7 redes waarom BGV-e-leeropleiding belangrik is

In enige organisasie is die verskaffing van toepaslike inligting en opleiding met die oog daarop om reg deur die hele struktuur te voldoen aan gesondheid- en veiligheidsvereistes van wesenlike belang. Alle werknemers moet weet hoe om veilig te werk, sonder om hulself, hul gesondheid of dié van ander in gevaar te stel.

Dit geld nie net werknemers van die organisasie nie, maar het ook betrekking op kontrakteurs en werkers in eie diens wat die werkplek betree. Werknemers behoort duidelike en bondige instruksies en inligting te kry, tesame met gepaste opleiding.

Wanneer opleiding aangebied word, moet organisasies rekening hou met opleidingsbehoeftes soos vir nuutaangestelde werknemers, werknemers wat van posvlak verander het of meer verantwoordelikhede bygekry het en so meer.

Vergelyk ʼn mens e-leer-opleiding met tradisionele opleiding is dit duidelik dat e-leer een van die doeltreffendste maniere is om werknemers op te lei juis omdat dit talle voordele vir die organisasie en die werknemers inhou.

Dié voordele sluit in:

  1. Dit is koste-effektief
  2. Dit verminder die leertyd
  3. Inligting word meer effektief opgeneem
  4. Dit is toeganklik
  5. Werknemers het deurgaans toegang tot sleutelhulpbronne
  6. Dit waarborg ʼn risikovrye omgewing en nabootsing van toetsopleiding
  7. Dit laat medewerking toe
  8. Dit bied werknemers meer vloeibaarheid
  9. Dit bevorder die vermoë om te groei ondanks die bestaande struktuur en beskikbare hulpbronne
  10. Dit bied tydige terugvoer wat nodig is om resultate te evalueer, leemtes te identifiseer en vinnig te reageer om tekortkomings reg te stel
  11. Dit verseker standhoudendheid en standaardisering
  12. Dit verminder omgewingsimpak, bespaar hulpbrongebruik en so meer.

Waarom is e-leer met betrekking tot gesondheid en veiligheid belangrik?

  1. Gesondheid en veiligheid is ʼn wetlike vereiste

Voldoening aan gesondheid- en veiligheidsvereistes is nie bloot ʼn opsie nie, maar is verpligtend tesame met die voorsiening van doeltreffende gesondheid- en veiligheidsopleiding wat voldoen aan etlike Suid-Afrikaanse standaarde, regulasies en wetgewing met betrekking tot ʼn veilige en gesonde werkomgewing.

Dit is die wetlike plig van werkgewers sowel as werknemers om redelike en praktiese maatreëls te tref om te verseker daar is gesondheid en veiligheid in die werkplek en dat dit sover redelik moontlik gehandhaaf word.

In geval van die verontagsaming van dié wette en regulasies loop werkgewers en werknemers die risiko van nadelige gevolge benewens die feit dat hulle die lewe en welsyn in gevaar stel van werknemers en ander persone wat ʼn onveilige werkplek betree.

Op die lang duur kan sulke insidente daartoe lei dat werknemers se lewensbestaan bedreig word en nie net hulle nie, maar ook hul gesinne in gedrang kom. Daarmee saam bedreig dit ook die finansiële sekuriteit van organisasies en dit mag selfs lei tot kriminele vervolging en bankrotskap.

  1. Risiko’s kom voor in enige werkomgewing

Ondanks die soort sake wat die organisasie doen is daar eiesoortige risiko’s gekoppel aan enige werkplek en werkomgewing. Selfs in kantooromgewings is daar altyd gevare wat kan lei tot voorvalle, beserings en selfs die dood.

Selfvoldaanheid wil ʼn mens vermy en e-leer en die voortdurende benutting daarvan om werknemers bewus te maak van gevare en risiko’s stel organisasies in staat om sulke gevare en risiko’s meer effektief te beheer.

Dit is nie moontlik om ʼn werkplek vry van enige risiko’s te waarborg nie, maar dit is nietemin moontlik om risiko’s te monitor en te temper. Dit is nie die einddoel nie, maar ʼn volgehoue reis wat voortdurende monitering en bestuur verg.

  1. Gesondheid en veiligheid- e-leer verhoog doeltreffendheid

In ʼn voortdurend veranderende wêreld met werksaamhede teen ʼn vinnige pas mag dit lastig lyk om voortdurend gesondheid- en veiligheidspraktyke te verseker.

Om dié rede is dit noodsaaklik om gebruik te maak van e-leer – soos aangebied deur ʼn organisasie soos SafetyWallet, tesame met alles wat dit bied met betrekking tot gesondheid- en veiligheidsvoldoening – om ʼn veiligheidskultuur te skep.

In die skep van deurlopende en volgehoue toegang tot onderrigmateriaal wat van enige plek bereik kan word, skep dit ʼn weg wat gevolg kan word in onderrig en gebruik kan word as ʼn verwysingspunt om voortgaande gesondheid- en veiligheidsvoldoening te verseker.

Bron: SA Shares

  1. E-leer en gesondheid- en veiligheidsopleiding verminder koste

Een van die hoofvoordele verbonde aan e-leer is dat dit ʼn organisasie ʼn aansienlike bedrag geld bespaar aangesien daar geen noodsaak is nie vir reis, akkommodasie, ʼn lokaal wat gebruik kan word en so meer.

Boonop kan lede van SafetyWallet wat gebruik maak van die e-leer-hulpbronne wat aangebied word – en wat bestaan uit 36 gesondheid- en veiligheidskursusse, dit sonder enige koste doen.

Bevestiging dat daar voldoen is aan gesondheid- en veiligheidsvereistes en gebruikmaking van SafetyWallet se dienste en oplossings speel ʼn belangrike rol in die verdere vermindering van koste.

Voldoening aan gesondheid- en veiligheidsvereistes verhoog nie net produktiwiteit nie, maar help organisasies ook om indirekte uitgawes as werksaamhede te verminder. In werksaamhede wat stroombelyn is, word minder tyd bestee aan individuele take wat die benutting van werksure verhoog.

Wanneer werkers beseer of siek word, of dit nou geringe of dodelike beserings is, kan dit nadelige gevolge vir werksaamhede hê. Deur voldoening aan gesondheid- en veiligheidsvereistes en voldoende en effektiewe opleiding aan te bied, kan dié risiko doeltreffend verminder word.

  1. Dit help om ʼn veilige maatskappy- kultuur te skep

As organisasies effektiewe gesondheid- en veiligheidsbeleid het, help dit om goeie verhoudings met werknemers te bou, veral wanneer werknemers kan werk in ʼn veilige en gesonde omgewing.

Werknemers wat die nodige opleiding en steun van hul werkgewers kry, is minder geneig om ander werkgeleenthede te ondersoek en is meer tevrede in hul werksituasie, wat produktiwiteit verhoog en help om ʼn volgehoue gesondheid- en veiligheidskultuur daar te stel.

  1. Dit verhoog die profiel van die maatskappy

Deur gesondheid- en veiligheidsvoldoening deur opleiding te verseker, staan organisasies groter kanse vir botte op projekte en kontrakte, juis vanweë hulle sterk rekord van verbintenis tot gesondheid en veiligheid.

Voldoening aan gesondheid- en veiligheidsvereistes stel organisasies in staat om erkenning en aansien in die bedryf te verwerf.

Deur gebruik te maak van SafetyWallet se unieke aanbod word organisasies betreffende gesondheid en veiligheid in alle opsigte bygestaan en gesteun. SafetyWallet staan lede boonop by met bemarkingspogings soos:

  • SafetyWallet en die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (OHS)- soekenjinoptimisering (SEO), sleutelwoorde
  • Bewustheid van kontrakteur- en verskaffervoldoening en beloningbewustheid
  • E-pos-veldtogte
  • Analisering van ontleding en data om veldtogte te verbeter
  • Verwysings en netwerk
  • Handelsmerkbemarking en so meer
  1. Daar is meer voordele as nadele

As ʼn mens al die redes in ag neem waarom gesondheid en veiligheid- e-leer soveel meer effektief is as tradisionele onderrig, besef ʼn mens organisasies kan niks verloor deur daarvan gebruik te maak nie.

E-leer ten opsigte van gesondheid en veiligheid hou talle voordele in vir werkgewers sowel as werknemers, en dit het die vermoë om werkgewers en werknemers te verenig in die najaag van ʼn gemeenskaplike doel: die daarstel van ʼn veilige werkplek.

Die voordele wat spruit uit ʼn sterk gesondheid- en veiligheidsbeleid en -program oortref die instandhouding daarvan.

Gesondheid- en veiligheidopleiding en e-leer moet nie gesien word as ʼn hindernis wat sukses belemmer nie, maar as ʼn effektiewe en logiese stap in die rigting van gesonde sakestandaarde.

Sulke standaarde moet nooit gesien word as ʼn nagedagte nie, maar as die hoofbeginsels wat die sukses van die organisasie bevorder en beskerm deur sorg te dra van die belangrikste bate: die werknemers.

Besoek SafetyWallet se webwerf by https://www.safetywallet.co.za/ of Makrosafe se webwerf https://www.makrosafe.co.za/ vir nog inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.