Al hoe meer mense sluit aan by Finbond Platinum

Al hoe meer mense sluit aan by Finbond Platinum, ʼn nuwe toevoeging tot die Finbond Mutual Bank-stal. Meer as 200 000 kliënte vertrou reeds dié onderneming met hul bankdienste.

Finbond Platinum bedien kliënte in Afrikaans, sowel as Engels, en enige persoon wat kwalifiseer om ʼn bankrekening te open, is welkom!

Finbond Platinum is gebaseer in Somerset-Wes in die Wes-Kaap en stel ten doel om ʼn leier te wees in Afrikaanse bankwese, met aanbiedinge wat uitmuntende en ongeëwenaarde persoonlike platinumstyldienste moontlik maak, teen spaarrekeningfooie.

Kliënte kan byvoorbeeld direkte toegang verkry tot ʼn persoonlike bankier, sonder ʼn lang of ingewikkelde skakelbord (IVR)-proses. ʼn WhatsApp-diens bied verdere gerief.

Volgens Finbond Platinum is dié maatskappy besig om die status quo te verander, waar van die groter banke meestal uit voeling begin raak het met sy kliënte. Finbond Platinum wil weer persoonlike dienslewering met hoë standaarde, in Afrikaans, hervestig.

Finbond glo in die verbetering van sy kliënte se lewens en ook dat ʼn spaarkultuur aangemoedig en beloon moet word, veral in ons hedendaagse verbruikersgees

Wat Finbond Platinum bied

Finbond Platinum bied voortreflike diens in Afrikaans, met direkte toegang tot ʼn persoonlike bankier, 24 uur per dag, 7 dae ʼn week, vir so min as R4,95 per maand.

Met ʼn eiesoortige en veilige mobiele bankdiens-app, wat dienste in Afrikaans of Engels bied, kan transaksies nou nog makliker as ooit wees vir kliënte.

Finbond Platinum kliënte ontvang 6% rente.

Kliënte kan hul bankportefeuljes na Finbond Platinum skuif, teen goeie transaksionele tariewe, en ʼn spaarrekening kan gebruik word as sekondêre rekening wat uitstekende rente verskaf.

Open sommer vandag nog ʼn rekening

Kliënte wat ʼn nuwe rekening by Finbond Platinum open; kan hul nuwe bankkaarte binne twee werksdae by hul adres van keuse verwag.

Om ʼn rekening te open, of om meer uit te vind, besoek Finbond Platinum se webwerf, skakel 086 00 00 471, of SMS eenvoudig die woord MYBANK na 30635 (netwerk afhanklik).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.