Aanlyn sagteware vir die prokureursbedryf

Lexpro Systems ontwikkel reeds vir meer as 20 jaar sagteware vir die prokureursbedryf. Die produktereeks is oor jare uitgebrei met die klem op boekhoukundige toepassings.

Lexpro Systems het die afgelope 10 jaar nuwe tegnologie ontwikkel, onder andere aanlyn sagtewaretoepassings. “Aanlyn sagteware” beteken programme en data word op groot bedieners in stede gestoor. Die maatskappy se kliënte gebruik sulke programme en data deur die internet.

Aanlyn tegnologie het talle voordele bo ouer sagteware waar bedieners in kliënte se kantore geleë is en ʼn plaaslike netwerk gebruik word. ʼn Lexpro-kliënt benodig slegs ʼn skootrekenaar met ʼn goeie internetverbinding.

Lexpro bied tans die volgende aanlyn produkte:

  • Boekhouding vir prokureurs;
  • Litigasie en skuldinvordering vir prokureurs;
  • Boedelbereddering;
  • Administrasies van skulde;
  • Algemene ondernemings se boekhouding;
  • Verskeie sportprogramme;
  • Bestuur van deeltitel-geboue en huiseienaar-verenigings;
  • Bestuur van eiendomsverhuring; en
  • Bemarkingsagteware.

Voordele van die aanlyn produkte sluit in:

  • Die gebruiker of kliënt kan van enige plek af werk: van sy/haar huis, kantoor of enige ander plek solank hy/sy ʼn rekenaar het met ʼn internetverbinding.
  • Die gebruiker of kliënt kan enige tyd van die dag of nag of naweek op sy/haar program werk.
  • Die gebruiker se ondersteuning is maklik en vinnig. Lexpro bied ondersteuningskontrakte vir sy kliënte teen ʼn maandelikse fooi en hulp is dadelik per telefoon of e-pos beskikbaar. Daar is 15 Lexpro-konsultante wat landswyd ondersteuning bied (sommige reeds vir 20 jaar!) en hulp is dadelik beskikbaar omdat konsultante dadelik kan inteken op dieselfde program. Konsultante dra kennis en kundigheid oor na gebruikers.
  • ʼn Rugsteun (“backup”) word daagliks outomaties gedoen.
  • Die beste sekuriteit word gehandhaaf en data word beskerm deur verskeie veiligheidsmaatreëls (“firewall”).

Kunsmatige intelligensie (AI) word ook ingespan en sal benut word in die toekomstige ontwikkeling van die Lexpro-produkte soos versoek.

Besoek Lexpro Systems se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.