie weer oopgaan,,,

Hahahaha ·

Hahahaha, that’s what happens when: Ignorance is bliss.

wraggies ·

Gulde geleentheid vir die instansies wat hulle die geld leen om op ‘n (hele) paar veriestes aan te dring, as hulle nie wil nie laat hulle maar aansukkel.

Casper Labuschagne ·

Op Politicsweb is daar vandag ‘n artikel deur John Kane-Bernman waar hy vir Trevor Manual aanhaal waar daar in 1996 geen staatsbeheerde onderneming was wat staatshulp nodig gehad het nie, maar waar sulke hulp vandag die grootste laste op die huidige balansstaat verteenwoordig. Almal praat oor die simptome maar die oorsaak wat postkoloniale verval is, word deurgaans verswyg.

Postkoloniale verval kom voor wanneer ‘n meritokrasie, oftewel ‘n stelsel wat op meriete en bevoegdheid gevestig is, vervang word met ‘n kakistokrasie, oftewel ‘n administrasie deur die slegste en mees onbekwame persone. Vergelyk die kurwe van ‘n bal wat in die lug in opgegooi word, en waar die meritokrasie aanvanklik opwaartse stukrag verleen, maar namate aanstellings asook bevorderings plaasvind wat op ras, geslag, lojaliteit aan die regerende party of as beloning vir die aandeel in die bevrydingstryd gevestig is, neem bevoegdheid af. Na ‘n kortstondige ewewigtigheid waar ‘n omkeer nog moontlik is, verlaat die laaste elemente van bevoegdheid die onderneming, en word die afwaartse kurwe al hoe sneller en meer onvermybaar.

In SA se geval het hierdie kurwe twintig jaar geduur maar ons weet almal waar die einde van die kurwe sal wees vir staatsondernemings. Tans is hul finansiële toestand so haglik dat die regering nie mag toelaat dat enige van die staatsondernemings sou misluk nie, want dit sal ‘n stormloop van paniek veroorsaak wat verskeie ander ook sal laat ineenstort en sodoende sal die land afgegradeer word tot ‘n daadwerklike piesangrepubliek.

Hennie Theart ·

Geen geld moet na die staats beheerde instansie gaan nie, want dit sal weer net op ‘n kaping uitloop.
Privatiseer die ondernemings en skop die vakbonde uit. Hulle is deels verantwoordelik vir die toestand in die land.
As hulle nie hul sin kry nie word daar gestaak en afgebrand.
Genoeg is genoeg!!

Boer ·

Die begin van die einde…..dink SA se afgrond is nou nie meer vêr nie.
Voor 94 het ons gebou….en daarna het hulle af gebreek…..HKGK

thinus ·

Die probleem is, soos wat die swaar lompe staatsinstansies sink, gaan hul die hele land se ekonomie saam die dieptes intrek. Die kanse om die kankers uit te sny is verby, dit is nou deur die hele liggaam versprei -ja die einde kom vinnig nader.

Amanda Burger ·

Is dit nou dieselfde handelsbanke wat hulle wil opsaal met die verbandskuld op privaat eiendom wat hulle wil vat sonder vergoeding?

Snowball ·

Ja Amanda, hier oortref die arrogansie die logika by verre!

Vryheid ·

Ja ons word gely deur n regering van pampoene in die afgrond in.

John ·

Is die reserwebankdrukkers kaput of is die ink op. Of is die drukkery verskuif na ‘n plasie in Natal. Leen dan een by broe Mogabe se nuwe laaitie… en los ons spaargeldjies by die bank uit… anders pos ons dit landuit. Besef tog die bankbestuurder hou nie ‘n kassie vol note saans onder sy bed wat hy soggens saamry werktoe nie… of wag, hy doen dit dalk tog… Dit laat mens dink… miskien….

Linda van Mosselbaai ·

Toe die Titanic besig was om te sink – het niemand opgeklim nie …………………………..
Die geldboom in SuidAfrika se blare is almal afgepluk.

bgj van der westhuizen ·

kom julle nie agter wat hulle beplan nie leen die banke leeg en dan wat hulle die banke oor en betaal niks trug nie en al die wit mense se geld is op en weg wand hulle wil al die mense arm maak om in die selde toe stand te wees as hulle wand hier kom een groot gemors aan

Michell ·

En nou wil hulle ons medies nasionaliseer …. alles wat hulle al genasionaliseer het is in ‘n finansiele krisus ….dit is regtig om met die gat kant voorentoe te werk.

Chris ·

Is dit nodig dat die staat ondernemings het?
Dit sal ‘n wins vir die staat wees as hulle SAA verniet weggee, Privatiseer die voorsiening van elektrisiteit, asook al die ander staatsondernemings. En laat die staat net regeer met ‘n finansiële beleid wat beleggers sal lok, m.a.w. geen BEE, en minimum lone nie. Dit moet die werker se keuse wees of hy bereid sal wees om vir ‘n spesifieke loon te werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.